|
Boek 25 - Siekte en Leed BERTHA DUDDE
Hoofstuk 20
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21. |
|
|
KAN DIE UITEENGEVALLE PARTIKELTJIES LY? B.D. 8511 - 28 Mei 1963 Elke wese raak sy ek-bewussyn weer kwyt wanneer hy as mens volledig tekort geskiet het, en die lot van die hernieude kluistering nie meer kan ontkom nie. En dit is die verskriklikste wat `n wese kan oorkom. Want ofskoon die wese dan, deurdat dit uiteengeval het in ontelbare deeltjies, nie meer as volledige wese gevoelens kan ervaar soos wat u mense dit aangeneem het nie, so is dit tog onvoorstelbare kwellinge, omdat die wese eertyds in vryheid geskape was en ook as mens al `n deel van sy vryheid teruggewen het, terwyl dit nou gebind is en hierdie kluistering as `n ontsettende kwelling ondergaan. Want die ek-bewuste wesens was die eens van My uitgestraalde krag, hulle was in die hoogste graad lewensvatbaar, dus nie slegs dooie vorms nie. Maar hulle het (dooie vorms) geword toe hulle van My afvallig geraak het. Want toe die geestelike substansies verhard het, was die eintlike lewe daaruit verlore, anders gesê, My krag vervul hierdie vorm nie meer met straling wat aan alles eerstens die lewe gegee het nie. En die uiteengevalle partikeltjies sal ook weer solank sonder lewe wees, solank hulle nie deur My liefdeskrag bestraal kan word nie. Maar dat hierdie "dooie" deeltjies desondanks nog gevoelig kan wees, is vir u, mense onbegryplik. Anders sou hulle egter nooit reageer as die mag van My Liefde hulle soek om te vang en te omsluit nie, sodat die gevalle geestelike tot materie omgevorm kan word. Want ook sy weerstand is `n reaksie, wat bewys dat die geestelike bepaalde kwellinge ondergaan en hom daarteen verset. En in hierdie toestand van kwelling bevind die hele skepping hulleself, want hulle is onderwerp aan `n wet waarvan Ek Self die Maker is. Hulle is onvry en moet hulle plaas onder My wet van ewigheid, wat vir die eertyds in vryheid geskape geestelike (wesens) besonder kwellend is. Maar sou hulle hierdie kwelling nie kan gewaarword nie, dan sou daar ewig geen ommekeer meer vanuit die dooie toestand moontlik wees nie. U mense sal dit weliswaar nooit kan begryp nie, maar u moet dit glo, anders sou u nooit `n verval in die diepte hoef te vrees nie en u sou volledig onverskillig wees wat daar met u na die dood van u liggaam gebeur, op aarde het u weer die ek-bewussyn en u is tot op `n sekere hoogte vry en tog is u nie geheel gelukkig nie, solank u nog nie deur `n volledige oorgawe die verbinding met My gevind het nie. Solank u leef kan u hierdie verbinding nog bereik, verloor u egter weer u ek-bewussyn, dan is ook alle vryheid verlore. U werksaamheid word dan weer volgens My Wil bepaal en u kan heeltemal geen eie wil gebruik nie. U is dan gebind in die diepste duisternis, want u weet niks oor u bestaan nie, omdat u uiteengeval het, en moet altyd maar net die funksies uitoefen waarvoor u God en Skepper u bestem het. En as u eenmaal in `n toestand van sielsrypheid hierdie lang tyd in die "jy moet" toestand kan oorsien, dan sal u ook oor die onmeetlike kwellinge weet waardeur u siel in ontelbare, telkens ander vorms heen moes gaan. En dan sal u ook begryp waarom My Liefde u voortdurend aanspoor en waarsku om die ontsettende lot te ontgaan. Want u kan nie meer in die "niks" vergaan nie, en omdat u onverganklik is - alleen eenvoudigweg uiteengeval, sal dit wat bestaan bly, ook nooit sonder gevoelens wees nie. U mense sal steeds moet volstaan met dit wat Ek u as waarheid laat toekom, want Ek wil verkeerde veronderstellings regstel, soos ook dat die uiteengevalle geestelike deeltjies geen vermoë tot gewaarwording sou hê nie, dat sy toestand dus een is van "nie wees". Dan sou die ontwikkelingsgang geen rypwording wees tot by die staat waar dit weer as mens sy ek-bewussyn verkry het. Want alleen deur lyding of dien word al die wesenlike, sowel vóór sy beliggaming as mens, asook gedurende die menswees verlos; daar mag nie vergeet word welke verskriklike skuld die wese op hom gelaai het deur sy afvalligheid van weleer nie, en hoe dat hierdie skuld nou weer vergroot wanneer dit die laaste barmhartigheidstyd as mens onbenut laat en weer in die diepte wegsink nie. En ofskoon `n totale delging van sy skuld deur die wese self nie moontlik is nie, moet sy tog boet en ly solank sy nie van die skuld bevry is deur die Verlossingswerk van Jesus Christus nie. Om dié werk van barmhartigheid en ontferming van Jesus aan te neem in die aardse lewe, is die opdrag van die mens, want hy sou daardeur maklik opwaarts kan gaan. Maar as hy nou weer faal en geen hulp van Bo wil aanneem nie, as hy weer afgly na die diepte, dan is dit ook begryplik dat sy lydensweg opnuut begin as sy siel weer uiteenval - en weer die weg deur die skepping begin. Ook aan die leed sal geen einde kom nie, totdat die groot skuld eenmaal gedelg word deur Jesus Christus, as die wil van die mens bereid is om die weg te gaan tot die kruis en Hom om vergewing van sy skuld sal afsmeek. Hierdie groot barmhartigheid staan u mense op aarde ter beskikking. Maar as u dit nie benut nie en daarby verbygaan, sal ook u leed geen einde neem nie, want u bevind u dan op `n groot afstand van My, u God en Skepper, en dit beteken onvryheid, lig - en kragteloosheid - en sodoende sal u ook nie salig kan wees nie. Amen
|
|
|
|
|