Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

HEILAND EN ARTS
B.D. 5279 - 24 Desember 1951
Ek het u uit groot nood gered, toe Ek na die aarde gekom het. In der waarheid word vir u die Heiland gebore, die Arts van u siele, Wie u lyding ken en ook weet hoe om dit op te hef. Ek het as Redder gekom, want die mensdom was in die grootste nood. Maar hulle is ook heden dag in dieselfde nood, die mense is aangetas deur `n siekte wat tot die dood lei, as geen halt daaraan geroep word nie, as daar nie weer aanspraak gemaak word op die Heiland, Wie alleen kan help om te lewe nie. Maar die mense self besef hul siekte nie, hulle roep nie die Arts nie, hulle is nie in staat om te lewe nie en glo nie, solank hulle nog hul liggaamlike lewe het, wat alleen vir hulle begerenswaardig voorkom.
Die nood is nog baie groter as in die tyd toe Ek na die aarde gekom het, want die mense ken My, maar het My vergeet, die mense is op hoogte van `n Arts Wie hulle kan genees, maar soek Hom nie op nie, die mense roep nie om `n Redder nie en staan tog op die rand van die afgrond. Die nag is donker en die mense sien nie die Lig Wat hulle tegemoet straal nie. Hul gedagtes dwaal wel af na die tyd toe Ek as Kindjie in die krip gelê het, omdat dit tot die tradisie behoort om net so aan My te dink. Maar aan die betekenis van My koms dink hulle nie, omdat `n ernstige wil daartoe behoort en `n insig in geestelike nood. Wie My aanroep in sy hart, vir hom wil Ek weer `n Arts en ware Heiland wees; wie sy sondes na My toe dra, Ek sal hulle vergewe, wie My `n liefdevolle hart aanbied sal Ek bedeel met barmhartigheid, met lig en krag, om My te herken en My verlossingswerk te begryp, sodat hy daar deel aan het en Ek nie tevergeefs vir hom aan die kruis gesterf het nie.
Ek kom na die aarde - Ek kom steeds weer na My kinders, as hulle My net wil opneem, as hulle vir My die krip gereedmaak in hul hart, as die liefde die hart in staat stel om My daarin op te neem. As ware Arts en Heiland wil Ek aan diegene werk wat siek is en belaai met skuld tot My kom, Ek wil hulle vry maak van siekte en leed, van duisternis en sonde, sodra hulle maar dink aan My en My missie op aarde, sodra hulle maar glo in My as die Verlosser van die wêreld, Wie vir Homself `n hut as woning betrek het, omdat Hy vir die armes, siekes en swakkes gekom het wat hulp nodig gehad het in hul nood. Weer wil Ek help en genees waar mense My gelowig aanroep, as Redder voordat die tyd vervul is, want hy gaan sy einde tegemoet: Maar wie hulle vooraf nog deur My sal laat genees, hoef die einde nie te vrees nie, want hy sal lewe tot in ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205