MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 11

Die koninkryk is soos `n vrou wat drie mate meel inwerk

Die volgende verborgenheid vind ons in Matthèüs 13:31-33:

Matt 13:31 ‘N ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die Koninkryk van die Hemele is soos ’n Mosterdsaad wat ’n Man neem en in Sy land saai;

32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as Sy gegroei het, groter is as die groentesoorte en ’n Boom word, sodat die voëls van die Hemele kom en nes maak in Haar takke.

33 n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die Koninkryk van die Hemele is soos suurdeeg wat ’n Vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat sy heeltemal ingesuur is.

Hier is twee koninkryke ter sprake, die een ongevalle ryk van JaHWeH (verse 31-32) en die gevalle en nou herstelde ryk van Lucifer, wat eintlik nou, na die oorwinning by Golgota, JaHshua se ryk is (vers 33). Die eerste ryk het ontstaan uit die manlike saad (mosterd) en word `n androgiene boom waarin die hee heelal se ongevalle geeste in woon.

Die tweede herstelde ryk moet nou eers in drie fases ingesuur word deur die Moeder. Wie anders kan hierdie Vrou dan wees as die alreeds geïdentifiseerde Hemelse Moeder, naamlik die Trooster wat die Geestelike Huis in onsself bou. So suur die Moeder ons in met drie soorte suurdeeg, naamlik:

· Die vlees van die mens word ingesuur met die Natuurlike Waarheid

· Die siel van die mens word ingesuur met die Geestelike Waarheid en laastens

· Word die gees van die mens ingesuur met die Hemelse Waarheid

Kyk ook na hierdie vergelykende sinnebeeld in Génesis 18 in die Ou Testament van Sarah wat ook drie mate meel moes inwerk:

JaHWeH verskyn aan Abraham!

Gen18:1 DAARNA het JaHWeH aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy (Abraham) by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

2 Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie Manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die Aarde toe.

3 En hy sê: My Meester, as ek nou Guns in U Oë gevind het, gaan dan tog nie by U kneg verby nie.

4 Laat hulle tog ’n bietjie water bring, en was U voete, en lê en rus onder die boom.

5 En laat ek ’n stukkie brood gaan haal, en versterk U Hart - daarna kan U verder gaan - want daarom het U by U kneg aangekom. En Hulle antwoord: Doen soos u gesê het.

6 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sarah en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.

Weereens `n bevestiging van die herstelde koninkryk (Abraham en Sarah) wat deur die vrou, Sarah berei word vir die Hemelse besoekers van die ongevalle ryk of mosterdboom. Abraham, die manlike gee opdrag en Sarah, die vroulike voer die opdrag stiptelik uit. Die eintlike boodskap was dat Abraham en Sarah 9 maande later `n seun sou hê, `n afbeelding van JaHshua (Isak) wat moes kom, en wat ook uiteraard heenwys na die geestelike wedergeboorte wat nou moet plaasvind (Openb 12:6), maar wat ook, as ons die gedeelte in Génesis verder lees, in dieselfde tyd plaasvind as die vernietiging van Sodom en Gomorra, weereens `n afbeelding van die eindtyd oordeel van Babilon. Dus gaan die twee gebeure hand aan hand, naamlik wedergeboorte vir Sion/Sarah wat beteken, edelvrou en die vernietiging van Babilon.

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205