Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIEN OF STRY. DIE VERSKILLENDE DOELSTELLINGS VAN DIE LYDING
B.D. 3230 - 23/24 Augustus 1944
In die stadium van wilsvryheid hoef die skepsel die teenstander van God nie te vrees as hy maar in die liefde sou wil gaan nie. Dan het hy hom oorwin, omdat die teenstander van God heeltemal magteloos is teen die liefde. Dus sou die mens hom ook kan vrymaak van versoekings en verleidings, want dit het geen invloed op hom nie, sodra hy werksaam is in die liefde. Maar die laaste is afhanklik van die vrye wil van die mens en daarom is die mens self die beweegrede van sy bestaan op aarde, of dit voortdurende stryd is of dienende liefde. God sien in die hart van elkeen en Hy laat dit oor die mens kom wat hy nodig het, soos Hy egter ook hom gebrek laat ly wie Sy hulp, Sy troos en Sy bemoedigende woorde nie nodig het nie, omdat hy innerlik teen Hom is, dus geen liefde beoefen, wat blyke gee van sy na God gekeerde wil nie.
Liefde en God is één en gevolglik is `n liefdevolle mens ook met God verbind en moet God se teenstander se baas wees. Is die mens gewillig werksaam in dienende naasteliefde, dan sal hy nie so in die noute gebring word deur die versoekings van die wêreld nie, hy het dit al in `n sekere sin oorwin, wat egter nie uitsluit dat hy leed moet dra nie, omdat leed nie alleen die mense tot God moet bring wie se wil nog van God afgekeer is nie, maar omdat dit ook die mense wat daarna streef om by God te wees, moet louter. Maar die leed word in hierdie twee stadia verskillend ervaar.
Die eerste verset hom nog daarteen, omdat hy hom nog nie wil buig onder `n Mag, Wat hom beperk in die genietinge van die lewe nie. Hy soek nog die wêreld en voel elke leed as `n benadeling, as `n gebrek, om van die lewe te geniet, en dus as `n dwang wat hy nie wil erken nie. En daar kan baie leed voor nodig wees voordat hy hom oorgegee het, en so `n stryd is die werk van die vyand, wat nog steeds trag om die mense te wen met die wêreld en haar vreugde, wat alles voor oë het om sy begeertes daarna te versterk en hom dus van God af te bring.
Is die mens egter werksaam in die liefde, dan dien die leed hom alleen nog tot voltooiing, tot die rypwording van sy siel, dan het die teenstander van God weinig mag oor hom, dan wend hy hom af van die wêreld en deur die leed sluit hy hom steeds nader by God aan.
Die onderskeid moet ingesien word wanneer die verskil van die lyding oorweeg word, wanneer goeie en slegte mense daardeur getref word, mense wat nog heeltemal van God afgewend is en diegene wat die leed skynbaar nie meer nodig het om Hom te vind nie. Steeds het die leed `n ander doel, maar die eintlike doel is die volledige vereniging met God. Die grootste gevaar vir die mens is die aanhang van die wêreld en sy (eie) liefdeloosheid, want dan is hy nog heeltemal in die mag van diegene wat hom ten gronde wil rig. En dan het hy streng opvoedingsmiddele nodig om te verander. Eers wanneer die aanhang na die wêreld afneem, kan die liefde in hom ontbrand en dan eers kan die leed ander vorme aanneem, maar hom nie heeltemal gespaar bly, solank die siel nie volledig van haar afvalstowwe ontdaan is nie.
Daarom is die beoefening van die naasteliefde deurslaggewend vir die graad van sy ontwikkeling, dit is deurslaggewend vir die diepte van die leed, want waar die liefde beoefen is, dus waar God Self is, daar sal ook die leed makliker te dra wees, omdat die mens die uitstraling van God se krag kan ontvang en niks hom derhalwe terneerdruk nie: Hy hoef nie meer te stry nie, veeleer alleen maar te duld en te wag op die hulp van God, Wat alle leed van hom afneem, wanneer die tyd daarvoor daar is.
Dienend of strydend moet die mens wees en wel beantwoordend aan sy wil en moet hy in staat wees om lief te hê. Die dien sal hom lig geval, die stryd sal egter groot krag vereis as hy dit nie moet aflê teen die mag wat alles aanwend om sy siel in die duisternis te trek en wat solank `n invloed het op die mens, solank hy sonder liefde voortgaan, omdat hy dan ook nog ver van God verwyder is. Slegs die liefde maak hom vry van hierdie mag, slegs die liefde maak hom sterk, want die liefdevolle mens is verbind met God en onttrek van Hom sy krag om die teenstander van God te oorwin.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205