Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE KINDSKAP VAN GOD. BUITENSPORIGE BAIE LEED OP AARDE
B.D.3352 - 30 November/1 Desember 1944
Om die kindskap van God op aarde te verkry, moet die mens hom omvorm tot liefde en homself daardeur in staat stel om die vereniging met God al op aarde tot stand te bring, sodat hy geheel ryper in die ligsfere van die hiernamaals kan binnegaan wanneer hy van die aarde weggaan. Hy moet dus deur werk van liefde sy siel so gelouter het, dat God Self kan woon in sy siel en sy gees haar met die Vader gees verbind. En dan het die mens sy opgawe op aarde heeltemal tot `n goeie einde gebring en sy doel bereik om as ligwese binne te mag gaan in die geestelike ryk, waar dit nou skep en werk.
Maar hierdie graad van rypheid vereis `n volledige afstand doen van aardse goedere. Sodra die mens nog aan die materie hang, is hierdie versmelting met die ewige Godheid onmoontlik, want die hart is nog nie geheel vry van afvalstowwe wat bestaan uit begeertes en gevolglik ook nog nie voorbereid is om die goddelike Gees op te neem nie, en dan moet die mens veel leed op hom neem om die laaste loutering van die siel te bewerkstellig en daarom sal ook die uitermate goeie en vrome mense veel leed opgelê word, sodat die loutering van die siel kan plaasvind.
Waar `n buitengewone swaar leed die mense terneerdruk en omdat hulle tog `n dieper geloof openbaar, daar kan die siel vóór haar beliggaming `n besonder moeilike lewe op aarde vir haarself uitgekies het, om die laaste doel: Die kindskap van God, op aarde te bereik. Want dié doel moet op aarde nagestreef en bereik word, en altyd sal dit die swaarste lewensvoorwaardes vereis, omdat die siel geheel rein en sonder afvalstowwe die ryk hierna moet binnegaan en dit `n besonder doeltreffende louteringsproses verlang. Want steeds is die leed `n hulpmiddel om die geestelike doel te bereik. Dit moet na God lei as die siel nog van God afgekeer is, of dit moet die siel louter en kristalliseer, dat sy as `n geheel rein wese in die nabyheid van God kan kom om nou die mees geluksalige vereniging met Hom te kan binnegaan.
Leed en liefde moet saamwerk om `n mens op aarde te vergeestelik en daarom moet die mens wat in liefde leef, die leed nie vrees nie, dit inteendeel met oorgawe op hom neem, sy gedagtes gerig op die hoë doel wat hy op aarde kan bereik, want hy het vir homself sy weg oor die aarde gekies vanuit die insig dat dit hom help om ryp te word tot die hoogste graad, wanneer sy wil hom nie daarteen verset nie.
Dog die verrukking van die kindskap van God weeg duisendvoudig op teen al die leed in die lewe op aarde. En die tyd op aarde is kort, dit is soos `n oomblik in die tydsbestek van die ewigheid. En sodra die mens `n diep geloof het, kan hy ook steeds die krag van God in ontvangs neem om alles te verdra wat aan hom opgelê is, want sy gebed sal dan innig op God gerig wees en God Self sal hom versterk en hom tot oorwinnaar van sy lewe op aarde maak.
God Self bring Sy kind na Hom toe, wanneer hy die beproewing van die lewe op aarde deurstaan het en nou as `n geheel rein wese van die aarde skei. Maar steeds sal sy weg oor die aarde gekenmerk wees deur liefde en leed, omdat sonder hierdie twee, die siel nie volledig rein sal word om God in die hart van die mens op te neem nie en die innige band met God al op aarde moet plaasvind, andersins sal die siel nie standhou teen die versoekings van die wêreld nie, anders sal ook die leed haar nie die volledige loutering kan oplewer nie, omdat die krag by haar ontbreek om die leed, sonder om te kla, te dra en die gemor of die in verset kom, laat nog die volledige onderwerping aan die Wil van God ontbreek.
Maar die siel moet één word met God. Sy moet die innigste band met Hom hê, sy moet self die leed wil dra en ook dit as `n geskenk van God dankbaar in ontvangs neem vanuit die insig dat dit die laaste versperring tussen God en haarself verwyder en dat alleen `n oorwinning van die leed haar die hoogste geluksaligheid sal oplewer: Om `n kind van God te word met alle regte en pligte.
En dit is die doel van alle mense op aarde, maar slegs weiniges bereik dit. Slegs weiniges is deur die liefde so innig met God verbind dat hulle ook in die leed Sy oorgrote Vaderliefde herken, wat hul die mees geluksalige lot sou wil berei in die ewigheid. Hul lot op aarde is nie benydenswaardig nie, maar in die ryk hierna staan hulle op die hoogste trap - hulle is in die onmiddellike nabyheid van God en daarom ook onuitspreeklik gelukkig, want hulle kan, as Sy ware kinders, na behore handel volgens hul wil, wat ook steeds die Wil van God is. Hulle kan skep en vorm gee en steeds weer bydra aan die verlossing van diegene wat nog, ver verwyder van God, die mees verskillende skeppings nodig het om hulle opwaarts te ontwikkel. En dit is die mees saligste lot wat in oorvloed skadeloos stel en opweeg teen die lyding van die aardse lewe en daarom die doel van alle mense op aarde moet wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205