MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 1

Mevrou, na wie se beeld is u geskape?

Vir duisende jare klink hierdie vraag al op: “Mevrou, na wie se beeld is u geskape”? Nêrens kon ek ooit enige geskrifte vind wat hierdie geheimenis kon uitklaar nie. Ek persoonlik het hierdie vraag al aan so baie vrouens gerig, en dan antwoord hulle almal, “maar na God se beeld, natuurlik, soos in Génesis 1:26 tot 27”.

Gen 1:26: En Elohim het gesê: Laat ONS adamiete maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die hele Aarde en oor al die diere wat op die Aarde kruip.

Gen 1:27: En Elohim het die adamiet geskape na SY beeld; na die beeld van Elohim het HY hom geskape; man en vrou het HY hulle geskape. [Maleagi_2:15]

Dan vra ek hulle gewoonlik die volgende:

Maar Mevrou, dit is tog onmoontlik, want God/Elohim is dan `n man, of dan manlik? Het ons nie almal in die Bybel, in die Sondagskool en in die katkisasie geleer dat die Godheid manlik is nie? JaHshua se dissipel vra Hom die volgende in Johannes 14:7-9:

7 As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

8 Filippus sê vir Hom: Meester, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.

9 JaHWèshua sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

Verder is die Skrifte duidelik dat JaHWèshua op die agste dag besny is, dus onomwonde en duidelik `n man!

Lukas 2:21 En toe agt dae vervul was, en die Kindjie besny is, het hulle Hom JaHWèshua genoem, die Naam wat deur die Boodskapper gegee is voor Sy ontvangenis in die moederskoot.

Dit laat ons nou met `n dilemma, want as die aardse geskape mens `n beeld van die Godheid is, en volgens Génesis 1:26-27 is dit tog ongetwyfeld so, waar is die vroulike in die Godheid, want Adam is sekerlik geskape volgens die beeld van die Seun en volgens Johannes 14:7-9 is Adam dan ook beeld van die Vader.

 

Die meeste kerke leer ons egter dat die Heilige Gees `n derde persoonlikheid van die Drie-enige God is en dat hierdie manlike persoonlikheid óf een is met Vader, óf as `n ander persoonlikheid naas Vader en Seun bestaan. Drie-in-een en/of drie losstaande as een. Dus is die Heilige Gees volgens hulle ook `n manlike entiteit, want die volgende staan geskrywe in die Ou Afrikaanse Vertaling en die Nuwe Vertaling in Johannes 14:16-17:

16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Hierdie is maar een plek, maar daar is talle ander waar die Heilige Gees wat vir ons uitgestort is, ook as manlik beskryf word en wat in hierdie tydperk na die kruisiging in ons werksaam sal wees. Omdat die Godheid dan nou slegs uit 3 bestaan, naamlik Vader, Seun en Heilige Gees, sien ons dus dat die volkome Godheid/Elohim slegs as manlik aangebied word, aldus alle kerke.

En hier sluit ek alle kerke, naamlik Rooms-Katoliek, Protestants, Calvinisties, Charismaties en helaas ook alle Israelkerke en gemeentes in Suid-Afrika in. Deur die bank verkondig hulle almal hierdie SLEGS MANLIKE GODHEID/ELOHIM en raak ballisties as jy enigiets bevraagteken oor die begrip van hulle Godheid! Of die Godheid as een of as drie gesien word, maak nie saak nie, dis uit-en-uit manlik, punt! Hier volg `n Aanhaling uit die Nederlandse Geloofsbelydenis:

“Verder moet ons ook let op die besondere ampte en op die werkinge van die drie Persone met betrekking tot ons: Die Vader word ons Skepper deur sy krag genoem; die Seun is ons Saligmaker en Verlosser deur sy bloed; die Heilige Gees is ons Heiligmaker deur sy inwoning in ons hart.”

`n Aanhaling uit die Geloofsbelydenis van Nicea, die eerste kerk-sinode:

“Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.”

Mevrou, my vraag aan u is weer, na wie se Beeld is u dan geskape? As daar slegs 3 manlikhede in die Godheid is wat in Génesis 1:26-27 met mekaar saampraat en ooreenstem om die eerste mensepaar Adam en

Eva (man en vrou) te skape na hulle beeld en gelykenis, vra ek weer, waar is die Hemelse Vrou in die Godheid? Want Eva is die onteenseglike bewys dat daar `n vrou of `n vroulikheid teenwoordig moes wees toe Adam en Eva in bestaan gespreek was.

As dit nie so is nie, moes God/Elohim vir Adam en Steve gemaak het en nie Adam en Eve nie. Sien u hoe belaglik is hierdie veronderstelling, naamlik dat daar geen vroulike entiteit teenwoordig was met die skepping van die mens en ook nie met alles wat vooraf geskape is nie!

Feitlik alle diere en alle plante werk op dieselfde beginsel, naamlik dat manlik en vroulik noodsaaklik is om te kan voortbestaan. Die manlike dra die saad en doen die bestuiwing en die vroulike is verantwoordelik vir die ontkieming en voortplanting. So is die hele skepping dus `n beeld van manlikheid en vroulikheid wat ons met nog `n groter soeke laat na waar hierdie wonderlike ander vroulike helfte, oftewel Goddelike Wederhelfte Haar bevind.

Mevrou, as u nou nog nie hierdie boekie neergegooi het nie, wag daar vir u `n wonderlike geestelike belewenis in ons volgende soeke na hierdie wonderlike vroulike Hemelse Entiteit, na Haar wie so diep weggesteek was vir duisende jare, weggesteek deur `n opeenvolgende manlike priesterorde, `n orde wat strek regdeur die Rooms-Katolieke, regdeur die Protestantse, tot in ons Volkseie kerke se geloofsbelydenisse. `n Orde van ontkenning van die vrou in haar regmatige Skeppingsposisie as die skeppende beeld van die mensdom, as vroulike mede-heerser saam met haar man as haar hoof in die volkome goddelike huwelik tussen man en vrou!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205