Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GOD KAN OOK LIGGAAMLIKE GENESING SKENK
B.D. 7980 - 31 Augustus 1961
U word waarlik iets kosbaar aangebied as Ek Self tot u spreek. En altyd sal u krag daaruit kan put as u uself bewustelik oopmaak vir die uitstraling van My krag, as u wil dat My krag u toestraal, as u verlang om deur My met krag vervul te word, as u wil dat u honger en dors gestil word deur die voeding wat u van My ontvang.
Ofskoon u My gewillig aanhoor, ofskoon u behoort tot hulle wat hulle deur My te ete en te drinke wil laat gee, kan u tog die volle waarde van My barmhartigheidsgawes nog nie besef nie. Sou u egter My oorvloedige Liefde tot u, wat u voortdurend wil bedink en gelukkig sou wil maak, kan begryp, dan sou u ook weet dat Ek u slegs gawes aanbied wat `n uitwerking het wat vir u buitengewoon bevorderlik is. U sou dan weet dat Ek u slegs dit aanbied wat tot u voleinding, vir die ontwikkeling van u siel bevorderlik is, en u sou dan daarna streef dat u geen beperking van My liefdegawe ondervind nie.
U sou u dan altyd bewustelik oopstel om My barmhartigheidsgawes te ontvang en u sou dan van `n oorvloed van krag gewaarword wat u steeds toestroom, as u slegs bereid is om dit in u op te neem. En as u maar `n diep geloof sou besit, dan sou u deur die krag van My woord onmiddellik ook liggaamlik kan gesond word. Dog so `n vaste geloof besit u nog nie. Daarom moet u steeds daarna streef om deur liefdeswerke u liefdesgraad te verhoog, waardeur u ook u geloof versterk.
As u heeltemal met liefde vervul is, is in u hart alleen nog maar plek vir My liefdeskrag. Dan word al die ander verdring en is u vir My so naby dat u van My teenwoordigheid bewus word, wat u die toevoer van My krag bewus van laat word en dan sal u gesond word na liggaam en siel.
Daarom, open uself steeds en steeds weer vir die liefdeskrag uit My. Rig u gedagtes steeds op My en bring daardeur die verbinding met My tot stand wat `n oorstroming van My krag in u moontlik maak. En weet dat u die bewys van My teenwoordigheid ontvang as Ek u kan aanspreek. Hierdie verbinding gaan nooit meer tot niet nie, maar word steeds inniger en waarlik, u sal dan bemerk dat u geen gebrek aan krag meer te vrees het nie; glo My alleen, Ek sal u geloof nie tot skande laat word nie. Open u hart vir My en neem My daarin op, u sal dan van My teenwoordigheid en die uit My toestromende krag bewus word. U sal My aanspreking tot u verneem en insien dat dit `n besondere barmhartigheidsgawe is. Die krag van My Woord sal dan in u duidelik te merk wees, u siel sal ryp word en die hoër graad van ontwikkeling sal ook in die opsig sy uitwerking hê dat u geloof steeds sterker word. En `n sterk geloof kan alles bereik. Dit kan ook die liggaam help genees, omdat vir hom niks onmoontlik is wie in

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205