MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 31

Slot

My dierbare suster in ons volmaakte Messias, ons manlike Jahshua en Sy vroulike Gees, ons goddelike Moeder, ek hoop dat u netso vervul is met liefde vir ons Hemelse Bruidegom en Hemelse Bruid, noudat u hierdie lang verborge waarheid ken, as wat ek was toe ek dit vir die eerste keer begin raaksien het. Dit het al begin gebeur in 1998, toe daar met die Skryf van die Boek van Herinnering begin is, soos per opdrag in Maleàgi 3:16:

16 Toe het die wat JaHWeH vrees, met mekaar gespreek; en JaHWeH het dit opgemerk en gehoor, en daar is ’n Boek van Herinnering voor Sy Aangesig geskrywe vir die wat JaHWeH vrees en Sy Naam Eer. [Odes van Salomo 23; Boekrol van Henog 99:3; JeshaJaH 29:18, 23; 66:4; JeségiEl 4:13; 36:23; 38:7]

Hoe verder ons gegaan het, het hierdie vroulikheid haarself begin openbaar. Ek het selfs in 2001 `n boekie daaroor uitgebring, “Johanna”, wat beteken “JaH het guns betoon” of “begunstigde van JaH”, wat hierdie vroulike aspek begin aantoon het. Die boek het egter nie goed afgegaan by baie mense nie, want die greep van die priesterorde se Drie-enige manlike God was nog te sterk. Ek weet egter van twee mense wie hierdie vroulike wese in volle glorie aanskou het. Die een is Johanna Brandt wat lank reeds oorlede is, en waaroor in hierdie boekie geskryf is aangaande haar ervaring met die Hemelse Moeder.

Die ander persoon is oom Willie du Plessis van Brits, wat in ons gemeente was tydens die skryf van die Boek van Herinnering. Ek wil dan ook graag hiermee hierdie boekie spesiaal aan hom opdra, hy wat vir 16 jaar al gehoon en gespot word oor daardie wonderlike openbarings van ons Moeder aan hom, wat ons regdeur die skryffase van lig voorsien het. Oom Willie het Haar gesien, een oggend om 4h00 in sy kombuis waar hy afgesonder het met die Woord. Daar het Sy as die allerpragtigste vrou in `n wit rokgewaad in die Gees aan hom verskyn en instruksies gegee. Ek kan nog twee daarvan duidelik onthou, naamlik die opdrag om, voordat die Boek van Herinnering gedruk en versprei kon word, ons om die plaas van Dogter van Sion moes stap op die manier van Johshua 6 om Jerigo, sodat die mure van valsheid, gebou deur die verraderlike priesterorde, kon val. Ook het Sy gesê dat niemand ooit hierdie boek sal kan stuit as ons dit eers gedoen het nie. Ons was getrou aan hierdie opdrag, alhoewel dit aanvanklik vreemd was vir ons. Nou na 16 jaar, het hulle nog niks kon regkry om hierdie Boek van Herinnering te stuit nie en bereik dit maandeliks nog talle van ons volksgenote wie se oë besig is om oop te gaan. In die gees is die priesterorde reeds verslaan, ons moet dit nou net in die fisiese begin doen deur aanhoudend met die swaard van Waarheid te slaan.

My vrou Erna het daardie tyd `n droom gehad van `n ark/bootjie wat sy gebou het en waarin ons almal van Dogter van Sion gevaar het, en voor in ons bootjie moes `n silwer plaatjie kom, wat sou dien as weerligafleier. Oom Doep het weer gebid en ons Moeder het hom weer `n instruksie gegee dat ons een boek met suiwer (24karaat) silwer moes oortrek en hierdie boek altyd op belangrike dae by ons moet hê om daaruit te lees, as teken van die volgende in Psalm 12:

Vir die musiekleier; met basstem. ’n Psalm van Dawid.

12:1 RED, o JaHWeH, want daar is geen toegewyde meer nie; want die getroues het verdwyn uit die seuns van adam.

2 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.

3 Mag JaHWeH al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,

4 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is meester oor ons?

5 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê JaHWeH; Ek sal hom die Lossing gee wat daarna smag.

6 Die Woorde van JaHWeH is suiwer woorde, Silwer wat gelouter is in ’n smeltkroes in die Aarde, gesuiwer sewe maal. [2 Konings 5:10; Spreuke 10:20; JôWEl 3:5; Hoséa 9:6]

7 U, o JaHWeH, sal hulle bewaar; U sal Ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.

8 Die besoedeldes draf rond as die nikswerd die oorhand kry by die seuns van adam.

Dit is seker nie moeilik om te sien wie hierdie nikswerd besoedeldes is wat met vleiende lippe dubbelhartig spreek, vanuit hulle valse Bybels en valse dogmatiek nie, maar helaas het JaHWeH opgestaan, Hy het aan Sy volk Lossing (die Moedergees) gegee vir die wat na Haar smag, en so moes hierdie silwer woorde, gesuiwer sewe maal, altyd met ons wees. Soos Susanna Catharina Smit eens gesê het, dan eerder kaalvoet oor die Drakensberge, as nog een dag onder Engelse bewind, sê ons nou almal saam, “nie een dag meer onder die leuengees van die verraderlike priesterorde nie, maar dan eerder nakend, gestroop van alles, oor hierdie Berg van die Draak (Satan) wat hulle vir ons gebou het om ons af te sny van ons Kanaän, ons Boererepublieke, ons vryheid, ons Republiek van Duisend jaar saam met JaHshua en Sy Bruid!

Liewe Mevrou, ek hoop hiermee sal daar nog baie getuies kom van mense, veral vrouens, wat Haar van aangesig tot aangesig sal sien, noudat Sy geopenbaar is, Sy wat vir so lank verborge gehou is. Stuur aan ons hierdie getuienis, skreeu dit van die dakke af, want Sy is nou hier in volle krag en die eenwording van die mens, die wedergeboorte van die gees is op hande, en net Sy kan dit bewerkstellig, net Sy kan ons beklee met glansende linne, die bruidskleed vir ons aantrek en Sy gaan dit hier in Suid-Afrika begin, hier in die Dogter van Sion sal Sy, die Ware Sion, ons inwag soos geskrywe staan Matthëùs 12:42:

42 Die Koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie saadlyn en hom veroordeel; want Sy het gekom van die eindes van die Aarde af om die Wysheid van Salomo te hoor, en - meer as Salomo is hier! [Psalm 72:15]

Wie anders is meer as Salomo, as net JaHshua, wat na die Koningin van die Suide, na ons Moeder en Haar kinders sal kom, Sy wie die verlossing sal bring vir die Dogter van Sion, wat nou verlos is van die leuengees van Satana, wie maagdelik skoongewas is deur die Moeder, wie waardig op die Berg Sion sal staan om saam met hul Bruidegom `n nuwe lied te sing, `n nuwe lied wat niemand, behalwe hulle ken nie.

Amein

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Aanhangsel A

Heilig beteken apart - 13 woordeboeke sê so

Uittreksels uit verskillende gesaghebbende Woordeboeke oor die begrip "apartheid en sy verbuigings" wat as "heilig, heiligheid, heiligdom, heiliges, ensovoorts", vertaal is. Deur hierdie 13 aangehaalde woordeboeke en konkordanse se aanhalings te bestudeer, sal u geen ande begrip van “heilig” en al sy verbuigings kry as dat dit slegs en alleenlik “apart en apartheid” beteken nie.

 

1 Apartness

The principal words are Heb.qados in the OT and Gk. Hagios in the NT, both words of uncertain derivation. If the main root qdsû is derived from the simple root qd, meaning to cut or separate, it denotes apartness, and so the separation of a person or thing from the common or profane to a divine use (The New Bible Dictionary,  1962).

 

2 Holiness

God is holy, separate from His creation by His very nature. To be holy literally means to be cut off or separate, and denotes apartness, the separation of a person or thing from the common or profane to a divine use. (Earl D. Radmacher, general editor; Ronald B. Allen, Old Testament editor,  Nelson Study Bible [computer file], electronic ed., Logos Library System,  1997).

 

3 HOLINESS, HOLY

The Heb. Words qadosh, holy";qodesh, "holiness"; and the Gr. hagios and hagiosyne mean basically separation from what is common or unclean, and consecration to God (Lev 20:24–26, RSV; Acts 6:13; 21:28). From the underlying idea of apartness or separation from the profane (Lev 10:10; Ezk 22:26) stem three derived aspects of holiness found in Scripture.  Ceremonial objects are also classed as holy or sacred, set apart entirely for God's use (Pfeiffer, Charles F., Wycliffe Bible Encyclopedia,  1975).

 

 

4 The sin (2:11)

The unfaithfulness Malachi 2:10 had in mind is called a detestable thing (lit., "an abomination"), something abhorrent to God. Furthermore this abominable unfaithfulness involved a profaning of holiness. The word for "holiness" is qoµd_esû (apartness, separateness)

Holiness may refer here to the quality of distinctiveness or separateness that God desired in Israel.  The abominable unfaithfulness that profaned Israel's holiness was intermarriage with pagans.  Such marriages had been expressly forbidden because they would lead the people into idolatry (Ex. 34:11-16; Deut. 7:3-4; Josh. 23:12-13). Intermarrying was a big problem after the return from the Exile (cf. Ezra 9:1-2, 10-12; Neh. 13:23-27). The Israelites were supposed to marry within their own nation. Failures to do so were acts of unfaithfulness among themselves as well as to God. They involved both a disregard for the nation's corporate nature and disobedience to God (Walvoord, John F., and Zuck, Roy B., The Bible Knowledge Commentary,  1983, 1985).

 

5 Conclusion of the Covenant

The covenant relationship is expressed in the formula: "I am your God-you are my people" (Jer 31:33; Hos 2:23); cf. the formulary of marriage and divorce (Hos 1:9).19. a people sacred to the Lord: The holiness, that is, apartness, derives from the new bond created by the covenant.

God is the all-holy. Holiness is the essential quality of God; its vast range of meaning indicates his otherness, utter transcendence, complete apartness from anything sinful or merely finite (D N Freedman, JBL 79 [1960] 156; R Abba, JBL 80 [1961] 320-28)

 

6 Apartness / apartheid

[Afrikaans, from Dutch, from apart- apart + heid -hood](1947)

1 : racial segregation; specifically : a policy of segregation and political and economic discrimination against non-European groups in the Republic of South Africa (Merriam Webster's Collegiate Dictionary,  1993).

 

 

 

7 Apartness, Sacredness

apartness, sacredness, holiness, of God: a. of divine activity, syn. majesty, vd,QoB'   adj. sacred, holy. of God, as separate, apart, and so sacred, holy: a. exalted on theophanic throne; heavenly throne; in victory. b. separate from human infirmity, impurity, and sin. c.

be set apart, consecrated — Qal 1. be set apart, consecrated, hallowed, of shew-bread; Aaron and his sons by blood; other persons.

Pi. 1. set apart as sacred, consecrate, dedicate: a. places: Sinai, altar, etc., tabern., etc.; tent of meeting; place of sacrifice; gate.??

Hithp. 1. keep oneself apart from unclean things. 2. of God, cause himself to be hallowed (Richard Whitaker, Editor, The Abridged Brown-Driver-Briggs Hebrew-English Lexicon of the Old Testament,  1997).

 

8 qodesh{ ko'-desh}

from 6942; TWOT - 1990a; n m GK - 7731 { vd,qo1)apartness, holiness, sacredness, separateness 1a)apartness, sacredness, holiness

1a1)of God  1a2)of places 1a3)of things  1b)set-apartness, separateness (Enhanced Strong's Lexicon,  1995).

 

9 Separateness

Qodesh,qadesh,qadosh, Heb.) The basic idea in this family of words is "separateness." When applied to God, "holy" denotes His uniqueness and separateness from everything earthly and wrong; when applied to man,—those who are redeemed by the blood are to live separated and holy lives (cf. 1 Pet. 1:15–19) (W.A. Criswell, Believer's study Bible [computer file], electronic ed. , Logos Library System,  1997, c1991 by the Criswell Center for Biblical Studies.)

 

10 Regulations for fellowship with God

include the "Holiness Code" (Lev. 17–26). Holiness or separateness was to be a way of life, involving commitment to the Lord in every aspect. Instructions concerning separation are included (Lev. 17:1–22:33). God's people were to commit themselves uniquely to Him and to separate themselves from the pagan practices of their neighbors (Dorothy Kelley Patterson, general editor; Rhonda Harrington Kelley, managing editor, Woman's study Bible [computer file], electronic ed., Logos Library System,  1997, c1995).

 

11 Under the constraint of God,

Balaam spoke an important truth about Israel: the separateness of Israel from other nations in a physical and spiritual sense was absolutely essential (Deut. 7:6). Throughout history God has proven that those who belong to Him are powerful (Dorothy Kelley Patterson, general editor; Rhonda Harrington Kelley, managing editor, Woman's study Bible [computer file], electronic ed., Logos Library System,  1997, c1995).

 

12 The prohibition of mixed marriages:

Became a central concern (Tob. 4:12-13; T. Levi 9:10; 14:6). Other areas in which separateness was particularly apparent include food (Dan. 1:8-15; Tob. 1:10-12), circumcision (1 Macc. 1:11-15), and avoidance of the idolatry characteristic of Gentile society (1 Macc. 3:48). 1 Maccabees 1 presents in bold relief the contrast between life according to Israelite and Gentile law and custom (Achtemier, Paul J., Th.D., Harper's Bible Dictionary,  1985).

 

13 The holiness of Yahweh:

Is a most important doctrine in the teaching of Isaiah. Yahweh's holiness is an expression of his separateness from the corruption of his people. He is the Holy One of Israel The redirected mind will focus on God's priority, holiness. At its heart holiness means separateness: (Elwell, Walter A. ed., Evangelical Commentary on the Bible,  1989).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

AANHANGSEL B

Die pad van die Geeste deur die skepping

Inleiding: (lees saam met aangehegte diagram)

Elkeen van ons, as gelowige kinders van Elohim, sal weet dat daar ontelbare engelgeeste in die hemele is. Hulle lewe in ewige gelukkige saligheid in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader. Talle van hulle is ook betrokke by ons hier op aarde, deurdat hulle ons vanuit die geestesfeer lei en rig.

Vanuit die Bybel leer ons ook dat daar `n groot groep engele is wat teen die Godheid gerebelleer het, onder hulle hoofengel, Lucifer. Hulle is toe deur Elohim uit die hemele uitgewerp. Min is verder vanuit die Bybel te kry oor hierdie onderwerp, behalwe dat Jesaja 14:15 sê dat hulle in die doderyk, wat binne die aarde is, gewerp is. Dit wat egter in die doderyk in die middel van die aarde vasgehou word, is egter net die oorblywende deel van die skeppende entiteit van Lucifer, naamlik sy bose gees, wat ook somtyds Satana (vroulik) genoem word. Vir u wat alreeds van hierdie Volksleiding-reeks bookies* gelees het, sal weet dat die hele materiële skepping eintlik niks anders is as die gevalle gees van Lucifer wat verhard is nie, as gevolg van sy verharding en gevolglike rebellie teen Elohim self. Alles wat materie is, is dus deel van die oergees Lucifer en huisves gevalle sieledeeltjies wat gebonde is en wat deur geleidelike opwaartse beweging bevry moet word. (*Beskikbaar by Dogter van Sion)

Die doel van hierdie boekie is om aan die leser te toon wat in die geestelike sfere plaasgevind het, ontelbare miljarde eons van jare gelede, toe die Godheid besluit het om engelgeeste buite Homself te skep. Ook word die rebellie van Lucifer met `n derde engele onder hom aangetoon. Die maklikste manier om hierdie inligting weer te gee, is om `n vloeidia­gram te gebruik ter illustrasie. Deur plekke op die diagram te nommer en sodoende die roetes aan te dui wat bespreek word, sal die leser `n makliker verduideliking kry as ellelange geskrewe gedeeltes.

Die ingeslote vloeidiagram is saamgestel uit inligting vanuit die Boek van Herinnering, die Nuwe Openbaring van ongeveer 170 jaar gelede en onlangse profesieë aan die Boerevolk. Hierdie vloeidiagram verduidelik die samestelling van die Godheid, soos vanaf die oneindige verlede tot in die oneindige toekoms vir alle geskape Geeste. Die oergeskape Geeste het twee duidelike roetes gevolg, - eerstens is dit die Geeste in die Goddelike orde wat by Vader gebly het en tweedens die Gees van Lucifer wat gerebelleer het. Elk van hierdie twee geestesordes het nog oneindige sub-skeppingsordes onder hulleself, en daarom is daar ook nog ontelbare geesteswesens in elke geskape Gees se ryksgebied.

Om net effens te verstaan van hoe lank die tydperke is wat ons hier mee te doen het, die volgende: Gestel u neem `n sandkorreltjie en ken `n waarde van 1 miljoen jaar daaraan toe. Gestel u pak verder die hele oppervlak van die aarde toe met sulke sandkorreltjies, styf teen mekaar gepak. Tel dan al hierdie miljoene jare bymekaar. Dan het u nog nie by die tyd uitgekom toe Lucifer gerebelleer het nie! (Inligting vanuit die Nuwe Openbaring) Hoe lank terug lê die skepping van die oergeskape geeste nie nog nie! Dit is dus duidelik dat ons as vleeslike mense, nooit werklik tyd in die geestelike dimensie sal kan begryp nie. Kom ons begin nou met die verduideliking van die pad wat geskape geeste deur die skepping geloop het en voortaan nog sal loop. Verwys asseblief van nou af na die ingeslote vloeidiagram.

Die een roete, Roete [3-7], van links na regs, in reënboogkleur aangedui, is die roete wat die nie-gevalle Geeste kan volg as hulle kinders van die Hemelse Vader wil word. Let wel dat hierdie Geeste oneindig salig geskape was, maar dat hulle altyd die status van knegte sou hê in die hemelryk. Deur die menswording, dood en opstanding van ons Verlosser, JaHshua, het hulle nou die geleentheid verkry om ook menslike liggame te kom aanneem op aarde, dit wil sê, om op aarde gebore te word. Indien hulle lewensproef op aarde geslaagd was, word hulle in die Hemelse Vaderhuis opgeneem as kinders van Elohim, wat `n saliger toestand is as die van kneg.

Die ander roete, Roete [2-4-6-7] en [2-5-7] van links na regs, in groen aangedui, is die roete wat Lucifer gevolg het nadat hy homself verhef het teen Elohim, en deur sy hoogmoed tot `n val gekom het. Let op dat hy ook `n groot groep, een derde nie-rebelle, vrywillig saamgesleep het die materie in, maar dat die tweederde getroues noodwendig ook in hierdie verharde koninkryk gevange geneem was deur die materie.

 

 

 

Die begin:

In die oneindige verlede is en was Elohim altyd daar, as ontoeganklike Godheid [1], gebaai in ewige goddelike Lig. Niks buiten die Godheid Self kon bestaan in hierdie fel deurdringende Lig nie. Toe het Elohim `n behoefte gekry om wesens buite Homself te skep, geestelike wesens wat geskape sou word na Sy beeld en gelykenis. Kyk na die vloeidiagram links bo.

Die eerste drie Wesens wat Hy buite Homself geplaas en geskep het, het Hy genoem, LIEFDE, LIG en LEWE [2]. Vanuit hierdie drie het die hele verdere Geestelike skepping ontstaan. Neem asseblief kennis dat die materiële skepping waarin ons nou in leef en wat ons ken, toe nog lank nie bestaan het of sou bestaan nie. Alles was Gees en tydloos. Hier volg `n uittreksel uit `n onlangse profesie aan die Boerevolk:

Uit Gesprekke met die engele, Hoofstuk 6 en 7, deur JaHshua aan Marietha

Jahshua: Dit is Drie Groot Vorste wat die Wese van MY voorstel. Lig, Lewe en Liefde. Die eerste daarvan is Liefde, wat gelyk is aan die Bestaan of Ontstaan en die tweede is Lewe wat uit die Warmte van Liefde ontspring. Die derde hiervan is Lig, Hy staan vir MY Wysheid, wat die Lig is van die geskapenes. Verstaan dat hulle net die Uitbeelding van MY Wese is, want EK is nie `n drieledige Godheid nie. Die Wese van MY kan kom in Wysheid of net in Liefde of in Krag, maar EK IS Éen en oneindig. Die Drie is MY Heilige en Aparte Vorste wat die Liefde, Wysheid en Krag uitbeeld.

Jahshua: EK gaan jou eers vertel van die Drie; Aan die begin was daar Drie en die Sewe het uit hul voortgekom, maar die Éen, gelyk aan die Lig van God, wat EK IS, het geval. Sy naam noem julle Lucifer of Ligdraer. Maar EK het dadelik `n Vors geroep om die plek te vul van die gevallene, jy vra nou hoekom EK dadelik `n ander Vors in sy plek gestel het? Dit is om ewig uit te beeld dat MY eienskappe sal bestaan. En die Vors wat EK geroep het om in Lucifer se plek te staan, is ook die gelykenis van die Lig. Die één wat dit waardig is, kry die plek by MY, of het jy gedink dat die plek leeg moet bly? As EK die plek sou oop los, dan is daar net twee om MY Wese uit te beeld, dit wil sê, Liefde en Lewe, maar niks kan ontstaan sonder Lig nie, en dus herstel EK die simboliek.

 

 

Die val van Lucifer:

Een van hierdie drie, die LIG [2], was die oergeskape Engel van die Lig, naamlik Lucifer. Hy het homself hoër begin ag as Elohim Self, en het homself laat aanbid deur sommige van die geskape engelgeeste onder Hom. Deur hierdie gruwelike hoogmoedsdaad van hom, het hy uit die Goddelike skeppingsorde van die Liefde beweeg en is hy uitgewerp uit die Konin­kryk. Een derde van die engele [4] het hom gevolg in sy rebellie, maar twee-derdes [5] het getrou gebly aan Elohim. Hulle moes egter ook uit die Koninkryk van die Geeste uitgewerp word, as gevolg van die feit dat hulle in hierdie ryksgebied van Lucifer geskape was en hy eintlik hulle skep­pingsvader was, alhoewel hy, Lucifer, hulle slegs geskep het met die Lewe of Krag wat hy vanaf Elohim ontvang het. Hierdie val word as volg beskryf in Jesaja 14:12-15:

12 Hoe het jy uit die Hemele geval, o Heylel (Lucifer), seun van (die dageraad)! [Hoe] lê jy teen die Aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! 13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die Hemele, my troon verhef bo die Sterre van El en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. 14 Ek wil styg bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Hoogste El! 15 Ja, in die Doderyk/Sheol sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die put!

Hier moet duidelik gelet word op die feit dat hierdie val oor onmeetlike tye gestrek het en dat dit nie `n eenmalige gebeurtenis was wat plaas­gevind het nie. Soos wat Lucifer homself verhef het, het hy ingeboet met Lig wat nodig was om voort te gaan met sy eie skepping. Deurdat hy Lig verloor het, het sy skeppings ook al hoe meer duister begin word, totdat Elohim Self besluit het om sy skeppingsmagte in te trek, hom uit te werp uit die Koninkryk van die Geeste en in die materie te laat gevange neem. Die kern van Lucifer se wese, sy skeppingsgees wat al verskriklik duister en boos geword het, is in die kern van die aarde gewerp en word tans deur ander engelgeeste vasgehou. Sou hulle een millimeter skietgee, sal die hele materiële skepping verwoes word, so boos is hierdie gees! Dit is hierdie bose gees, Satana, wat voortdurend haar boosheid laat opbruis in ons aardse skepping, vandaar die wreedheid, liefdeloosheid en alles wat negatief is op aarde.

Die verhaal van Kaïn en Abel wat ons ken, vertel eintlik wat hier in die Gees met die gevalle engele gebeur het. Adam en Eva, aanvanklik in die Tuin van Eden, wat die Koninkryk van die Geeste voorstel, rebelleer soos Lucifer (Adam) en sy gees Satana (Eva) teen Elohim en word uit die Tuin van Eden verjaag. Adam en Eva se twee kinders stel die twee groepe geeste in Lucifer se ryk voor wat hy geskep het en wel as volg: Kaïn, die moorde­naar, stel eintlik die een-derde geeste voor wat gerebelleer het, terwyl Abel, die vermoorde, die onskuldige twee-derdes voorstel wat vermoor is, oftewel wat afgesny is van die ewige lewe. Beide was vooraf uit die ryk (tuin van Eden) uitgewerp saam met hul ouers, wat die val na benede voorstel van Lucifer (Adam) en sy skeppingsgees, Satana (Eva).

Hierdie twee groepe van die ryk van Lucifer, naamlik `n donkergroen afwaartse pyl wat die een-derde [4] rebelle voorstel en die dikker ligte­groen pyl wat die twee-derdes [5] voorstel wat nie gerebelleer het nie, maar wat noodgedwonge die pad van die materie moes loop. Beide groepe begin afwaarts val, die dieptes in, namate Lucifer homself meer en meer begin verhef teen Elohim. Satana, die skeppingsgees wat Lucifer vir homself geskep het (Openbaring van Henog 11:53), word egter deur Elohim toegelaat om verder te skep, met die hoop dat Lucifer berou sou toon en hom bekeer. Hoe verder sy egter gaan, hoe minder Lig ontvang sy en hoe meer duister, swart en besoedel word haar geskapenes. Let op dat hulle ook nog almal geeste was wat sy geskep he


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205