MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 14

Die WEDERGEBOORTE van die Bruid word deur die MOEDER bewerkstellig

Die wedergeboorte bly `n onderwerp van groot debat in die mond van gelowiges. Baie verwar bekering met wedergeboorte en ander sê weer dat die wegraping en die wedergeboorte dieselfde is. Weer moet ons na die voorbeelde in die Skrif gaan kyk en wel na die samestelling van die Tabernakel. Hierdie tent is niks anders as `n afbeelding van nou bekende herstelde ryk van Elohim, asook van jou en my innerlike nie. Die Tabernakel het drie vertrekke. Die eerste, die voorportaal, stel die vleeslike voor, die middelste stel die oorgangsfase of siel voor en die derde vertrek die volkome herstelde geestelike voor. In die na-opstanding fase van verlossing het die Hemelse effens verander, omdat Vader en Seun EEN is, is die Seun nou Koning en Priester van Sy EIE HUIS in die Hemele en op Aarde. Daarom lyk die drie-eenheid nou as volg:

Die Seun (Weg van Liefde), Die Trooster (Waarheid uit die Liefde en Wysheid) en Die Bruid (Ontvang die Krag van die Ewige Lewe). Om die wedergeboorte te ontvang moet ons eerstens die eerste fase van die Tabernakel betree, naamlik die voorportaal waar die offeraltaar (Vloekhout) en die waskom (doop met water) staan. Hier brand jy jou ou kleed van die vlees weg, jy laat jou skoonwas en doop, en nou beweeg jy

vanuit jou vorige vleeslewe na die Heilige vertrek (holy place) in jouself, naamlik jou siel.

In jou siel is die 12 toonbrode, die sewelamp-kandelaar en die reukaltaar wat aardse afbeeldings is van die Woord (die Seun as toonbrode) wat nou geestelik deur jou geëet sal word, die sewe geeste* (Die Trooster as kandelaar) raak nou vaardig in jou en jou kommunikasie na die hemele, voorgestel deur die aangename reukwerk (Krag van gebed as reukaltaar) na Vader, raak nou effektief. (* Sien Aanhangsel B)

Hierdie oorgangsplek is die eerste wedergeboorte, naamlik die wedergeboorte van die siel. Jy leef nou slegs vir JaHshua, ja, jy is nog sondig en maak foute, maar bely dit onmiddellik en leef verder binne Sy wil. Meeste ware gelowiges leef in hierdie toestand en wag almal dat die gordyn (vlees) tussen die Heilige en die Allerheiligste moet skeur in onsself, soos by Jahshua toe Hy deur beweeg het na die Allerheiligste, oftewel toe die Hemelse sfere tydens Sy kruisiging en opstanding vir Hom geopen het.

Wanneer jy deur beweeg na die Allerheiligste (holy of holies), is jy volkome wedergebore van liggaam, siel en gees, en dis die geestelike wedergeboorte. Dan word jou vleeslike liggaam omvorm tot eteriese, hemelse, ewiglewende substansie, - ons noem dit `n geestelike liggaam wat ons verkry, net soos wat JaHshua hierdie liggaam verkry het toe hy opgestaan het uit die dode. Hierdie pad het Hy as Bruidegom reeds vir ons voorberei en dit is nou ons beurt as Sy Bruid om ook hierdie pad van wedergeboorte van die gees te loop, slegs met die geringe verskil: Hy het reeds die offer met Sy eie lewe vir ons betaal, ons hoef net ons eie kruis, ons eie ek, af te sweer, binne Sy wil te lewe en Hy sal die innerlike wedergeboorte van die gees vir ons gee as Bruidskat!

Net soos wat Hy, JaHshua, deur `n Hemelse Moeder verwek is, sal die Hemelse Trooster weereens in ons geboorte moet gee aan Hom in ons, en dis die wedergeboorte. Wanneer JaHshua in jou gebore word, is dit dieselfde as wanneer jou innerlike siel (vroulike) en innerlike gees (manlike) verenig, sodat jou vlees omvorm of verheerlik kan word, sodat jy tegelyk aardmens en hemelmens sal wees, en so sal jy tegelyk in beide sfere leef! Soos JaHshua wat Homself onherkenbaar en herkenbaar kon maak na Sy opstanding uit die dode, so sal ons ook wees. Soos wat Hy `n vis kon eet en deur mure gestap het, so sal ons dit ook kan doen (Joh 22),

MAAR, dit sal absoluut in die geheim of in die verborgene geskied. Nooit sal die nie-wedergeborenes dit mag weet nie, slegs die Bruid sal onderling bewus wees van hulle wedergeboorte, want hulle sal in beide sfere lewe en JAHSHUA SAL ALTYD BY HULLE TEENWOORDIG WEES! Dit is hierdie bekragtigde Bruid wat die hele wêreld se gelowiges sal lei, want Jahshua sal vanuit hulle regeer op aarde en nie soos sommige dink dat Hy fisies as Man vanuit `n Aardse Tempel sal regeer nie. Hierdie is die Melgisèdek priesterorde, waar Hy, as die enigste Melgisèdek Priester en Koning in en deur Sy Nuwe Jerusalem (Bruid) sal regeer oor die hele nuwe Hemele en Aarde. Kom ons gaan soek nog bevestigings hiervoor in die Skrif:

Volgens die Boek Openbaring

Ons Hemelse Trooster is die EEN in Openbaring 12 wat geboorte sal skenk aan die seuntjie (wedergeboorte van JaHshua in die kinders). Let wel dat SLEGS DIE MESSIAS SELF WEER OP AARDE GEBORE KAN WORD, hierdie keer in die Gees in die gehoorsame kinders van die Moeder Self. Dit is die Wederkoms of die Wedergeboorte, een en dieselfde ding.

Openb 11:19 En die Tempel van die Elohim het in die Hemele oopgegaan, en Sy Verbondsark is in Sy Tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Openb 11:1 EN 'n groot Teken het in die Hemele verskyn: 'n Vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder Haar voete, en op Haar hoof 'n Kroon van twaalf Sterre; [MattithJaHûW_24:30]

Openb 12:2 en Sy was swanger en het uitgeroep in Haar Weë en barensnood.

Openb 12:3 En 'n ander Teken het in die Hemele verskyn, en daar was 'n groot vuurrooi Draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;

Openb 12:4 en sy stert het die derde van die Sterre van die Hemele meegesleep en hulle op die Aarde gegooi. En die Draak het gestaan voor die Vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy Haar kind sou verslind sodra Sy gebaar het. [JeshaJaH_21:3]

Openb 12:5 En Sy het 'n manlike Kind gebaar, wat al die nasies met 'n Septer van Yster sou regeer; en Haar Kind is weggeruk na die Elohim en Sy Troon.

Openb 12:6 En die Vrou het na die wildernis gevlug waar Sy 'n plek het wat deur die Elohim gereed gemaak is, dat hulle Haar daar sou

onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank. [JeHôWshua_4:17] [2_Konings_8:1] [JeségiEl_19:10]

Hierdie profesie is `n eindtydprofesie en sal in vervulling gaan met die wedergeboorte van Sy Bruid kort voor die oordeel gaan begin. Hierdie Vrou, die Trooster of MOEDER, is die Verbondsark in die Tempel (JAHSHUA). Sy is in HOM as androgiene vroulike Wese, soos wat die Tabernakel (vroulike) in die Tempel (manlike) is. Sy is met die Son (JaHshua) beklee, die maan (Wysheid) onder haar voete en die twaalf stamme van Israel (12 000 uit elke stam volgens Open 7 en 14) as Kroon. Dit is hulle wat die Wedergeboorte ontvang, WIE JaHshua is, wat weer in hulle gebore sal word as klein baba. Dit beteken dat hulle die goddelike krag in onbeperkte mate sal ontvang, maar dat dit `n geboorteproses sal wees, gevolg deur `n groeiproses, net soos wat `n kind groei tot volwassene. Hierdie Kind kan slegs in die harte van die kinders wees, want dit is waar die Troon nou sal wees. Dit is die Nuwe Hemele op Aarde. Die kind wat weggeruk word, is maar net simbolies van `n volle bewuswording van die geestesdimensie terwyl jy in die vlees is, dus `n gelyktydige lewe in beide die materiële en geestelike sfere. Dit is wat volkome wedergeboorte is, dieselfde as JaHshua, toe Hy nog

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205