Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

MOTIVERING VAN MISGEBOORTE
B.D. 8273 - 15 September 1962
En elkeen is geseënd wat hulle aan My oorgee en My vra om My bystand. Vir geen enkele versoek wat die heil van u siel geld, sal Ek My afsluit nie. En wat u begeer om te weet, sal u verneem: U mense sal die leerskool van die gees moet deurloop, soos Ek dit bepaal het vir die skeppingswerk aarde en elke mens sal op haar kan ryp word, want vir alle trappe van ontwikkeling bied sy geleentheid. Maar die siele, die eens gevalle oergeeste, het so verskillend ryp geword gedurende hul gang oor die aarde in die "jy moet" toestand, dat hulle ook almal verskillende lewensituasies nodig het, Hulle moet weliswaar `n bepaalde graad van rypheid bereik het om tot beliggaming as mens toegelaat te word, maar hoe nader hulle aan hierdie laaste beliggaming kom, des te losser word die kettings van die uiterlike vorm, en die geestelike substansies wat in die vorm gebind word, kon die losser wording daarvan benut, maar ook onbenut laat.
En daaraan beantwoordend is nou ook die aard van die siel, wanneer sy die weg as mens begin. Hierdie verskillende toestande van die siel het ook verskillende weë op aarde nodig wat tot resultaat kan hê om heeltemal vry te kom uit die vorm. Nog baie sterk belaste siele kan ook so `n resultaat verwerf, wanneer sy uit vrye wil `n besonder swaar aardse lewe op haarself neem. En sy kan self besluit of sy hierdie weg wil gaan, omdat dit vóór haar beliggaming aan haar getoon word.
Dit is `n verklaring vir mense wat met gebreke behep is, wie se swaar lot u dikwels na die rede van hul toestand laat vra. Maar daar is ook siele beliggaam wat `n ekstra swaar gang oor die aarde vrywillig op hulle neem, ofskoon hulle dit self nie nodig het nie, wat uit die ryk hierna na die aarde wil gaan en My daarvoor vra, om ander siele daardeur te help, wat dus geen missie het om te vervul nie, maar enkel en alleen self `n las vir die medemens is, om hul geleentheid te gee om hulle te oefen in die liefde, in geduld, barmhartigheid, sagmoedigheid, vredeliewendheid en regverdigheid, wat hul eie toestand van rypheid daardeur verhoog, maar wat al in die ryk hierna `n bepaalde staat van rypheid bereik het wat so `n nuwe beliggaming op die aarde toelaat, omdat `n sterk wil om lief te hê en te help die rede van hul versoek is. Maar dan sal u ook nie van `n toestand van boetedoening van die mense kan spreek nie, want siele wat nog nie ryp is nie, word nie toegelaat om hulle nogmaals te beliggaam met die doel om hul rypheid te verhoog nie. En nooit moet u vergeet dat geen enkele siel gedwing word om haar gang oor die aarde te gaan nie, maar vrywillig `n lot op haar neem wat haar vooraf getoon word.
Die "uitboet" van `n skuld op aarde is in soverre `n verkeerde mening, omdat slegs Jesus Christus hierdie skuld tot niet kan maak en die mens dus deur Hom alleen vergewing verkry, want Hy het "geboet" vir alle sondes van die mense. En hierdie vergewing deur Jesus Christus moet eers verkry word, voordat `n siel haar vrywillig weer op aarde kan beliggaam, vanweë `n missie of om hulp te bied. Want `n siel wat die lig bereik het, is op hoogte van die liefdelose staat van die mense op aarde, in die besonder in die eindtyd, en hulle is ook bereid om self daartoe by te dra dat die mense die liefde in hulself laat ontbrand, wat hulle barmhartigheid die voorrang verleen, dat hulle alle deugde kan ontplooi wanneer hulle in die omgewing van `n mismaakte of ongelukkige mens lewe.
Want steeds weer lê Ek daar nadruk op dat daar wel terugplasing na die aarde bestaan, maar dat hierdie almal hul besondere motivering het, maar nooit sal `n nog onryp siel deur My Wil na die aarde terugkeer om in te haal wat hulle op aarde versuim het nie. Alleen vrywillige soenoffers kan My daartoe beweeg om My toestemming te gee aan hulle aan wie egter altyd die eie verlossing deur Jesus Christus moes voorafgegaan het. Dat so `n siel dan ook die moontlikheid gegee is om `n hoë graad van rypheid op hierdie aarde te bereik, is te begrype, omdat elke vrywillige offer deur My beoordeel word en geseënd is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205