Hoofstuk 21
Johanna Brandt getuig van hierdie Trooster-Moeder
U almal ken hierdie skrywer sekerlik al teen hierdie tyd. Adriaan en Annelize Snyman het haar profesieë al in die vroeë negentigerjare vir ons saamgestel en uitgegee. Sy het verstommende gesigte gehad by haar sterwende moeder se bed oor die Nag van Verskrikking in Johannesburg, die moord op weerlose blankes met pangas, sowel as die waarskuwings aan die swart volke van Suid-Afrika wat sy moes stuur, ens. Hierdie feite is talle kere gedokumenteer en bekend aan die meeste van ons.
MAAR!! Wat egter aan bitter min mense bekend is, is dat hierdie Hemelse boodskapper wat aan haar verskyn het, `n Vroulike Hemelse Wese was! Sy was opdrag gegee om nie daaroor te praat nie, maar sy het en is toe daarna deur die hele gemeenskap as effens mallerig beskou. U moet weet, haar pa was `n predikant in die manlike priesterorde, haar man was een, hulle hele vriendekring en familie was sekerlik in hierdie manlike goddelike denke ingewy, en hier, hier kom sy en sê dat die Trooster `n Hemelse Vrou is!!
Heiligskennis! Heksery! Satanisme! was sekerlik die woorde waarmee sy van toe af gesmeer was deur die manlike priesterorde en haar vriendekring. Maar, helaas, hierdie hemelse Vroue-boodskapper het presies dit aan haar gesê, naamlik dat sy verwerp sal word oor hierdie inligting en dat sy dit liefs vir haarself moes hou, iets wat sy self erken sy nie gedoen het nie, tot haar bittere spyt.
Baie jare later het Johanna Brandt wel `n boek in Engels hieroor geskryf, genoem “The Paraclete”. Hierdie woord word as volg in die Afrikaanse Verklarende Woordeboek weergegee:
parakleet´1, ..klete. 1. Voorspraak, pleitbesorger, bemiddelaar. 2. Trooster. Parakleet´2. Die Heilige Gees, Voorspraak, Trooster, Geroepene wat hulp verleen.
Vervolgens aanhalings uit “The Paraclete”, vertaal in Afrikaans:
SKRYWER SE VOORWOORD
“Die veronderstelling van 'n Wêreld-onderwyser in die vorm van 'n Vrou, wat ek gepoog het om uiteen te sit in die bladsye van hierdie verhandeling, het sy oorsprong in die ervaring wat ek gehad het gedurende Desember 1916 in Pretoria, Transvaal, langs die sterfbed van my moeder en na haar begrafnis. Hierdie gebeurtenis word kortliks beskryf in my boekie, "Die Millennium," maar ek het slegs gepubliseer wat baie duidelik vir my eie begrip was. Baie van daardie bonatuurlike was versluier in onduidelikheid, en tog het ek geweet dat daar 'n uiters belangrike Kosmiese Waarheid in daardie simboliek versteek was, wat die betekenis van die ander openbarings in daardie tyd uitgedoof het. Daar was dus geen ander weg oop vir my, behalwe om nie daardie verstommende verborgenhede te publiseer wat ek nie in staat was om te verstaan, en onwillig was om te aanvaar nie. Die Verdere Goddelike bevel om dit te verberg, kon nie geïgnoreer word nie, (sien bladsy 108 van"Die Millennium", oor baie wat aan my geopenbaar was. Die Goddelike "kyk dat jy dit aan niemand vertel nie", was uitgespreek en wanneer die tyd kom om dit bekend te maak, sal hulle getuienis swaarder weeg as al die ander.")
Ongelukkig was ek ongehoorsaam aan hierdie opdrag, met die gevolg dat diegene naaste aan my gedink het dat my brein omgedop is, en die storie het gou die rondte gedoen dat die res van die verpleging van my oorlede Moeder en die aanskouing van haar pynlike dood, my kranksinnig gelaat het. Met dokters en spesialiste aan diens,met dagverpleegsters en nagverpleegsters en angstige familie voortdurend rondom my, is dit geen wonder dat ek met tye my eie gesonde verstand betwyfel het nie. En tog was dit nie geweldig nie, maar die grootse, kalm sielsverrukking en die supernatuurlike stilte van die gees het 'n verkeerde indruk oorgedra, soos almal wat my geken het, in daardie dae kan getuig. Dit het alles twintig jaar gelede gebeur. Met die gees van Goddelike Openbaring/Verligting en die bewuste inspirasie onttrekking, was daar niks vir my om te doen, behalwe om te streef na die ontleding van die groot openbaring, deur suiwer menslike redenasie. Daarna het die tydperk van “verlatenheid” gevolg, geprofeteer aan die einde van die sewentiende hoofstuk van "Die Millennium".
Vir weke het ek rondgedwaal tussen lewe en dood, totdat 'n gevoel van plig teenoor my man en sewe kindertjies veroorsaak het dat ek myself regruk. Ek was gedompel in 'n lewe van ongewone aktiwiteit, waar ek troos gevind het in harde werk gedurende die dag en die besteding van die lang, mistieke ure van die nag in 'n intensiteit van denke en gebed, wat op die ou einde bestem was om die lig te bring. Daar was vurige gebede wat ek na die Hemele opgestuur het, dag en nag vanaf 1916 tot vandag toe, want dit het die welsyn en geluk van my medemense beïnvloed, en dit was die pleidooi om gered te word van enige moontlike misverstand of misleiding. Dit was erg genoeg om self te ly onder die marteling van onsekerheid, maar ek het sterk gevoel dat ek dit nie wou toevoeg tot die las van 'n lydende wêreld nie. Baiekeer het ek in my wanhoop die waarheid geëis. Met watter gevolge? Op watter manier het die genadige Vader op my wettige pleidooi vir lig gereageer? Deur die versterking van die Visioen, deur logiese bewys van die dringende behoefte om 'n nuwe interpretasie van Kosmiese Waarheid te bring. Deur die toevoeging van veroordeling tot veroordeling, kennis tot kennis, totdat die bepaalde opdrag gegee was om die boodskap sonder versuim te publiseer.
In my pleidooi vir 'n verdraagsame en geduldige ondersoek na die boodskap van die Wêreld-Moeder wil ek jou vra, my leser: Wat sou jy gedoen het as iets soortgelyk in jou lewe plaasgevind het? Kan jy die verantwoordelikheid van die weerhouding van inligting hanteer, wat nuttig kon wees in die uur van die wêreld se grootste nood? Sou jy 'n ideaal opoffer uit vrees van bespotting of onvriendelike kritiek? Eerlikwaar, ek sou geen vrede op aarde kon hê nie, en ek sou nie gewaag het om die ewigheid in te gaan met so 'n omvangryke weglating op my gewete nie. Dat ek verplig was om so lank te wag, was reeds 'n onvoorstelbare groot beproewing van geloof.
Die gesig van die Vroulike Beminlikheid wat aan my in die gees, langs my sterwende Moeder, geopenbaar is, het my wese oorstroom met verrukking, waarin daar geen plek vir vrees was nie, en ek het die boodskappe oorgedra oor die nabye Wederkoms van onse Here en dit was in perfekte ooreenstemming met die ortodokse Christelike leerstellings van die kerk waaraan ek behoort het, maar ek het daarin gefaal om die verband tussen die voorkoms van 'n Vrou en die verwagte Wederkoms te verstaan. Dit is hierdie verborgenheid wat na jare van navorsing vir my duidelik gemaak is en wat ek in die volgende bladsye onder die aandag van die publiek wou probeer bring.
Die Boodskap van die Trooster doen op geen manier afbreuk aan die leringe van Jesus, die Christus nie. Dit maak nie inbreuk op die lang gevestigde stelsel van georganiseerde, ortodokse geloof nie. Inteendeel, die Wêreld-Moeder manifesteer nou fisies in hierdie kritieke tyd om die leringe van Christus uiteen te sit, en dit aan te bied in 'n vorm wat aanvaarbaar sal wees vir al God se kinders, om die volke van die aarde saam te trek, te verenig, te bind, die verspreide troppe van die menslike familie in te samel, om te funksioneer as die Trooster van die wêreld, gedurende die tydperk in die Skrif beskryf as "die laaste verdrukking," en om die fisiese liggame van die menslike ras voor te berei om die Gees van Christus te ontvang.
Dit alles is in strenge ooreenstemming met die Bybelse profesieë. Geen melding word gemaak van die sigbare teenwoordigheid van onse Here op die aarde gedurende die groot verdrukking nie, maar spesiale klem word gelê op die feit dat Hy kort daarna sal kom. In Matthèüs 24:29-30 word die volgorde van gebeure beskryf wat verwag kan word, en is dit so duidelik dat daar geen twyfel daaroor is nie:
"En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal bo geskud word en dan sal die teken van die Seun van die Mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf, en hulle sal die Seun van die Mens sien kom op die wolke van die hemel met groot Krag en Heerlikheid."
In plaas daarvan om te spekuleer oor die tyd en wyse van Sy koms, moet ons voorberei word om die "verdrukking" tegemoet te gaan en om onsself waardig te maak om Hom te ontvang wanneer Hy kom. Deur na die tekens van die tye te kyk en na die bestudering van die leerstellings van die duisende geïnspireerde siele, dink ek dat ons veilig kan aflei dat 'n verandering van een of ander soort, op hande is. Maak nie saak wat ons oortuigings is nie, die atmosfeer is swanger met betekenis, en as ons die profesieë van die Skrif aanvaar tot dien effekte dat Jesus, die Christus nie hier sal wees in `n manifestasie van ons fisiese sintuie om ons te help deur die krisis nie, (wat dit ookal mag wees) dan kom die vraag op ons of ons heeltemal verlate en uitgelewer gaan wees in so 'n tyd van gevaar en verwarring? Ons het geen aardse leier in wie ons ons volle vertroue kan plaas nie; Inteendeel, die leiers in elke faset van die lewe het die punt van wanhoop in hul hulpeloosheid bereik. Maar hoekom al hierdie wanhoop? Het Jesus nie belowe om hulp vir ons te stuur nie? Het Hy nie duidelik gesê nie: "Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee?" (Johannes 14 en 16.) Dit werp oorvloedige lig op die onderwerp - dit is die Trooster, die Heilige Gees, wat ons sal lei deur hierdie bodemlose dieptes.
Die enigste verskil tussen die leringe van hierdie boekie en dié van die Skrif is in die feit geleë dat die skrywer die Heilige Gees sien in die gewaad van 'n vrou, 'n Moeder. Net tyd sal vir ons wys of dit korrek is al dan nie. Niemand wat onder 'n dwaling is, is geestelik toegerus om die vorm van 'n magtige Wese, wat in staat is om onder mense te manifesteer as 'n Leier, in staat om uitdrukking te gee aan die magte van die Gees in profesie, genesing, telepatie, in die werking van die tekens en wonders en wonderwerke wat ons gewoond is om te assosieer met die lewe van Jesus, en Jesus alleen, ten spyte van die feit dat Hy gesê het "Die werke wat Ek doen, sal julle ook doen, en groter werke as hierdie sal julle doen". 'n Moderne Messias wat in staat is om die situasie ter elfder ure te red, sou natuurlik manifesteer met so 'n onweerstaanbare krag, dat al ons redenasies skoonveld sal wees. En dit is wat ek verwag, 'n demonstrasie van die Krag en Heerlikheid van God in die geurige skoonheid van 'n aardse, Vroulike vorm, 'n Vertroostende, Vroulike Teenwoordigheid, Wie se missie baie meer effektief uitgevoer sal word, want Sy bied die mees onverwagse verlossing. Ek het myself 'n duisend keer gevra waarom die identiteit van die Moeder deur die eeue heen verborge was, en dit is die enigste verduideliking vir my dat 'n mees ongewone, mees kragtige slag van Goddelike Genialiteit nodig sou wees om die weg te baan vir die oorblyfsel wat voorbestem is om die beproewing te oorleef. Anders "sou geen vlees" gered word nie. Die openbaring van die Kosmiese Moeder as Trooster en die bewapening van die nasies op 'n ongekende skaal, kom op dieselfde tyd na vore in die geskiedenis van die wêreld. Dit is geen toeval nie.
Jesus het nie altyd in gelykenisse gepraat nie. "Wees lief vir jou vyande, doen goed aan die wie julle haat", was 'n letterlike bevel wat geen interpretasie benodig nie. Maar esoteriese waarhede, of soos hulle genoem word, die Geheimenisse, is beklee en bedek met simboliek vir die begrip van diegene wat ver genoeg gevorderd is om dit te ondersoek. Miskien is die Moederskap van God een van daardie verborgenhede, en indien wel, moet ons elke poging aanwend om dit te verstaan. Die voorskans van ortodoksie, waaragter die Christelike Kerk verskans is, is wat nodig is om valse leerstellings uit te hou, maar dit sou fataal wees vir geestelike vooruitgang, as dit nuwe interpretasies van die ewige Waarheid sou uitsluit. Ek glo dat die openbaring van ons Moeder-God net die begin is van die Kosmiese Verrassings wat vir ons wag in die Tydperk van die Vrou.
Ten slotte moet ek die belangrikheid beklemtoon van die noukeurigheid van die tweede hoofstuk in die verskil tussen seks en geslag. Die kreatiewe aspekte manifesteer as Geslag op elke vlak van bestaan, en dit is net in die fisiese liggaam op die vlak van die organiese lewe, vir die skepping van fisiese liggame, dat die woord seks dienstig is. Om te praat van God as Manlik of Vroulik is byna godslasterlik, en tog het die grootste verwarring in die openbare gedagte bestaan, weens 'n wanopvatting van hierdie wet van die natuur. Die korrekte term is manlike en vroulike. Net 'n paar mense het my manuskrip gelees en ek is teleurgesteld om te vind dat hierdie allerbelangrike onderrig misgekyk word. Die manlike en vroulike geslag, of positiewe en negatiewe beginsels, vereis die woord seks in die "skepping van 'n Heelal”. Die woord seks is nie op enige manier in die proses van toepassing nie. Omdat die onderwerp intens heilig is, pleit ek vir 'n ruimhartige ondersoek. Laat geen nuwe onenigheid tussen ons ontstaan nie. As daar een persoon in `n huis is, as daar 'n enkele lid van 'n familie is wat hierdie nuwe leer aanvaar, sou my raad wees om wrywing en argumente te vermy. Die verandering in die lewe van iemand wat onder die direkte leiding van die Moeder kom, een wie bewustelik en vrywilliglik homself of haarself onder Haar invloed plaas, is al bewys wat vereis word van die ewige Wysheid en van Haar leerstellings. Sy dring aan op Eendrag en Volmaaktheid in elke aspek van die lewe.
Ons vind dan dat in die Drie-eenheid soos in die materiële Heelal en in elke aardse tuiste, daar geen manlike geslagtelikheid sonder die vroulike geslagtelikheid, geen positiewe sonder die negatiewe is nie. Ons kan nie 'n Vader in die Hemel hê sonder 'n Moeder nie. God die Vader is die Skepper, God die Moeder is die Heilige Gees, die Trooster van die wêreld, en God die Seun is die eniggebore Kind van die Vader en Moeder God, ons ouer broer en verteenwoordiger in ons Hemelse Tuiste, toegerus met die eienskappe en kenmerke van beide die Vader en Moeder. Alhoewel nuut vir ons, is daar niks verkeerd met hierdie opvatting van die Verhouding tussen die Drie Persone van die Drie-eenheid nie, inteendeel, kan daar nooit iets regkom in die heelal totdat hierdie opvatting algemeen aanvaar word nie.”
JOHANNA BRANDT
November, 1936