Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE WÊRELD WIL WONDERWERKE SIEN EN SIEN DIE GROOTSTE WONDERWERK NIE
B.D.4665 - 11 Junie 1949
Dit kom vir u vreemd voor dat Ek My nie openbaar in alle glorie nie, dit wil sê, dat Ek My nie deur ongewone, op die oog vallende verskyninge kenbaar maak nie, inteendeel eenvoudig en sonder prag en praal My alleen deur My woord, daar uiter waar Ek aanwesig kan wees. Die wêreld wil wonderwerke sien, maar myne sien die wonderwerke oral en herken My daarom ook in die eenvoudigste gewaad, omdat hulle My Gees bemerk Wie Homself, nie as verblindende lig bekend maak nie, nietemin `n sagte maar helder lig versprei, wat van binne uit straal, uit die hart, waar Ek Self kan vertoef.
Die wêreld wil wonderwerke sien en sien nie die grootste wonderwerk nie. Want is dit dan geen wonderwerk dat u die stem van God mag verneem nie, dat Ek Self met u spreek net soos `n vader met sy kinders praat? Is dit geen wonderwerk dat Ek Self vir u opheldering verskaf oor vrae wat `n denkende mens besig hou en wat hy nie vermag om vir homself te beantwoord nie? Is dit geen wonderwerk dat u dieselfde Leermeester in u dra, Wie u in die suiwerste waarheid onderrig en u wetend laat word nie?
U, wie u God in die verte soek, sal die wonderwerk nooit aanvaar nie en daarom ook nie kan glo nie, want u laat My immers nie in u werke nie, dus kan Ek My ook nie aan u bekend maak nie. Maar Myne, wat deur hulle gedagtes met My verbonde is, wat My steeds naas hulleself voel, is onder die indruk van die wonderwerk, die wonderwerk verberg slegs haar vir hulle, dit wil sê, hulle kan haar nie in so 'n totale diepte verstaan wat sy self aan hulle voltrek nie, omdat hulle onbevange moet bly in die verkeer met My, sodat hulle My as Vriend en Broeder kan toespreek en hulleself aan My kan toevertrou, sonder om `n te groot vrees vir My te voel. En Ek is hulle daarom meer naby as diegene wat My met hulle verstand wil deurvors en tog nie kan vind nie. Maar aan enigeen sal Ek ook verskyn en hulle sal dan kan getuig van My en My as waaragtig bestaande beskrywe en deur hulle geloof ook die mense gelowig maak wat nog swak is, maar nie sonder geloof nie. My woord sal vir homself spreek en My bewys aan die wêreld.
Die inhoud van dit wat uit die hoogte na die aarde gestuur word, is `n wonderwerk wat meer sê as elke onmiskenbare buitengewone gebeurtenis wat die mense as "God bewysend" sou wil meemaak. My dienaars op aarde, wat beskeie bly en My woord nie in ekstase in ontvangs neem nie, wat dit net so eenvoudig weergee soos wat hulle dit van My ontvang het, word weliswaar nie innerlik opwindend getref nie, maar hulle siel ervaar die barmhartigheidsvolle ongewone belewenis en bevind haarself in die lig, selfs wanneer die mens dit as sodanig nie as iets buitengewoon ervaar nie.
Ek weet ook waarom My dienaars hierdie skynbare ongevoeligheid moet hê en so is ook hierdie werksaamheid van My tog nie nadelig vir die siel nie, maar eerder voordelig.
En laat die waarde van die bekendmakinge deur sulke gedagtes daarom nie vir u minder word nie, maar weet dat Ek Self by u aanwesig is, wanneer u My stem verneem en dat hierdie teenwoordigheid van My, waarlik die grootste wonderwerk is wat maar weinig mense glo of bewustelik meemaak.
Want die wêreld wil kyk en verbaas staan, maar nie stil luister en dankie sê vir elke nog so in die verborge gegewe openbaring nie, wat die oorbring van My woord van bo vir die mense beteken.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205