Boek 25 - Siekte en Leed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

LIEFDE EN LEED - DIE WEG NA BO
B.D. 7223 - 7 Desember 1958
Ek wil u die kortste gangbare weg aanwys om die tyd van u ontwikkeling te verkort, om dit tot `n suksesvolle einde vir u te lei. Gedurende die lewe op aarde word u geleentheid daarvoor gegee, maar u sal ook op hoogte moet wees van alle voor - en nadele van u leefwyse, sodat u hierdie laaste gang oor die aarde nie tevergeefs gaan nie, sodat u nie sonder plan of doel voortleef en die dae vir u verlore is nie, omdat u vir uself u eie lot gestalte sal kan gee vir die ewigheid.
Daar bestaan `n baie kort weg wat verseker na die doel lei: Die weg van die liefde en van lyding, wat ook Jesus Christus gegaan het in Wie Ek Self die gang oor die aarde gegaan het. Liefde en leed bring met sekerheid die voltooiing van die siel tot stand en daarom is My evangelie steeds alleen die goddelike leer van die liefde, wat Ek op aarde gepredik het en wat Ek steeds weer sal verkondig aan die mense wie My aanhoor, wat My Woord wil verneem. U opgawe op aarde bestaan in die omvorming van u wese tot net liefde en waar hierdie verandering nie intensief nagestreef word nie, moet leed `n bietjie help, sodat die siel nog op aarde haar afvalstowwe kwytraak, sodat sy soveel moontlik onbelas oorgaan na die ryk hierna, wanneer haar aardse loopbaan volbring is.
Liefde en leed - die aardse lewe van die mens Jesus bestaan uit `n ononderbroke werksaam wees in Liefde, wat op die laaste deur `n oormaat aan bitterste lyding en pyne gevolg word, wat Sy liggaam en Sy Siel op Hom geneem het uit liefde vir die gekwelde medemens, van wie se sieleleed die mens Jesus op die hoogte was, as gevolg van die hoë graad van Liefde, wat Hy bereik het. En hierdie hoë graad van Liefde maak dit eers moontlik dat Ek Self My in hierdie mens Jesus kon beliggaam, dat Ek, as die ewige Liefde, Hom volledig en heeltemal kon vervul en dus in Hom die verlossingswerk met betrekking tot die mensdom kon verwesenlik, ten behoewe waarvan Ek op aarde rondgegaan het. Liefde en leed moes die mense redding bring in hul groot geestelike nood wat daaruit bestaan dat hulle gekluister was deur My teenstander en geen krag gehad het om hom te oorwin nie.
Jesus leef die mense die liefde voor en bewys aan hulle dat Hy Self die "krag van liefde” is, dat Hy in staat was om alles tot stand te bring met hierdie krag van die liefde en dat Hy dus ook die teenstander kon oorwin op grond van Sy Liefde. Die Liefde beweeg Hom egter ook om die skuld van die mense op Hom te neem wat hierdie kluistering deur die teenstander veroorsaak het, dus die teenstander die koopprys te laat betaal vir die vrylating van die siele wat van hom vry wil wees. En hierdie skuld betaal Hy met onmeetlike lyding en die bitterste dood aan die kruis. Hy het Homself aangebied as offer, Hy het Sy liggaam gegee vir die lewe van die gevallenes, en om die rede gekluisterde siele, en koop hulle in `n sekere sin vry van hul Heer aan wie hulle ten prooi geval het deur hul eie skuld.
As mens, Jesus, betaal Ek Self die skuld vir al My skepsele en laat ook almal die weg sien wat hulle moet gaan om uit die gebied van My teenstander in My gebied te kom. Hulle moet `n lewe in liefde lei, omdat sonder liefde, die teenstander mag behou oor die mense, omdat dié liefde die band is met My en dat `n losmaking van die teenstander sonder My, onmoontlik is. Dus moet die mens My gebooie van die liefde opvolg en moet hy leed en nood dra; dit geduldig op hom neem, steeds in gedagtenis aan Jesus Christus, die goddelike Verlosser.
Dan gaan hy die weg wat Ek hom aanwys, dan het hy hom in sy gedagtes al met My verbind en deur werke van liefde verstewig hy nou die vereniging met My, hy gaan die weg, van die navolging van Jesus Christus, hy verander sy wese tot liefde en louter sy siel deur leed en dan moet hy dus onherroeplik ook die doel bereik, die vereniging met My, want: "Wie in die liefde bly, bly in My en Ek in hom".
Slegs die liefde verenig ons nou, slegs die liefde is die weg na My, wat deur die leed net nog verkort word en nou dus met sekerheid al in die aardse lewe die voltooiing bereik kan word, wat die sin en die doel is van die gang van die mens oor die aarde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205