Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE SEËN VAN SIEKTE – BARMHARTIGHEID OM PLOTSELING WEGGEROEP TE WORD
B.D. 6989 - 9 Desember 1957
Dit is `n wesenlike faktor in die aardse lewe, dat u van die taak bewus moet wees wat u as mens te volbring het. Steeds word dit vir u gesê, dat die lewe op sigself geensins belangrik is nie, dat dit dus nie daarom gaan dat die liggaam al sy funksies uitoefen nie, en dit hom daar bevind nie, inteendeel, dat dit alleen maar oor die siel gaan wat in die liggaam woon, en dat alle liggaamlike vermoëns gebruik moet word tot welsyn van die siel, dat sy die weg uit haar erbarmlike toestand sal vind en die doel bereik wat vir die geestelike gestel is. Die siel kan selfs heelwat vinniger ryp word in `n siek liggaam, vooropgestel dat die mens sy opgawe op aarde ernstig opneem.
En beskou die mens nou sy liggaam steeds alleen as die opnamehouer wat vir die siel nodig is vir haar verdere ontwikkeling en trag hy nou alleen om die houer te onderhou, dit te versorg en dit in staat te stel om weerstand te bied, dan leef hy ook sy lewe bewustelik en dan hoef hy ook nie te vrees dat sy liggaam te kort sal skiet, voordat die siel haar moontlike rypheid bereik het nie.
Daarenteen is dit anders by mense wat geen enkele verantwoordelikheidsbesef het teenoor hulle siel nie. Hulle kan liggaamlik buitengewoon goed gesteld wees en onverwags hul lewe verloor, omdat hulle nie aan hulle siel gedink het nie en daarom geen enkele verdere ontwikkeling vertoon het nie, sodat die bestaan op hierdie aarde heeltemal sonder sin en doel was en die siel daarom van haar uiterlike omhulsel afgeneem het, sodat sy in die ryk hierna nog die moontlikheid kan hê om opwaarts te gaan.
Die gesondheid van die liggaam is so `n groot barmhartigheidsgeskenk dat ook daarvan gebruik sou gemaak moet word, maar nie in aards materiële sin nie, maar tot heil van die siel. `n Siek liggaam is egter eweneens `n barmhartigheid vir die mens wat hom nie afsluit vir die toestroming van God se barmhartigheid nie, want dit is allerweë `n deur God geplaasde verskansing teenoor die wêreld. Die oorwinning van die wêreld word vir die mens maklik gemaak en die siel word `n groot hulp gebied. Maar die mens moet hom bewustelik buig onder die Wil van God en ook die swakheid van sy liggaam as `n barmhartigheidsgeskenk beskou, omdat uiteindelik, nie die liggaamlike lewe nie, maar die lewe van die siel, die doel is van die gang oor die aarde as mens.
En daarom sal ook die siel van `n mens alleen ryp word wat op hoogte is van sy eintlike taak en dit ook wil vervul. Want hy word op elke manier van die kant van God gehelp by die vooruitgaan van sy siel en dikwels hoort daar ook noodtoestande of liggaamlike lyding by, wat dan egter as louteringsmiddel gesien moet word, maar nie as straf of hindernis om die doel te bereik nie. En die uur wanneer sy van die aarde skei, is vir elke mens voorbestem, omdat God sedert ewigheid die wil van ieder afsonderlik ken en Hy ook weet wat `n siel nog op aarde kan bereik en op welke manier sy maklik in gevaar gebring word - sodat `n skielike wegroeping uit die lewe ook nog as barmhartigheid gesien moet word.
Wie die aardse lewe alleen as `n doel op sigself beskou, sal dit ook nie kan begryp dat `n God en Skepper dit toelaat wanneer menselewens vernietig word, waarvan die natuurlike uur van die dood nog nie te verwagte sou wees nie. Maar Hy is op hoogte van die gewilligheid van elke mens om vir die siel lewe te verwerf. En Hy weet ook wat elke siel afsonderlik tot voordeel strek. Die mens moet alleen die wete oor en die geloof in sy taak op aarde hê, dan is die grootste nood vir sy siel opgehef, want dan sal die mens hom ook beywer om haar te help lewe. Maar die wêreld is die grootste vyand van die siel.
En dit is `n besondere barmhartigheid van God, wanneer Hy trag om die siel teen die wêreld te beskerm, wanneer Hy vir die mens hindernisse skep om haar aan te hang. Dan kan daar dus ook van `n “seën van die siekte” gespreek word wat so `n hindernis is vir menige mens wat volgens die wil van God sou wil lewe en dikwels te swak is om die verleidings te weerstaan wat hom van die kant van die wêreld te wagte is. Want God is die Liefde en die Liefde help steeds die swakke dat hy nie in gevaar kom nie. Maar die mense misken die Liefde van God, maar wie na Hom toe wil kom, kan hulle ook in Sy Liefde geborge voel, hy kan op Hom vertrou dat alles goed is wat God oor `n mens laat kom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205