Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VERRIGTING VAN VERPLIGTE DIENSTE WORD BEOORDEEL VOLGENS DIE GRAAD VAN LIEFDE.
B.D. 4574 - 27 Februarie 1949
U sou van alle lewenskrag gebruik moet maak, om rykdomme van onverganklike aard aan u te verskaf, dit wil sê, alles wat u dink en doen sou die dienende naasteliefde as beweegrede moet hê, dan sal die heil van u siel vir die ewigheid verseker wees. Hierdie eis van My kant af mag vir u as onvervulbaar voorkom en tog verlang Ek niks van u wat u krag te bowe sal gaan nie, of wat onuitvoerbaar sou wees nie.
Maar dink eers daaroor na dat die daaglikse vervulling van u pligte ook op verskillende maniere opgeneem kan word, dat u pligmatig sal kan handel, sonder om die minste liefde vir die naaste daarby te voel, wie u dus pligmatig ten dienste staan, maar dat u ook elke handeling sal kan uitvoer, aangespoor van binne af, deur die liefde, en dat hierdie handelinge, ofskoon hulle ook daaglikse verrigtinge is wat uitgevoer moet word, anders deur My gewaardeer word en die rypheid van u siel vergroot.
Die liefde is alles, sy gee elke daad waarde, en daarom kan een mens hoe pligsgetrou wees vanuit `n korrekte gedrag, sonder liefde sal dit steeds net dade van die liggaam wees, wat Ek slegs wêrelds beloon, maar wat geen geestelike rykdom oplewer nie, want dit hang maar net af van die graad van liefde, waarin ook die verpligte verrigtinge uitgevoer word. Hoeveel meer sou nie vir u uself kan verwerf as u dus elke lewenskrag sou benut om in naasteliefde te werk, sodat wat u doen, gedra word deur die wil om te help waar u hulp nodig is.
Wat u verplig is om te doen, waar u vrye wil dus uitgeskakel is, is slegs dade vir die wêreld, ofskoon hulle ook `n geestelike karakter kan hê - waar verrigtinge dus vereis word waar gepresteer moet word, wat wel op sigself werke van naasteliefde is, maar deurdat u hulle pligmatig uitvoer sal u alleen suiwer wêreldlik deur My beoordeel word, omdat die liefde van die hart daarby ontbreek. Ek kyk na die hart en laat My nie om die bos lei deur vrome woorde of gelaatsuitdrukkinge nie. Ek weet hoeveel die hart daarby betrokke is, maar Ek seën elkeen wat slegs uit die wil om te help, ook die menslike verpligtinge nakom, wat elke verpligte arbeid met innerlike vreugde uitvoer, om die naaste daardeur van diens te wees, en wat daardeur ook die verpligte verrigtinge tot `n vrywillige werksaamheid maak en Sy lewenskrag op `n wyse gebruik wat hom die grootste loon in die ewigheid oplewer. Want hy versamel waarlik geestelike goedere op aarde en sal nie arm in die geestelike ryk binnegaan nie, maar sal inteendeel ook daar, vol van krag, werksaam kan wees, waartoe sy liefde hom aanspoor, terwyl die vlytigste mens op aarde kragteloos en arm by die poort des doods sal staan, omdat hy slegs besig was vir die wêreld, omdat die dienende naasteliefde hom nooit tot sy werksaamhede op aarde aangespoor het nie, veel eerder dat net wêreldlike eise vervul moes word, weliswaar vanuit `n ywerige pligsvervulling, maar gehoorsaam aan die dwang, en nie uit vrye wil nie.
En daarom kan dieselfde werk en dieselfde arbeidsprestasie `n baie verskillende resultaat oplewer. Dit kan suiwer wêreldlik beloon word, maar kan ook onverganklike loon oplewer en aan die laaste moet u uself geleë laat wees, sodat u aardse lewe nie nutteloos sal wees nie, want nooit meer sal u dit in die hiernamaals kan inhaal wat u op aarde versuim het nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205