Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE SEËN VAN DIE LYDING
B.D. 3472 - 24-26 en 28 April 1945
En wie hulle skik volgens My Wil, sal in My die mees liefdevolle en sorgsame Vader vind, want Ek laat hom nie meer in die benarde toestand van sy siel nie. En is die siel nie meer in nood nie, dan sal ook die liggaam nie meer so hoef te ly nie, ofskoon sy substansies hom nog kan vergeestelik deur die leed en dit `n vinniger positiewe ontwikkeling beteken vir die geestelike wat nog gebind is in die uiterlike vorm van die mens.
U mense weet nie hoe graag Ek vir u die weg sou wil verkort wat tot My lei nie en wat u uiteindelike vrywording as doel het. U moes `n onvoorstelbare lang tyd oor die aarde gaan vóór u beliggaming as mens en hierdie laaste periode van ontwikkeling is net kort en kan u tog totale vrywording oplewer as u wil korrek gerig is. En Ek wil u help dat u op aarde u doel sal bereik, dat u u blik op My sal rig en saam met My die weg gaan tot aan die einde van u lewe, want dan sal u nie verkeerd gaan nie. Maar u wend u blik dikwels tersyde en laat u verlei deur die bekorings van die wêreld. U wil streef na aardse goedere waarna u verlang en u is in gevaar om in die gebied van My teenstander te raak.
En daarom moet Ek u dikwels laat aanpor dat u wakker word en weer op die weg let, dat u My nie vergeet nie en tot My roep in nood, dat u wil weer vir My geld. Dog solank u nie van die weg afdwaal nie, solank u u blik na My ophef en trag om My Wil te vervul, is Ek voelbaar by u en waak Ek oor elke skrede. Ek voer u aan die hand en lei u oor alle hindernisse op die weg heen, wat u egter sal moet oorwin, omdat u positiewe ontwikkeling dit vereis.
Maar niks mag u dan die skrik aanja nie, niks die moed laat verloor of moedeloos laat word nie, want solank u My as Begeleier het deur u wil wat op My gerig is, sal u nooit sonder krag wees nie. Steeds weer versterk Ek u en al lê u die weg ook vol moeite af, behaal u so daar tog vir liggaam en siel die grootste voordeel uit want sy vergeestelik haarself meer en meer en u einde sal salig wees. En eens sal u, terugkykend, die seën van die leed insien wat u moes verdra. Want Ek verlang waarlik vir u slegs die beste, maar Ek kan u die geluksaligheid van die Ewige Lewe nie gee, solank u gees nie ryp is nie, solank u nog nie volledig gelouter en ontdaan van afvalstowwe My tegemoet kan tree nie, want slegs My nabyheid is geluksaligheid vir u en dit stel reinheid en suiwerheid voorop en daarmee wil Ek u help, solank u nog op aarde vertoef, want My Liefde vir u is oorvloedig, Sy wil u leed verkort, sodat dit u nie beskore is in die hiernamaals nie, waar u dubbel sal ly, omdat u dan sonder krag is.
Ek het geen genoeë daarin wanneer u sal moet ly op aarde en My Liefde sou u ook die leed graag bespaar, maar dit sou dan alleen tot u nadeel wees, want u sal nooit as te nimmer die ewige geluksaligheid kan bereik nie, u sal nimmermeer in krag en vryheid werksaam kan wees nie en u lot sou ewig dit van `n gevangene wees - kragteloos en gebind in die sonde en ewig ver van My. Maar My Liefde tot u is groter as My Medelye, en omdat My Wysheid die leed insien as die enigste middel om u terug te wen, om u vry te maak uit u gebondenheid, sal u op aarde deur `n harde leerskool moet gaan en `n kort tydjie `n lot op u moet neem wat vir u wel swaar en ondraaglik voorkom, en wat tog alleen maar `n bewys van My Liefde vir u is.
Maar u het dit self in die hand om die leed vir u te versag. U self kan dit draaglik maak vir u, wanneer u u beste doen om My Wil te vervul, wanneer u in die liefde leef. Want die liefde is krag, die Liefde is Ek Self en as u uself in die liefde oefen, is u ook deurstroom met krag en u hoef dan nie meer te vrees dat die leed u terneer sal druk nie, want nou oorwin u dit saam met My en Ek laat u waarlik nie sonder hulp as u deur werke van liefde tot My kinders geword het nie. Bly in die liefde, so bly u ook met My verbind, neem deel aan die nood van die medemens en stel u eie nood tersyde, dan sal u self vir u die leed verminder, u sal dit nie bemerk nie en die aardse leed sal steeds beter te dra wees, want dan louter u uself deur die liefde en dit het die leed nie so seer nodig om u siel ryp te laat word nie.
Sodra u leer om die leed te sien as `n bewys van My Liefde, sodra u dit as `n middel beskou, waardeur Ek u wil trag om te verander om u gelukkig te maak, sal dit u ook nie meer so smartlik tref nie, u sal dit geduldig verdra en u nie meer verset teen die ongeluk waarvan u meen wat net hard is, wat u egter op aarde al kan vorm tot ligwese as u daardeur die weg na My vind. En benut so die tyd tot aan die einde. Doen alles om u in die liefde te oefen en vorm u hart dat Ek intrek daarin kan neem en u daardeur vol krag is om alle teenstand te oorwin. Want waar My Liefde werksaam kan wees, is daar geen swakte, geen moedeloosheid en is daar geen sorge nie. Waar Ek werksaam kan wees, is daar vrede in die siel, hoop en sterkte en `n voortdurende gevoel van sekerheid, want Ek lei Myne aan die Hand, Ek beskerm hulle teen die mag van die bose.
En u word bewus van My beskerming; u gee u vol geloof aan My oor en laat My regeer. En vaderlik buig Ek My oor na My kinders en sorg vir hulle tot aan die einde van hul lewe - tot hulle die geestelike ryk binnegaan, waar hulle in My teenwoordigheid geluksalig sal wees tot in alle ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205