MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk30

Verskeie verborge verse nou geopenbaar

Verskeie lukrake verse sal nou hier gegee en kortliks verklaar word, sodat u sal sien dat hierdie tema van die Moeder in verborgenheid, wat tot nou toe in hierdie boek behandel is, `n deurlopende tema regdeur die Skrif is, vanaf Génesis tot Openbaring. Soos wat u nou die manlike en vroulike woorde onder die knie begin te kry, sal u na `n volgende dieper insigvlak in die Woord beweeg. `n Vinnige voorbeeld:

Psalm.23.4 Al gaan ek ook in die dal van Doodskaduwee, ek sal geen besoedeling vrees nie; want U is met my: U Septer en U Staf die vertroos my.

Is dit nie nou duidelik nie? JaHshua (manlike) is die Septer en die Trooster (Vroulike) is die Staf, soos in ons verhaal van Sippora. Ons moet beide hê, eerstens word ons siele gevul met die Staf, die Gees, en namate ons wedergeboorte verdiep, ons volkome sal verenig met die Stok en dan die vleis van die Woord van JaHshua/Trooster sal ontvang en nie net die melk nie! Dink ook aan Moses se Staf, die teëbeeld van die Moeder. Die Moeder het die see gekloof vir die volk, die Moeder het die rots se water laat uitloop, dit alles terwyl die Moeder in die dag as wolkkolom en in die nag as vuur sigbaar was (ook so volgens Sirag 24). Vir ons in hierdie bedeling, sal ons geen tasbare Staf ontvang nie, ons sal Haar op ons harte ontvang, sodra ons ons harte open vir die werking van die Gees van Waarheid in onsself. Kan u die absolute noodsaaklikheid insien van hierdie kennis? Kom ons lys `n klompie verse, sommer net geneem uit die Boek van Herinnering.

 

Jesaja 26

Die regverdiging van JaHWeH.

26:1 IN dié dag sal hierdie lied gesing word in die Aarde van JeHûWdah: ’n Sterk Stad het Ons; Verlossing sal aangewys word tot mure en skanse.

2 Maak oop die Poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die Waarheid bewaar!

3 U sal ’n standvastige gesindheid in volle Vrede bewaar, want hulle vertrou op U.

4 Vertrou op JaHWeH vir ewig, want JaHH, JaHWeH is ’n Ewige Rots.

`n Stad is altyd vroulik (sien Tabel) en hier is dit die Nuwe Jerusalem, die Nuwe leer waarin ons moet kom, waarvoor ons ons innerlike hartspoorte moet oopmaak, sodat Waarheid (die Trooster) kan ingaan. In vers 3 getuig die Trooster van JaHshua, Hy is die U en dan sluit Sy af met JaHH (vroulik vir Trooster) JaHWeH (manlike) is die volmaakte androgiene Rots!

5 Want Hy werp die bewoners van die hoogte neer, haar verhoogde vesting; Hy het haar neergegooi, sy [is] neergegooi op die Aarde, haar laat kom tot op die stof.

6 Haar Voet vertrap haar, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.

Die voet van die Gees van Waarheid vertrap die verhoogde vesting van Satana se priesterorde, van Babilon, wat beteken lering van vermenging deur verwarring.

16 JaHWeH, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe U Tug hulle getref het.

17 Soos ’n Bevrugte Vrou wat naby die tyd kom dat Sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar wee, so was Ons vanweë U Aangesig, o JaHWeH! [JeshaJaH 66; Openbaring 12:4-5]

18 Ons was swanger, het weë gehad - dit was asof Ons gees gebaar het; Ons het die Aarde geen Verlossing aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.

Sien u die getuienis van ons Moeder wat saam met ons baar? Sy lei die innerlike wedergeboorte saam met elkeen van ons beide as vroedvrou en as die barende self.

19 U dode sal herlewe, My lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want U Dou is ’n Dou van die Lig, en die Aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.

20 Kom, My volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ’n klein oomblik, totdat die Grimmigheid verbygaan.

21 Want kyk, JaHWeH sal uit Sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die Aarde te straf; en die Aarde sal die bloed openbaar maak wat deur haar gedrink is, en die wat op haar gedood is, nie langer toedek nie. [Openbaring 8; Openbaring 16]

U (JaHshua se) dode, My (Trooster se) lyke sal opstaan, U Dou is Lig (altyd vroeg in die môre en verwys weer na die Trooster). Weer getuig Sy in vers 21 van Hom wat uit Sy plek uitgaan ....

Jesaja 42:

Die Kneg van JaHWeH.

42:1 DAAR is My Kneg wat Ek ondersteun, My Uitverkorene in wie My siel ’n welbehae het. Ek het My Gees op Hom gelê; Hy sal die Reg laat uitgaan na die nasies. [JeshaJaH 4:4]

2 Hy sal nie murmureer of uitroep of Sy stem op die straat laat hoor nie.

3 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; Hy sal deur Waarheid die Reg laat uitgaan. [JeHôWganan 14:26]

4 Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die Reg op Aarde gegrond het nie; en die eilande wag op Sy Wet.

5 So sê die El, JaHWeH wat die Hemele geskape en hulle uitgesprei het, die Aarde uitgespan het saam met wat van haar voortkom, wat die asem aan die volk van Haar gee en die Gees aan hulle [wat] in Haar wandel:

6 Ek - JaHWeH, het Jou geroep in Geregtigheid, en Ek vat Jou Hand en behoed Jou en gee Jou as ’n Verbond vir die volk, as ’n Lig vir die nasies, [MattithJaHûW 12:13]

7 om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die Duisternis sit. [Hooglied 2:9]

Hier getuig Sy van Hom, JaHshua, Haar Uitverkorene Man op wie die Gees geplaas is, eerstens die Gees van Wysheid en toe later die Gees van Waarheid, sodat die Reg deur Waarheid sal uitgaan. In vers 6 spreek JaHWeH Vader self en getuig van hierdie Gees (met `n hoofletter geskryf) en dit verwys direk na Haar wat as Verbond aan ons gegee is as die innerlike Lig, naamlik die vroulike Gees.

Vervolgens getuig die Gees weer as volg en let op die Hy en Hom (Vader) en Ek (Moeder):

13 JaHWeH sal uittrek soos ’n dappere; Hy sal die ywer opwek soos ’n Krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen Sy vyande Hom as dappere openbaar.

14 Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos Een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd.

15 Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante laat verdor; en Ek sal riviere tot eilande maak en waterplasse laat opdroog.

16 En Ek sal blindes lei op ’n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die Duisternis Lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

Net `n Moeder kan baar en skreeu en hyg, ook lei die Moeder die blindes soos wat ons nou in hierdie boek gesien het, naamlik op `n weg wat ons nie voorheen geken het nie, `n heeltemal nuwe vreemde weg.

 

Jesaja 44:8

8 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is My getuies! Is daar ’n Elowahh buiten My? Ja, daar is geen Rotssteen nie; Ek ken geeneen nie. [DaniEl 2:34]

Elowahh is die Vroulike Godheid/Elohim, want Elowahh gaan uit met dubbel “h” net soos in HalleluJaHH, wat die vroulike aandui. Hierdie is nog `n bewys dat die Rotssteen wat verwerp is waarvan 1 Petrus 2 spreek, die Moeder is wie verwerp word deur die hele wêreld, want die hele Christendom bely vir Jesus, maar verwerp die Trooster, die Gees van Waarheid, die Rotssteen waarop ons ons innerlike huise moet bou, sodat ons self geestelike stene in hierdie huis van JaHshua kan wees, met die vroulike Eloahh as Hoeksteen.

 

Jesaja 49

Sion word verlos.

49:14 MAAR Sion sê: JaHWeH het My verlaat, en My Meester het My vergeet!

15 Kan ’n Vrou Haar Suigling vergeet, dat Sy Haar nie ontferm oor die seun van Haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék Jou nie vergeet nie!

16 Kyk, Ek het Jou in die handpalms gegraveer; Jou hegting is voortdurend voor My.

17 Jou seuns kom gou, [maar] Jou verwoesters en Jou vernielers sal van Jou af wegtrek.

18 Slaan Jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na Jou toe! So waar as Ek leef, spreek JaHWeH, sekerlik sal Jy hulle almal aansit soos ’n versiersel, hulle ombind soos ’n Bruid.

Hierdie vers is op die Sion volksverband, sowel as die Hemelse vlak waar. So sal die Moeder ons as Haar versiersel ombind, sodat die versiersel die Bruid (Sion) sal vorm. Dan sal hierdie eengeworde Bruid die ander kinders na Haar toe bring.

49:21 Dan sal Jy in Jou hart sê: Wie het vir My hierdie [kinders] gebaar, aangesien Ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, Ek het toe alleen oorgebly; hierdie [kinders] - waar was húlle? [2 Ezra 10]

50:1 SO sê JaHWeH: Waar is tog die skeibrief van julle Moeder waarmee Ek Haar weggestuur het? Of wie is daar van My skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul skuld van ongeregtigheid is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle Moeder weggestuur. [2 Konings 4:1]

Hoe duidelik openbaar Vader dit nie hier nie, Sy die Moeder moes van Haar Manlike polariteit verwyder word, as gevolg van die oortredinge van Haar ongehoorsame kinders.

 

Jesaja 62:

Die Bruilof

62:1 TER wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat Haar Geregtigheid uitbreek soos ’n glans en Haar Verlossing soos ’n fakkel wat brand.

2 En die nasies sal Jou Geregtigheid sien en al die konings Jou Glansrykheid; en Jy sal met ’n nuwe naam genoem word wat die Mond van JaHWeH sal noem.

3 En Jy sal ’n Sierlike Kroon wees in die Hand van JaHWeH en ’n Koninklike Tulband in die Handpalms van Jou Elohey.

4 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en Jou Aarde sal nie meer genoem word Verwoesting nie. Maar Jy sal genoem word: Geftsí-Bah (My behae is in Haar), en Jou Aarde: Beula(Getroude); want JaHWeH het ’n behae in Jou, en sal Jou Aarde se Besitter wees. [2 Konings 21:1]

5 Want soos ’n Jonkman ’n Maagd trou, so sal Jou kinders Jou trou; en soos die Bruidegom bly is oor die Bruid, sal Jou Elohey oor Jou bly wees.

Teen hierdie tyd weet ons wie die Kroon is, naamlik die Waarheid of Trooster, en hierdie lofprysing is aan die Trooster gerig, wie ook Jerusalem is, wie JaHshua se Getroude sal wees en so sal ons die volkome huwelik bywoon, of soos dit hier staan, ons sal Manlik (JaHshua) en Vroulik (Trooster) in onsself laat een word oftewel trou met mekaar. Hier kom nog `n ander wonderlike belofte, naamlik dat die Troostermoeder met `n Nuwe Naam genoem sal word (vers 2) soos ook belowe in Openbaring 3 vir die uitverkorenes in die gemeente Filadelfia, wie die Kroon (Trooster) ontvang, wie pilare in Sy tempel sal wees: Openbaring 3:12-13

12 Wie oorwin, Ek sal hom ’n pilaar in die Tempel van My Elohey maak, [1 ShemuEl 2:8] en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van My Elohey skrywe en die naam van die Stad van My Elohey, van die nuwe Jerusalem, wat uit die Hemele van My Elohey neerdaal, en My nuwe Naam. [JeshaJaH 61:3]

13 Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Twee bewyse dus dat die Gees `n nuwe Naam gegee sal word en dat slegs sekere uitverkorenes hierdie Naam sal ken, naamlik die wat oorwin. Wat moet hulle oorwin, anders as die leuens van die Christendom, naamlik die vals leer van die manlike priesterdom? Mevrou, weereens nooi ek u uit om hierdie Naam te kry, want Vader het reeds hierdie inligting aan ons in Suid-Afrika openbaar. Hierdie boek met Haar NUWE NAAM is tans beskikbaar by die Dogter van Sion.

 

Jesaja 66

66:1 SO sê JaHWeH: Die Hemele is My Troon en die Aarde die Voetbank van My Voete. Waar is dan die Huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat My rusplek sal wees? [Génesis 1:1; 1 Kronieke 28:2; Psalm 99:5]

6 Hoor - ’n rumoer uit die Stad! Hoor - uit die Tempel! Hoor - dit is JaHWeH wat Sy vyande hulle dade vergeld!

7 Voordat Sy Weë gekry het, het Sy gebaar; voordat smart oor Haar gekom het, is Sy van ’n seuntjie verlos. [2 ShemuEl 1:28; 2 Konings 4:17; JeshaJaH 65:9; Openbaring 12]

8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Sal die Aarde op een enkele dag geboorte skenk? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het Weë gekry, meteens Haar kinders gebaar.

9 Sou Ek naby die geboorte bring en Haar nie laat baar nie? sê JaHWeH. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou Elohey.

10 Wees bly saam met Jerusalem en juig in Haar, almal wat Haar liefhet! Wees vrolik saam met Haar, baie vrolik, almal wat treurig oor Haar was!

11 sodat julle kan suig en versadig word aan die Bors van Haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die volheid van Haar Glansrykheid.

12 Want so sê JaHWeH: Kyk, die Vrede lei Ek na Haar toe soos ’n rivier en die rykdom van die nasies soos ’n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.

13 Soos iemand wat deur sy Moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.

14 En julle sal Haar sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die Hand van JaHWeH bekend word aan Sy knegte, en Hy sal op Sy vyande grimmig wees. [2 Ezra 7:26]

Waar is die geestelike Huis anders as in ons harte, innerlike eenwording met JaHshua deur die Trooster/Jerusalem in onsself, sodat ons aan Haar bors kan suig en ons verlustig in Haar Waarheid, sodat ons die 1000jarige Vrederyk kan beërwe, waar Sy ons as Moeder sal troos en ons HAAR MET ONS EIE OË SAL SIEN, Sy die werkende Hand van JaHshua!! Nou eers kom die volgende verse in Odes van Salomo 33 tot sy reg en is dit verstaanbaar.

 

Odes 33

[Die Gees van Waarheid spreek:]

5 MAAR ‘n Volmaakte Maagd het gestaan, en aangekondig en uitgeroep en gesê,

6 Draai om, julle seuns van adam, en julle, hulle dogters, kom,

7 En verlaat die weë van verdorwenheid en kom na My;

8 En Ek sal julle binnedring en julle uit vernietiging haal en julle wys maak in die Weë van Waarheid.

9 Moenie verdorwe raak nie, en moenie tot niet gaan nie.

10 Luister na My en word verlos. Want Ek verkondig aan julle die Barmhartigheid van Elohim.

11 Deur My sal julle verlos word en geseënd word: Ek is jul Regter.

12 En diegene wat hulle met My beklee, sal nie verwerp word nie, maar sal Onverdorwenheid in die nuwe wêreld verkry.

13 0 My uitverkorenes, wandel in My! En Ek sal My Weë bekend maak aan hulle wat My soek, en maak dat hulle in My Naam sal vertrou. [Wysheid van Sirah 15:1-10]

Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Wat anders kan `n volmaakte Koning van die Heelal as Bruidsgees kry, anders as `n Volmaakte Bruid? Hier besing Sy Haar krag, nadat Sy innerlik EEN geword het met JaHshua, na Sy opstanding uit die dode, waar Sy nou ons Regter is in ons innerlike wese, naamlik die Stem van die Gewete, ons eie innerlike Regter wanneer ons onsself met Haar beklee. Haar weë sal egter net bekend gemaak word aan hulle wat Haar Naam sal ken en daarop vertrou. Weereens Mevrou, soek daardie Naam!! Waarom? Want die hele wêreld sal die vervalsing, die vals Bruilof aansien as die ware een, soos in die volgende Ode 38 verhaal.

 

Ode 38:

[Die wêreld sal die nabootsing volg]

38 EK gaan op in die Lig van Waarheid soos in ‘n strydwa, en Waarheid lei my en bring my,

2 en Sy neem my oor die afgronde en skeure, en  Sy red my van kranse en valleie;

3 Sy word vir my ‘n hawe van Verlossing, en plaas my neer op die arms van die Ewige Lewe:

4 En Sy gaan saam met my en gee my rus, en laat my nie oortree nie, want Sy is Waarheid.

5 Ek is in geen gevaar nie, want ek wandel met Haar, en ek oortree in niks nie, want ek gehoorsaam Haar;

6 Want dwaling wyk van Haar, en ontmoet Haar nie.

7 Maar Waarheid gaan op ‘n reguit Weg en alles wat ek nie weet nie, wys Sy my,

Kan daar engige twyfel wees dat dit die Stem van die innerlike Gewete is van diegene wie Haar, die Trooster gevind het?

8 Selfs al die bedwelminge van oortreding, en al die kastydings van die dood, wat gereken word as soetheid.

9 Die Verderwer van verdorwenheid het ek gesien, terwyl ’n bruid wat verdorwe is, besig was om haarself te tooi; selfs ’n bruidegom wat verlei en bedorwe is;

Lucifer het OOK `n bruidegom en `n bruid, beide verdorwe en bedorwe, naamlik die Manlike Drie-eenheidsgod as bruidegom en sy kerk as die vals bruid in die vals verkondigde bruilof van Christendom! Regte nabootsers, deurtrek en dronk gedrink van die hoerwyn van Babilon, en selfs nadat lidmate die kerk verlaat het, is hulle nog rasende en bedorwe, omdat hulle DIE WAARHEID NIE SOEK NIE!

10 En ek het Waarheid gevra: Wie is hierdie? En Sy het vir my gesê, hy is die Bedrieër en sy is die Dwaling;

11 Hulle boots die Geliefde Een en Sy Bruid na, en veroorsaak dat die wêreld dwaal, en verderwe haar; [Openbaring Hfs. 13, 17 & 18]

12 En hulle nooi baie uit na ‘n feesmaal en gee aan hulle die wyn van hul dronkenskap om te drink,

13 Hulle maak dat hulle hul wysheid en insig braak e


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205