Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE OPVOEDINGSWERK VAN GOD. GEESTELIKE TRAAGHEID. DOEL VAN DIE LYDING
B.D. 818 - 20 Maart 1939
U wat nog op aarde leef, gaan `n tyd tegemoet wat vir u onuitspreeklik smartlik sal wees en u sal uself staande moet hou teenoor al die swaar wat vir u beskore gaan wees. Wat die Skepper van hemel en aarde toelaat, is maar net `n middel waardeur Hy slegs Sy skepsele die leed van hul siel wil bespaar, wat `n heelwat smartliker uitwerking het in die hiernamaals en wat die mens kan afwend, wanneer hy die aardse leed berustend op hom neem en hieruit gelouter en ryper aan sy siel te voorskyn kom.
Die mens in sy kortsigtigheid, wat die gevolg is van sy ongeloof, kan nie die opvoedingswerk van die Hemelse Vader begryp nie. Hy mor en kla en is dikwels geneig om `n ewige Godheid te verloën, omdat die werksaamheid van Hom onbegryplik vir hom voorkom. En hy misken die Liefde en die Barmhartigheid van Sy Skepper, Wie (vir hom) hierdie weg moes kies, omdat daar aan Sy liefdevolle aansporings en woorde van bo geen gehoor geskenk was nie, en die tyd moet steeds ernstiger opgeneem word, die mens is steeds traer in sy geestelike arbeid en steeds net daarop bedag om aardse pligte na te kom, dit maak nie saak wat die uitwerking van hierdie pligsvervulling op die siel is nie.
Nou moet ook die geestelike wêreld uiters aktief optree en moet die mense op aarde van hulle kant bewyse gee van hulle werksaamheid in en rondom hulle: Want die mens maak geen kontak meer met sy Skepper nie. `n Geweldige wankeling aan die grondbeginsels van sy lewe moet die mens eers weer dwing om na te dink oor sy "ek", vanwaar hy kom, en aan sy einde.
In `n heeltemal rustige tyd is die gevaar maar net nog groter om voort te lewe in geestelike traagheid, waarin die mens laste opgelê word van welke aard ookal, daar vra hy hom ten slotte tog af welke sin daar aan die hele lewe ten grondslag lê en welke weg hy sou kan gaan om van die aardse sorge en die leed verlos te word; en dan gryp hy wel skugter die Vaderhand wat hom liefdevol aangebied word, Wie hom in die eerste plek aan die geestelike nood van die siel sou wil ontruk. Die doel is die enigste motivering vir al wat kom in die tyd van lyding.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205