MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 15

Satan is ook beide manlik en vroulik in die Skrifte

As die positiewe Elohim manlik en vroulik is en dit is nou na 14 Hoofstukke sekerlik `n bewese feit, dan moet die getuienis oor Lucifer ook tog leidrade verskaf van manlike en vroulike eienskappe. Lucifer was eens geskape as die mees aanskoulikste engel in die hemele. Hy was die Lig, die eerste geestelike wese, geskape na die Beeld van die Allerhoogste Elohim. Hy was `n vrye wese, geskape met `n vrye wil. Omdat hy die beeld was van Elohim, moes hy ook tog manlik en vroulik in homself gehad het. Dit is so en ek heg `n belangrike aanhaling uit die NO, Groot Johannes Evangelie Boek 2, Hfs 156 aan waar die Engel Rafael getuig oor androgiene (tweeslagtige) aard van aartsengele, wat Lucifer eens ook was voor sy val die dieptes in.

Die manlike en die vroulike van die engele

[11] Die hoofman vra: .... Is daar by julle ook geslagtelike verskille?"

[12] Die engel (Rafael) sê: "Hoewel dit `n ietwat ontaktiese vraag is, wil ek, omdat jy dit slegs maar uit weetgierigheid vra, antwoord met nee! In ons bestaan van oergeskape geeste vind jy by ons, wat ontelbaar is, sonder uitsondering slegs maar die manlik-positiewe wese, maar tog is ook die vroulik-negatiewe grondbeginsels in elkeen van ons volkome aanwesig, en daarom vind jy in elke engel die volmaakte huwelik van die hemele van Elohim. Dit hang heeltemal van onsself af, na gelang of ons onsself in één en dieselfde geestelike omhulsel in die manlike of in die vroulike vorm wil laat sien.

[13] Weens die feit dat ons in onsself dubbele wesens is, lê ook die rede waarom ons nie ouer kan word nie, omdat die twee pole in ons mekaar ewiglik bly ondersteun. By julle mense is die pole geskei deur `n geslagtelik geskeie persoonlikheid en het daarom, omdat elkeen apart is, geen steun vir mekaar nie.

[14] As die geskeie persoonlike pole hulself egter uiterlik raak, neem hul krag af en lyk hulle soos `n wynsak wat steeds rimpelagtiger word namate `n mens hom meer van sy geesryke inhoud beroof het. As jy jou egter `n wynsak sou kon voorstel wat self steeds dit sou kon produseer wat mens daaruit haal, dan sou jy op sy oppervlak nooit die voue en rimpels ontdek wat sy uiterlike daar so oud laat uitsien nie. -

[19] Die hoofman sê: "Word daar dan in die hemel ook geëet en gedrink nie?"

[20] Die engel sê: "O ja, maar nie soos op die aarde nie, maar geestelik! Ons het die eeue deur die Woord van Elohim ook in ons, soos wat hemel en skepping deur die Woord bestaan en heeltemal daarmee vervul is. Die Woord is voorlopig ons wesenlike bestaan en vir dié bestaan is dit ook die enigste werklike lewensbrood en die egte lewenswyn. In ons are stroom dit net soos die bloed wat by julle stroom, en ons ingewande is gevul met die brood van Elohim."

Lucifer was `n groot skeppende entiteit en het die saad geproduseer met sy manlike polariteit en geskep met sy vroulike polariteit. Dink aan ons mense wat maar net ons eie beeld as mens kan produseer, terwyl hy as self `n androgiene wese,`n hele skepping uit homself kon voortbring, naamlik engele, mense, diere, plante en vaste bodem. Dit is presies wat engele gedoen het, maar in daardie skeppingstyd kon die Vader nie deur die engele gesien word nie, hulle kon die Godheid of Elohim slegs ervaar as `n Gees, as `n sagte skeppende briesie van Krag (NO).

Die hele skepping het die GROOT GEES aanbid, alhoewel hulle Hom nie kon sien nie, vanweë sy grootsheid en glansrykheid. Gaandeweg het Lucifer se hoogmoed toegeneem en hy ontken hierdie GEESTESKRAG en laat weet sy hele skepping dat hy die Elohim/God is en dat alle krag vanuit hom ontstaan. Hierdie verheffing veroorsaak toe `n val in die dieptes van duisternis vir hierdie hele oneindige skepping van Lucifer. `n Derde van sy engele rebelleer saam met hom en die ander tweederdes bly getrou aan Elohim. Hierdie rebellie is nie onmiddellik gestuit deur Vader nie, maar hierdie gevalle skepping het voortgegaan om verder en verder van Hom en Sy Gees af te beweeg. Omdat Lucifer `n vrye wese was, kon hy nog berou getoon en hom bekeer het. Omdat die krag van Elohim hom verlaat het, naamlik die Gees van Wysheid, het sy innerlike vroulike pool al hoe meer duister geword en bose skeppings begin voortbring. Ons lees in die Openbaring van Henog 11 die volgende:

53 Die Duiwel is die gees van besoedeling van benede, as ‘n vlugteling het hy Satana (sy nuwe duister vroulike gees) van die Hemele gemaak omdat sy naam Sataniël was, so het hy verskillend van die boodskappers geword,

54 maar sy geaardheid het nie sy intellek [kennis] verander wat sy begrip van Geregtigheid en oortreding betref nie.

Satan en hierdie gees, Satana, het hul hele voormalige volmaakte skepping vernietig met boosheid, tot op `n punt toe Vader sê: “Tot

hiertoe en nie verder nie, ter wille van die tweederdes wat my nie verlaat het nie, sal ek hierdie afwaartse proses nou stop”. Hierdie Satana gees is bymekaar gemaak, van haar mag ontneem en hierdie hele oneindige gees is binne-in die aarde gedruk en staan nou bekend as die Doderyk. Hierdeur is Satan se mag oor sy ganse skeppingsryk totaal ingeperk en is hy hoofsaaklik werksaam in die aardse sfeer van ons wêreld. Die hel/doderyk is werklik binne-in die aarde en is `n fisiese plek waar alle gevalle engele (eenderde rebelle) gevange gehou word, asook alle onregverdige siele van mense wat op hierdie aarde geleef het van Adam se tyd af. Voordat JaHshua as offer gebring is, was alle regverdige siele vanaf Adam ook hier geherberg, wel in `n afsonderlike plek, maar steeds in die doderyk. Die “ter helle neerdaal van Jahshua” was dan juis om hierdie geredde siele, wat nog vasgevang gesit het in die mag van hierdie vroulike Satana gees, te gaan uithaal en om hulle na die paradys, oftewel na die hemelse sfere, te bring. *(Jakob Lorber, Bertha Dudde, Openbaring van Henog 11, Jesaja en Esegiël)

Ons vind egter `n pragtige en duidelike bewys van hierdie androgiene aard van Satan en Doderyk (Satana) in die antieke geskrif, genaamd die Evangelie van Nikodémus. Hierdie is egter geen evangelie nie, maar `n wettige dokument van die Sanhedrin, deur Nikodémus as skrywer opgestel oor drie mense wat in die doderyk was ten tye van Jahshua se neerdaling in die hel en wat opgestaan het uit die dode. Die Sanhedrin het van hulle te hore gekom, hulle voor die Raad van Kajafas gedaag en elkeen moes afsonderlik voor die Sanhedrin getuig. Elkeen se verhaal was eenders en daarom moes hulle verhaal as waarheid verklaar word, want volgens die Wet van Moses berus die waarheid op die getuienis van twee of drie. Hierdie dokument word natuurlik verswyg deur die addergeslag wat ons Verlosser vermoor het, tot vandag toe. Maar dank Vader, ons het die Boek van Herinnering waarin hierdie boek voorkom. Ek haal aan uit die gesprek tussen Satan en Satana (Doderyk) in die doderyk tydens JaHshua se neerdaling daarin.

Satan en die Doderyk in beroering.

4 EN terwyl hulle almal so vreugdevol was, kom Satan, die heerser oor die duisternis, en sê vir die Doderyk/Sheol:

1a Allesverslindende en Onversadigbare, luister na my woorde! [Spreuke 30:16]

1b Daar is iemand uit die geslag van die manne van JeHûWdah, JaHWèshua, wat Homself die Seun van Elohim noem, maar Hy is ‘n adamiet en met ons medewerking het die Jode Hom gefolter.

1c En noudat Hy dood is, maak jou klaar sodat ons Hom hier in bewaring kan neem.

1d Want ek weet dat Hy ‘n adamiet is en ek het Hom hoor sê: My Siel is uitermate bedroef, ja, tot die dood toe.

1e En Hy het my baie kwaad aangedoen in die bowewêreld onderwyl Hy tussen die adamiete verkeer het.

1f Want oral waar Hy my dienaars gekry het, het Hy hulle vervolg; en soveel adamiete as wat ek gebreklik of blind of lam of melaats of so iets gemaak het,

1g dié het Hy deur ‘n enkele woord genees, en baie wat ek vir die graf gereed gemaak het, het Hy weer met ‘n enkel woord lewendig gemaak.

2 Doderyk/Sheol sê: En is Hy inderdaad so magtig dat Hy sulke dinge kan doen deur een enkele woord? Of kan jy Hom, as Hy so is, weerstaan?

2a Dit lyk vir my niemand sal Hom kan weerstaan nie. Maar as jy sê dat jy gehoor het dat Hy die Dood vrees, het Hy dit seker maar gesê om jou te bespot en uit te lag, terwyl Hy met ‘n Sterke Hand op jou wil toeslaan. En wee, wee jou vir ewig!”

2b Satan sê: Allesverslindende en onversadigbare Doderyk/Sheol, het jy so bang geword noudat jy van ons gemeenskaplike vyand gehoor het?

2c Ek het Hom nie gevrees nie, maar ek het die Jode aangesit en hulle het Hom gefolter en Hom ook gal gemeng met asyn gegee om te drink.

2d Maak jou dus klaar om Hom, wanneer Hy kom, met krag te oorweldig.”

3 Doderyk/Sheol antwoord: Vors van die Duisternis, Seun van die verderf, jy het net nou vir my gesê dat Hy baie van hulle wat jy vir die graf gereed gemaak het, met ‘n enkele woord weer lewendig gemaak;

3a as Hy dan baie ander van die graf bevry het, hoe en met watter mag sal Hy deur ons vasgehou word?

3b Self het ek ‘n tydjie gelede ‘n sekere dode met die naam van El-Azer (Laserus) ingesluk, en kort daarna het Iemand uit die lewendes hom weer deur ‘n enkele woord uit my ingewande met geweld teruggeruk. [JeHôWganan 11]

3c Nou glo ek dat dit Hy is van wie jy praat. As ons Hom dus hier opneem, vrees ek dat ons miskien in gevaar verkeer ten opsigte van die ander [dodes] ook.

3d Want ek het alle adamiete van die begin af ingesluk, en kyk, ek merk dat hulle onrustig word en ek voel pyn in my ingewande;

3e en hierdie El-Azer wat reeds vroeër van my af weggeruk is, lyk vir my nie na ‘n goeie teken nie, want hy het van my af weggevlieg, nie soos ‘n dooie adamiet nie, maar soos ‘n arend, só haastig het die Aarde hom uitgewerp.

3f Daarom besweer ek jou by jou gawes en by my eie dat jy Hom nie hierheen bring nie, want ek glo dat Hy hierheen kom om al die dodes op te wek.

3g En dit sê ek vir jou by die buitenste Duisternis, as jy Hom hierheen bring, sal nie een van al die dodes in my agterbly nie.

Die Erekoning oorwin die Doderyk.

5 TERWYL Satan en Doderyk/Sheol besig was om so met mekaar te praat, klink daar n groot Stem, soos van donder, wat sê:

1a Hef op jul poorte, o vorste, en verhef julle, ewige deure, en die Erekoning sal binnetree! [Psalm 30:3; Odes van Salomo 17:9-11]

1b Toe

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205