Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

ERNSTIGE VRAE AAN HULLE WAT ONDERRIG EN GOD SE DIENAARS BESTRY
B.D.4567 - 15 Februarie 1949
U sal ter verantwoording geroep word as u My dienaars lastig val weens hulle geestelike werksaamheid, want van My het hulle die opdrag, en as u hulle bestry, val u My aan. Hulle voer alleen die opdrag van hulle Heer uit, dus is hulle nie verantwoordelik vir dit waarvan u hulle beskuldig nie - dat hulle u die waarheid in die gesig vertel, wat u nie wil hoor nie en waarvan u nog veel minder sou wil hê dat dit aan u medemense oorgebring word. Ek eis rekenskap oor die doen en denke van u wat self as verkondigers van die waarheid in die wêreld wil erken word, en tog die suiwer waarheid bestry wat van My uitgegaan het.
Laat die waarheid vir u self `n ernstige saak wees en probeer in die eerste plek self in besit te kom van haar, dan eers het u die reg om vir die waarheid op te kom en draers van dwaallere te verhinder in hulle werksaamheid.
As u egter self onderrig moet word en probeer om die draers van die waarheid uit te skakel, as u hulle vervolg en bestry, gaan u wese teen My in en plaas u `n groot skuld op u, waarvoor Ek u ter verantwoording sal roep. Bemerk, as u te goeder trou handel, hoe dit daar in die wêreld uitsien: Waar vind u die Gees van Liefde? Waar vind u innige verbondenheid met God, oortuigde geloof en ware naasteliefde? Waar vind u die werksaamheid van die Gees, dit wil sê, wysheid en helder insig in geestelike sake? Hoe verklaar u vir uself die groot gebeure vol leed in die wêreld? Hoe los u die groot raaisel van die skepping op? Wat weet u van die Wese van God, van Sy ewige heilsplan? Wie anders as Ek Self kan u die kennis daaroor verskaf deur My Gees? En waar sal u `n werksaamheid van die Gees kan vasstel? Beantwoord vir uself in alle erns hierdie vrae en ontken dan nie die verbinding tussen My en hulle wie u daaroor opheldering kan gee nie. Neem met `n dankbare hart in ontvangs wat Ek u aanbied uit die hoogte om u tot insig te bring, en as u twyfel, ondersoek dan, maar verwerp nie sonder om te ondersoek nie, want waarlik sê Ek vir u, Ek beskerm My dienaars en sal nie duld dat van bo oorgebringde geestelike leringe kragteloos gemaak word nie, deurdat u probeer om te verhinder dat sy aan die medemense oorgebring word en u hulle wat My woord oorbring, bedreig en vervolg. Wat u van hulle wil afneem, sal Ek hulle teruggee en duidelik sal u My werksaamheid en My hulp herken.
Maar as u My wil dien, as u My Wil wil vervul, wek dan eers u gees tot lewe deur werke van liefde; eers dan het u die reg om te oordeel en u op te werp as regter oor hulle wat valse leerstellinge versprei of as valse profete optree. Dan eers sal u self weet hoe om die waarheid van die dwaling te onderskei en ware dienaars vir My te wees op aarde, maar dan nooit meer diegene veroordeel wat u nou as draers van die waarheid tegemoet tree om My Wil aan u bekend te maak nie.
Onstuitbaar snel die tyd haar einde tegemoet, op hierdie aarde is daar een doel vir u gestel en spoedig sal u die tydstip bereik het, waar die moontlikheid om u op aarde te ontwikkel, ten einde geloop het. Laat vir u opheldering verskaf daaroor, leef nie gedagteloos van die een dag na die ander nie, daarop rekenend, dat daar vir u nog baie tyd sal oorbly nie; wees bewus van die groot verantwoording wat u dra vir u eie siel asook vir die siele van u medemense, as u die tyd tot aan die einde goed wil benut en dink vir u in, dat elke dag die laaste is. Dan sal u ywerig probeer om u sielerypheid te vergroot, as u die goeie wil, as u My wil, en dan sal u nooit meer so kan dink en handel soos wat u nou doen terwyl u nog blind is in die gees, sodat u die lig nie wil aanneem wat die duisternis van u gees sou deurbreek nie. Neem My waarskuwing en vermaning ernstig, sodat dit u eendag nie bitter sal berou nie, wanneer dit te laat sal wees nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205