MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 17

Die begrip Moeder en Dogters

Sover het ons die begrip Moeder redelik deeglik vanuit die Skrif bewys. Maar daar is nog `n begrip wat verstaan moet word en dit is die begrip van Hemelse Dogters, sowel as Helse Dogters. Omdat Engele manlik/vroulik is, is die werking van die Engel as dienende gees vroulik. Sien Hebreërs 1:7,13 en 14:

7 En van die Boodskappers sê HY wel: Wat van Sy Boodskappers Geeste maak, Sy dienaars ‘n Verterende Vuur. [Psalm 104:4]

13 En aan watter een van die Boodskappers het HY ooit gesê: Sit aan MY regterkant totdat EK U vyande maak ’n Voetbank van U voete? [Psalm 110:1]

14 Is Hulle nie almal dienende Geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die Lossing sal beërwe nie?

Die Engele of Boodskappers se werking is soos in die voorafgaande gedeelte oor die Vader en die Seun, want hulle is ook almal volgens die beeld van Elohim geskape, maar hulle het nie soos Lucifer geval nie, nee hulle is nog almal volwaardige androgiene eenhede. Dus sal `n Engel se vroulike gees in ons gees ingaan en influisteringe doen wat ons lewens sal beïnvloed. Mevrou, kom ons kyk na die bron van alle Geeste en onthou dat `n fontein altyd vroulik is in Hebreeus.

Henog 48:1 IN daardie plek het ek die Fontein van Geregtigheid gesien wat onuitputlik is, en rondom Haar was baie Fonteine van Wysheid; en almal wat dors was, het van Haar gedrink en is met Wysheid gevul, Hul woonplek was by die regverdiges en die apartes en die uitverkorenes. [Hooglied van Salomo 3:11; Wysheid van Sirah 24:7-8]

2 In daardie uur is die Seun van Adam benoem voor die Aangesig van die Elohey van die Geeste (die Moeder) en is Sy Naam voor die Hoof [Oue] van Dae (die Vader) genoem. [MattithJaHûW 28:19]

 7 Die Wysheid van die Elohey van die Geeste het Hom openbaar aan die apartes en die regverdiges; Hy bewaar die lot van die regverdiges, want hulle het hierdie wêreld van Ongeregtigheid gehaat en verag. Ja, hulle het al dié werke en dié weë in die Naam van die Elohey van die Geeste gehaat. Want in Sy Naam is hulle gered, en volgens Sy suiwer wil was Hy ter wille van hul lewens.

Weereens sien ons die talle fonteine wat uit die oeroorspronklike Fontein van Geregtigheid (OERMOEDERGEES) uitspruit en hoe Jahshua voor sy Hemelse ouers benoem is. Ook dat die fontein van Wysheid ook uit hierdie oorspronklike Gees van Geregtigheid stam. Ook sy het weer dogters wat vir Haar werke verrig volgens Spreuke 9. U moet nou nie te verward word nie, onthou, Elohim is EEN, maar hierdie entiteite is alles deel van hierdie oneindige Elohim se werkende krag.

Spreuke 9:1 DIE Wysheid het Haar Huis gebou, Haar sewe Pilare uitgekap, [Openbaring van Henog 11:40]

2 Haar slagvee geslag, Haar wyn gemeng, ook Haar tafel gedek.

3 Sy het Haar Diensmeisies uitgestuur, Sy nooi uit op die hange van die verhewe plekke van die Stad: [Spreuke 31:15; Hooglied 6:8; DaniEl 13:15]

4 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê Sy:

5 Kom, eet julle van My Brood, en drink van die Wyn wat Ek gemeng het;

Die Brood is die Woord, Jahshua of die manlike, met die Wyn (in houer) as bloed of Gees wat die Liefde is, as vroulike. Onthou dat alle mense op aarde, of jy nou manlik of vroulik is, ons almal se siele is vroulik, en die innerlike gees in ons is die manlike. Daarom kan ons as mans ook aanspraak maak op Bruidskap, aangesien elkeen se siel, die vroulike of bruid, verenig met die gees, die manlike in onsself, wat die volkome huwelik met Jahshua bewerk. Die Moedergees bearbei die vroulike siel, maak die huis skoon, kap haar sewe pilare uit, naamlik die sewe geeste* wat innerlik begin werk, klee die bruid met rein en fyn linne (regverdige dade) en dan bied die moeder die bruid aan vir die Bruidegom, Jahshua. Waar het u in elk geval gesien `n bruidegom trek die bruid aan?! Dis mos altyd die moeder se taak! (*Sien Aanhangsel B, die val van die Geeste.)

By Satan en Satana werk dit ook dieselfde, sien Spreuke 30:15-16:

Spreuke 30:15 Die Bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Hierdie drie word nooit versadig nie; vier sê: nooit genoeg nie! -

16 die Doderyk/Sheol en die Toegesluite moederskoot, die Aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat sê: nooit genoeg nie! [Wysheid van Salomo 4:1; 2 Nikodémus 4:1]

Weereens `n verborgenheid as ons nie die wese se geslagtelikheid in ag neem nie. Satan, die bloedsuier het twee vroulike geeste wat uit hom en

Satana voortgekom het, Doderyk en Toegesluite Moederskoot. Laasgenoemde het met aborsies en geboorte-afwykings te doen wat deesdae skrikwekkend toegeneem het op aarde.

Uit bogenoemde paar voorbeelde kan u dus sien dat die manlik/vroulike begrip van mense en engele regdeur die heelalle strek vanaf Elohim, deur Sy Engele tot by die mens wat na Sy en hul beeld geskape is en dan strek dit ook deur tot in die diepste helle. Die verskil is net dat hoe laer die geeste in die ordes is, hoe meer geskei raak die manlike en vroulike. Helgeeste, bekend as duiwels en demone, sal geslagtelik verskil en geskei wees.

Die feit dat Adam en Eva aanvanklik androgien geskape was, maar weer later geskei moes word, sodat manlike en vroulike afsonderlik geoordeel kon word, dui tog duidelik op `n verdere val, weg van die volmaakte toestand waarna teruggekeer moet word. Die herstelpad van elke gevalle gees hier op aarde sal dus ook, eerstens as afsonderlike en tweedens as androgiene wese, moet wees. Omdat daar nog maar min openbaring oor laasgenoemde pad bestaan, laat ons hou by die eerste oordeel, naamlik dat ons almal nou geoordeel sal word as man of vrou afsonderlik.

Die volgende begrip moet ook hier aan u verklaar word, sodat u die volgende hoofstukke verstaan waar ons die verborgenhede van die vroulike boeke in die Skrif wil ondersoek. Nadat Lucifer geval het, het die hoofengele van eenderde van die skepping onder hom, saam met hom gerebelleer, dus het hulle ook elkeen `n bose skeppende, of eerder afbrekende gees verkry, nadat die Gees van Wysheid hierdie hele skeppingsfeer verlaat het.

Die wonings van Wysheid en van Ongeregtigheid

Henog 42 WYSHEID het geen plek gevind waar Sy kon woon nie (die hele geestelike skepping van Lucifer); toe is ‘n woonplek vir Haar in die Hemele (die suiwer geestesfeer buite Lucifer) aangewys. [Wysheid van Sirah 24:7]

2 Wysheid het uitgegaan en woonplek tussen die kinders van die adam gesoek en het geen woonplek gevind nie: Wysheid het na Haar plek teruggekeer en het Haar sitplek tussen die Boodskappers ingeneem. (Sy is nou werksaam onder en deur die aartsengele)

3 Maar Besoedeling het uit haar kamers uitgekom, en wie sy nie gesoek het nie, het sy gevind en gewandel onder hulle soos reën in ‘n woestyn en dou in ‘n dorsland. [Spreuke 9:13-18; Hoséa 2:2; 2 Ezra 7:101]

Hierdie gees, Besoedeling, naamlik Satana, het hierdie hele sfeer deurtrek, aangehits deur die eenderde wat meegewerk het om hierdie hele skepping te verwoes. Moet nooit vergeet dat die grootste deel van die engele in Lucifer se ryk NIE GEREBELEER HET nie. Hulle het hierdie rebellie herken, maar in die weë van Elohim bly wandel, dus nie vir Lucifer aanbid as Elohim nie. Hulle het nog steeds die ware Elohim as goddelike Gees aanbid. Hieruit kan u sien dat daar geweldige konflik in hierdie hele skeppingsfeer ontstaan het. Die eenderde bly by die Besoedelde gees Satana, maar die ander moet nou begin onderskei tussen wat verkeerd en reg is. Vir die HEEL EERSTE KEER IN DIE SKEPPING moet geeste nou onderskei tussen reg en verkeerd, tussen gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid. Vir die eerste keer raak die begrip van Waarheid nou vir die gehoorsame geeste bekend.

Dink maar aan die aanvanklike toestand in hierdie ryk waar daar geen sonde was nie. Dan was daar aanvanklik mos nie `n behoefte vir `n Gees van Waarheid in hierdie skeppingsfeer van Lucifer nie, want alles was in harmonie, alles was Liefde (goddelike Liefde) waaruit die hoogste Wysheid (goddelike Wysheid) uitgevloei het vanaf Elohim Self na Lucifer en vanuit hom na elke skepsel wat hierdie goddelike Krag ontvang het, voortvloeiend uit die wisselwerking tussen Liefde en Wysheid. Die noodsaaklikheid van `n Gees van Waarheid het ontstaan as gevolg van die val van die geeste in die diepte in. Vir oneindige eons (tien tot die mag van sestig!) van miljarde jare het hierdie toestand so voortgeduur in Lucifer se ryk. Hierdie Waarheid wat benodig was vir hierdie tweederdes om te kon voortbestaan en om nie self deur besoedeling verswelg te word nie, is deur die sewe aartsengele in stand gehou, aldus die Boek van Henog en die Nuwe Openbaring. Dit word ook genoem die Oorloë van JaHWeH, en `n antieke boek met hierdie naam het alles opgeteken gehad, maar hierdie boek is vernietig, aldus JaHshua in die Nuwe Openbaring. In die NO, Huishouding van Elohim deur Jakob Lorber, word baie van hierdie boek se inligting weer aan ons deurgegee.

Wat het dus gebeur met hierdie Gees van Waarheid in hierdie tweederdes geesteswesens? Sy, die Waarheid, `n nuutgebore Gees, moes mos aanvanklik klein gewees het, voorgestel deur `n klein dogtertjie, en gaandeweg het sy wasdom begin bereik, soos wat hierdie tweederde groep sterk begin staan het teen die rebelle in hierdie ryk. Dit is slegs

 

 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205