Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE DRA VAN DIE KRUIS IN BARMHARTIGHEID - "HEER, U WIL GESKIED"
B.D. 648 - 31 Oktober 1938
Keer in u binneste en sien u swakhede in en vra die Heer vir Sy bystand, dan sal u krag ook sterker word en dit u sal slaag om in sagmoedigheid en geduld die beproewinge van die lewe te verdra. Die Wil van die Heer stuur u hierdie tog maar net tot u eie begunstiging. Selde sal `n mens hom sonder om te mor voeg in die lyding wat bo hom hang en tog is juis dit `n gewillige onderwerping aan God se wil wanneer die mens bly en dankbaar al die leed uit die Hand van die Vader in ontvangs neem en so alleen steeds alles as die korrekte vir sy sieleheil erken.
Wanneer die smart groter word, lê die Heiland u `n klein kruis op wat u uit liefde tot Hom moet dra. Sulke dae sal die siel oneindig gelukkig maak, want wat die liggaam geduldig verdra, is afgeneem van die siel en haar toestand word steeds vryer. Die liggaamlike leed is die grootste hulp vir die siel, en dra die mens so-iets met vreugde, dan is die siel hom dankbaar en neem van haar kant weer elke geleentheid waar, waarin sy die liggaam kan bystaan deur innerlike aanwysings tot welsyn van die mens by aardse aktiwiteite. Al die leed sal maar net `n veredelende uitwerking hê, wanneer dit die mens nie verbitter teen Hom Wie die leed oor hom stuur nie en daarom is dit steeds net heilsaam vir die siel van die mens.
En is die verleiding groot om in opstand te kom teen die Wil van God, dink dan aan die lyding van die Heer aan die kruis. Hoe onuitspreeklik smartlik was Sy dood en hoe berustend het die Heiland al die leed op Sy skouers geneem, uit Liefde vir die sondige mensdom En as u dit voor oë hou, dan sal u ook u ligte kruis wil dra, want die Heer lê dit nie swaarder vir u op as wat u in staat is om te dra nie. En die ware liefde tot die Heiland versoet al die leed vir u.
Eens sal daar vir u `n lig opgaan hoe dit met die leed gesteld is en u siel sal jubel wanneer u op aarde gewillig was en u groot verdienste verwerf het deur die dra van die leed wat `n bomatige weldadige uitwerking het in die geestelike wêreld. Die lewensduur laai vir u wel soveel op die hals, dat dit u vir eers onoorwinlik skyn te wees en u kla teenoor God en wil in opstand kom teen Sy mees heilige Wil, maar die Liefde van God sal u spoedig iets anders leer.
Hy sal u laat insien dat dit alleen vir u beswil is, wanneer Hy u beklee met leed, en die bestaan op aarde sal u `n ryk loon oplewer as u dit ingesien het. Bid daarom steeds uit die diepste van u hart: "Heer U Wil geskied" en u leed sal verander in vreugde en met dank sal u die loon in ontvangs neem, wat u eens in die ewigheid skadeloos sal stel vir al die leed op aarde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205