MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 8

Die verordinering van JaHshua

JaHshua was die sleutelfiguur wat die Ou Levitiese Verbond laat oorgaan het na die Nuwe Melgisèdek orde en daarom is dit noodsaaklik dat ons baie mooi gaan kyk na hierdie oorgang en wel aan die hand van die voorafgaande nuwe feite, tesame met die feite in die Nuwe Testament gegee. Die volgende gedeeltes in Matthèüs en Johannes moet saam gelees word, om werklik te verstaan wat ten tye van Jahshua se doop afgespeel het.

Matt 3:16: En nadat hy JaHWèshua gewas/gedoop het, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die Hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van Elohim soos ’n duif neerdaal en op Hom kom.

17 En daar kom ’n Stem uit die Hemele wat sê: DIT IS MY GELIEFDE SEUN IN WIE EK ‘N WELBEHAE HET. [Odes van Salomo 24:1-2; Profeet Miga 6:7]

 

Joh 1:29: Die volgende dag sien JeHôWganan, JaHWèshua na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van die Elohim wat die oortredinge van die wêreld sal dra!

30 Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ’n Man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.

31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan JisraEl openbaar sou word, daarom het ek gekom en in water gewas/gedoop.

32 En JeHôWganan het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ’n Duif uit die Hemele sien neerdaal, en Sy het op Hom gebly.

33 En ek het Hom nie geken nie; maar HY wat my gestuur het om in water te was/doop, HY het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Gees van die Apartheid was/doop. [Odes van Salomo 24:1-2]

34 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van die Elohim is.

Hier het ons eintlik met twee bonatuurlike dinge te doen wat tydens die doop waargeneem was deur sommige wat daar gestaan het, maar veral deur Johannes, naamlik die Gees wat as `n Duif neergedaal en wat op Jahshua gebly het, wat baie belangrik is en tweedens die Stem uit die Hemele.

Die eerste reaksie sal sekerlik nou wees, maar wag `n bietjie, met geboorte het die Gees (die Wysheid) mos reeds in JaHshua ingegaan

soos hierbo verhaal in Die oerevangelie van Jakobus. Hoekom daal daar nou nog `n Gees op Hom neer?

Die antwoord is weer in die Odes van Salomo 24 en 9 te vinde.

Ode oor die Waarheid

Ode 24:1 DIE Duif het afgevlieg op die hoof van ons Meester, ons Gesalfde, want Hy was Haar hoof.

2 Sy het oor Hom gesing, en Haar Stem is gehoor. [MattithJaHûW 3:16-17]

3 Die bewoners het gevrees, en die verbasterdes het gesidder.

4 Die vlieënde wesens het opgevlieg en al die reptiele is dood in hulle gate.

5 En die Afgrond is geopen en weer toegemaak, en hulle het die Gesalfde gesoek soos diegene in barensnood;

6 Maar Hy is nie aan hulle gegee as voedsel nie, want Hy was nie hulle s’n nie.

7 Maar die dieptes is gedompel in die indompeling van JaHWeH, en diegene wat van ouds bestaan het, het omgekom in daardie gedagte;

8 Want hulle het van die begin af verdorwe geraak, en die voltooiing van hulle barensnood was lewe.

9 Elkeen van hulle, by wie ontbreek het, het omgekom, omdat hulle geen woord gehad het om te sê nie, om daardeur agter te bly nie.

10 Elohim het die gedagtes vernietig van hulle met wie die Waarheid nie was nie;

11 Want hulle het Wysheid kortgekom, hulle wat trots van hart was.

12 En hulle is verwerp, want die Waarheid was nie met hulle nie,

 

Ode 9:8: Waarheid is ‘n ewige Kroon; geseënd is diegene wat Haar op hul hoofde plaas, [Exodus 28:36, 37; ZekarJaH 3:5; Openbaring 2:10]

9 n Steen van groot waarde; want die oorloë is as gevolg van die Kroon;

10 En Geregtigheid (die Moeder) het Haar geneem, en Haar (Gees van Waarheid) aan julle gegee. [JeshaJaH 60:17]

11 Sit die Kroon op (ontvang die Waarheid van JaHshua) in die ware Verbond van JaHWeH; en almal wat oorwin het, sal in Sy Boek opgeskryf word; [Openbaring 21:27]

12 Want Sy Boek is die oorwinning wat julle s’n is; en Hy sien julle daarvoor en Hy begeer dat julle verlos word.

Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

 

Hooglied 7:9 Een, dié is My Duif, My rasegte, die enigste vir Haar Moeder; Sy is die Uitverkorene vir die Een wat Haar gebaar het. [Psalm 45:14; Profesie van Barug 4]

Uit hierdie twee Odes en Hooglied, tesame gelees met die gedeeltes oor Jahshua se doop, is die volgende dan duidelik. Die teken van die Duif was die Kroon, die Kroon is die Gees van Waarheid wat Hy nou ontvang het en Wie op hom gebly het. Uit ons Tabel in Hoofstuk 2 sien ons dat Waarheid Vroulik is en dat hierdie vroulike Gees van nou af werksaam sou wees as die Krag van Jahshua. Onthou dat JaHshua `n volmaakte Hemelse Wese is en dat Hy ook volmaak man-en-vrou moes wees om die aardse Beeld van Elohim te wees. Die volmaakte hemelse huwelik het dan werklik in Hom plaasgevind toe hierdie Gees van Waarheid op Hom neergedaal het. Die Hemelse Moeder Wysheid het hierdie nuwe Gees in Jahshua omvorm tot die Nuwe Trooster, wie nog nooit tevore op aarde uitgestort was nie, maar wat vir 30 jaar voorberei was in JaHshua se innerlike, nes `n aardse moeder wat `n bruid voorberei vir haar man.

Die volmaakte Drie-Eenheid is die Seun as die LIEFDE van Vader, met die WYSHEID as die innerlike Moeder en nou, na 30 jaar se opleiding ontvang die Seun nou die volheid van die goddelike KRAG, die Kroon, die Waarheid. Nie dat JaHshua niks krag voor dit gehad het nie, nee Hy het die volheid van Elohim se Krag tot Sy beskikking gehad deur die Oermoeder Wysheid wat Hy tydens geboorte ontvang het. Maar hier vind nou `n verandering plaas. Nou eers, na Sy doop, kan die Seun die volgende woorde uiter:

Joh 14:6 JaHWèshua antwoord hom: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die VADER behalwe deur My nie.

Joh 8:32 En julle sal die Waarheid ken, en die Waarheid sal julle vrymaak.

Hierdie Duif, die Waarheid, het op Hom, Jahshua GEBLY!! Dit is hoekom Hy hierdie woorde hierbo met die volste gesag kon uitspreek. Nou word Hy, JaHshua ons Hoof, en Hy het SY Gees, die Gees van Waarheid ontvang van die Moeder en Hy, as Haar nuwe hoof, stort Haar, die Duif, die Waarheid nou vir ons uit in hierdie nuwe bedeling na Sy opstanding uit die dode. Die bedeling van die Leviete is verby, die Wysheid-Moeder het reeds dit vermag binne-in Hom wat die aanvanklike skeppingsdoelwit met Adam en Eva was, naamlik om eers sterk te word van die Boom van die Ewige Lewe (Die Hemelse Moeder), en daarna eers van die vrugte te kan

eet van die Boom van Kennis van goed en kwaad (die hoergees van Satan). Die Gee


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205