Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

KAN DIE MENS, VIR `N ANDER IN SY PLEK LY?
B.D. 8852 - 12 en 13 September 1964
Die krag van die gebed ten gunste van `n ander is geweldig. U sal veel leed van die medemens kan afwend, u sal hul die krag laat toekom wat hulle ontbreek, hulle wat in volledige kragteloosheid moet bly, tot u hulle deur u voorbidding `n kragstroom toestuur, dat u hulle help, en weliswaar nie direk nie, maar indirek deur My, omdat Ek u liefde sien wat u in so `n voorbidding vir die naaste voel. Hierdie stroom van krag dwing egter nie hul wil nie, dit is vry, maar die teenstand neem vanself af en die siel voel die krag as weldadig. Dus sal u steeds net vir My kan vra om die toestuur van krag vir die mense, wat self nie meer in staat is om dit te vra nie. En omdat u liefde beslissend is daarby, vervul Ek graag die versoek, want u begeer niks vir uself nie, u soek geen eie voordeel nie, maar is besorg oor die sieleheil van die naaste.
U sal nou egter `n onderskeid moet maak tussen `n gebed vir hierdie mense en u oorgawe aan My Self, deurdat u My u hele liefde skenk. En hierdie graad van liefde kan in u aangroei en dit ten slotte ook na u medemense uitbrei, dat u almal met u liefde omvat, omdat dit nie anders moontlik is as u vervul is met liefde nie. En hierdie graad wil Ek bereik, dat u geheel opgaan in die liefde tot My en die naaste, sodat u self die leed op u sou wil neem, dat u die straf op u sou wil neem wat hulle verdien het.
Maar dit druis in teen My Regverdigheid, omdat elkeen vir homself verantwoordelik is en dat elkeen ook moet goedmaak waaraan hy homself skuldig gemaak het.
Weliswaar is dit in teenspraak met die verlossingswerk van Jesus Christus, Wie as waaragtige onskuldige mens, alle sondes van die mensdom op Hom geneem het uit Liefde vir haar; Wie dus op vervangende wyse `n sondeskuld uitboet, wat so groot was, dat alleen maar `n Gees wat `n engel is, in Wie Ek Myself kon beliggaam, hierdie boete kon doen, dat Ek dus Self die skuld tot niet gemaak het deur My dood aan die kruis. Maar hierdie daad was iets eenmalig en sal dit ook bly.
Maar die skuld van `n mens kan gedelg word deur die werk van verlossing van Jesus, wanneer hy Hom erken, en dit behoort dan tot die sondelas wat die mens onder die kruis dra. Maar dit is `n aangeleentheid - van die vrye wil van elke mens en kan nie afgedwing word nie. Dus moet dit ook afgelos word, nog op aarde of in die hiernamaals, wanneer die mens hom afwysend opstel teenoor die verlossingswerk. Vir sulke mense kan die voorspraak verrig word, dat hulle hul skuld insien en die weg na Jesus vind - en in hierdie voorspraak nou eenmaal `n groot uitwerking van krag hê. Die mens kom dan vanself tot die ware insig van sy skuld en hy sal hom volgens sy krag weer goedmaak, of dan wel die Een aanroep wat hom die vergewing verseker.
Maar die skuld kan hom onmoontlik kwytgeskeld word op grond van die liefde van `n mens wat hom wil goedmaak. Dit sou geen regverdigheid wees nie, ofskoon die liefde daartoe bereid is, want slegs Een kan hom skrap, en hierdie Een wil aangeroep word.- Maar die liefde van `n mens wat bereid is om vir sy medemens boete te doen, wo rd deur My as buitengewoon welgevallig aangesien. Dit is `n liefde wat heeltemal vry is van egosentriese liefde, wat niks vir haarself verlang nie, maar bereid is om die leed op haar te neem, wat daarom `n groot pluspunt vir die siel beteken, wat ook as krag haar uitwerking op die medemens het, want dit kan nie sonder `n geestelike resultaat bly nie, sowel vir homself, asook vir die siel wat in die besit van `n barmhartigheid kom, wat haar allerweë ook moet tref as `n sterk wil om haar te verbeter. Sy sal self haar gebrekkige toestand insien en ook bereid wees om boete vir die skuld te doen, maar die sal sy tog self moet dra. Dit kan haar nie afgeneem word terwille van die regverdigheid nie.
U sal steeds daaraan moet dink dat die weg na Jesus u nie gespaar kan bly nie, dat Ek in Hom My erkenning vra, dat dus dan ook ieder mens self die weg na My moet gaan, nie menende dat `n "uit Liefde vir u" gedelgde skuld die mens daarvan sou onthef nie, te meer omdat daar op aarde vele ligwesens beliggaam is, wie se liefde so sterk is, dat hulle graag die leed van ander op hulle sou wil neem.
Maar u liefde het `n gunstige uitwerking op diegene wat u die genoegdoening van hul skuld sou wil bespaar. En daarom kan geen enkele liefdevolle opwelling van u hart sonder uitwerking bly nie, omdat liefde `n krag is wat haar straal altyd sal uitstuur, omdat geen liefdevolle gedagte vervlieg en sonder uitwerking bly nie. Dog elke oorvloed van liefde kom die mens self ten goede, want sy liggaam vergeestelik hom tegelykertyd met sy siel en hierdie vergeesteliking, wat ook `n groot liggaamlike lyding vra, sal u almal moet nastreef om `n oergees, wie se partikeltjies u liggaam vorm, eenmaal te help om sneller ryp te word.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205