MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 2

Vervalste begrippe deur vertalings

Soos in ons voorwoord genoem, gebruik ons die Boek van Herinnering as ons Skrif vir verwysings en wel om die volgende vernaamste rede, bo en behalwe die feit dat hierdie weergawe die korrekste Afrikaanse vertaling is aan die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tekste:

In die Hebreeuse taal bestaan daar geen begrip of woordjie, “dit” (onpersoonlike voornaamwoord) nie, maar alle verwysings na selfstandige naamwoorde is óf manlik óf vroulik. Hierdie Hebreeuse begrip is regdeur die Skrif reggestel in die Boek van Herinnering, want alle vertalers het in hulle vertalings die vertaalde taal se taalreëls gebruik en het nie die Hebreeuse gebruik van manlike en vroulike woorde in hul vertalings oorgedra nie.

Tydens die vertaling van die Boek van Herinnering, Vierde Druk, is al hierdie begrippe reggestel soos in die oorspronklike Biblia Hebraica Stuttgartensia van Kittel, dieselfde Hebreeuse Bybel wat alle teoloë en predikante in hul studeerkamers aanhou. Selfs in die vertaling vanuit die Griekse Nuwe Testament (die Textus Receptus van Schrivener, 1588) is hierdie begrippe in ooreenstemming gebring met die Hebreeuse tekste. `n Aanhaling uit die aanhangsel wat die vertalers van die Boek van Herinnering saamgestel het, lui as volg:

“In die Hebreeus bestaan geen “dit” nie, alles is óf manlik, óf vroulik. Indien enige vertaling dus korrek gedoen word, moet dit hierdie Hebreeuse kenmerk weerspieël, daar is geen omslagtigheid soos byvoorbeeld in die Duits nie. In hoeverre die woorde werklike geslagtelikheid aandui en in hoeverre dit slegs ‘n taalverskynsel is, is nie bekend nie. Waar entiteite, persone, diere, ensovoorts, betrokke is, is dit egter duidelik. Daar is Hebreeuse woorde met manlike voorvoegsels en vroulike agtervoegsels, met vroulike voorvoegsels en manlike agtervoegsels, met manlike voorvoegsels en manlike agtervoegsels, met vroulike voorvoegsels en vroulike agtervoegsels. Hierdie voor en agtervoegsels vorm die stamwoordverbuigings, sowel as die aanduiding van tyd (‘tense’)

Soos u kan sien, lyk dit met die eerste oogopslag redelik kompleks, maar namate `n mens gewoond raak daaraan, word dit tweede natuur. Alle houers is byvoorbeeld vroulik in Hebreeus, soos `n beker, vaatjie, ark, boot, mandjie ens. Logika sê mos dat dit vroulik moet wees, want die

vrou is mos die houer van die saad. Ook is fontein en bron vroulik, want `n vrou het ook `n fontein wat van haar uitvloei, helaas vloei dood ook nou uit haar fontein as gevolg van die sondeval, maar sy is `n fontein. So is melk ook vroulik, wat tog logies is. Manlike woorde weer is saad, woord, ens.

Vir u gemak, gaan ek `n tabel hier invoeg wat die geslagtelikheid van woorde aandui, sover as wat ons navorsing gestrek het in 2002. Hierdie is slegs `n riglyn, daar mag vele meer wees.

U sal miskien kan vra, “maar waarom is dit so belangrik”? Omdat Hebreeus `n eksakte taal is, sal u sien dat die geslagtelikheid van begrippe gaandeweg die hele skepping in `n ander en meer verstaanbare perspektief plaas. Kyk na die volgende voorbeeld, sommer die tweede vers in u Bybel.

Ou Afrikaanse Vertaling:

IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.

2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Boek van Herinnering:

IN die begin het Elohim die Hemele en die Aarde geskape. [JeshaJaH 66:1; 2 Ezra 6:38; Psalm 85:11]

2 En die Aarde, sy het verwoes en vormloos geword, en Duisternis was op die aangesig van die Afgrond, en die Gees van Elohim het gesweef oor die aangesig van die waters. [JeshaJaH 45:18; Prediker 3:11]

Behalwe dat die aarde woes en leeg geword het, kan u sien wat die vertalers uitgelaat het, naamlik “sy het ....”.

Logika sê mos dat die aarde die vroulike moet wees, waar ontkieming plaasvind, bevrug deur die son (die manlike). Daar is ontelbare sulke wanvertalings gemaak, nie net in ons Afrikaanse Vertalings nie, maar in alle tale. Of dit doelbewus was of nie, dit bly `n swak vertaling as mens selfs die geringste woordjie uitlaat. Kyk na die volgende vers wat die skepping bewys as dat dit nie woes en leeg geskape was nie, maar dat dit so geword het. Let op na die weglating van die vroulike verwysing “haar”, vier keer!

 

Ou Afrikaanse Vertaling:

18                Want so sê die Here, wat die hemele geskape het - Hy is God! - wat die aarde geformeer en dit gemaak het—Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word—Ek is die Here, en daar is geen ander nie.

Boek van Herinnering:

18 Want so sê JaHWeH, wat die Hemele geskape het - Hy is die Elohim! - wat die Aarde geformeer en haar gemaak het - Hy het haar bevestig; Hy het haar nie geskape om leeg te wees nie, [maar] haar geformeer om bewoon te word - Ek - JaHWeH, en daar is geen ander nie. [Génesis 1:2]

Met hierdie gereedskap in ons hand, sal ons nou verder na die verborge vroulikheid in die Skrifte gaan kyk en u, Mevrou, sal aangenaam verras wees daardeur. Sonder u eie Boek van Herinnering sal dit maar swaar gaan, maar u kan dit gratis op die Internet kry by:  www.nuweopenbaring.co.za.

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205