MEVROU, NA WIE SE BEELD IS U GESKAPE
VERSKEIE SKRYWERS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 26

Die Moeder geopenbaar in die tweede boek van Esra

Ek is nou werklik moeg om dit elke keer te sê, maar weereens het die manlike priesterorde besluit om slegs een boek van die skrywer Esra in die Bybel te sit , maar het die ander twee verwyder, alhoewel al drie boeke inmekaar geweef is en mekaar oor-en-weer bevestig. Kom ons lees die volgende gedeelte uit Hoofstuk 2, maar u kan gerus nou die eerste drie hoofstukke aandagtig deurlees. Ek lig slegs die gedeeltes oor ons Moeder in 2 Esra 2 uit.

Die Wysheid roep die Vader as Getuie.

2Esra 2:1 SO spreek JaHWeH: Ek het hierdie volk uit gevangeskap gebring en aan hulle My Wette gegee deur My diensknegte die profete; na wie hulle nie wou luister nie, maar My Raad verag het. [2 Ezra 1:7]

2 Die Moeder wat hulle gebaar het, het aan hulle gesê: Gaan weg, julle kinders; want Ek is ‘n Weduwee en verlate. [Profesie van Barug 4:12]

3 Ek het julle met Vreugde grootgemaak; maar met droefheid en hartseer het Ek julle verloor: want julle het voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey oortree en gedoen wat besoedel is voor HOM. [JeshaJaH 54:6]

4 Maar wat sal Ek nou met julle doen? Ek is ‘n Weduwee en verlate; gaan heen, o My kinders, en vra Barmhartigheid van JaHWeH.

5 Wat My betref, o VADER, Ek roep na U as ‘n getuie, as die Moeder van hierdie kinders wat nie U Verbond wil hou nie.

6 Dat U hulle in skande sal bring om00dat hulle hul Moeder verag het, sodat daar geen saadlyn vir hulle sal wees nie. [Spreuke van Salomo 1:8; Wysheid van Sirah 15:2]

Hierdie tafereel speel af in die vorige bedeling waar daardie Levitiese orde se Moeder, naamlik die Gees van Wysheid, die volk moes lei, maar die volk het Haar verwerp. Hierdie toestand van weduwee, is `n toestand waar die “gestorwe eggenoot”, Vader JaHWeH Self nie met die volk kan werk indien die volk nie na die Moeder, die Gees, se wette en ordes wil luister nie. Daarom word Sy deur Vader verstoot, omdat die kinders nie wil luister nie.

In die tyd na JaHshua se opstanding, is `n ander Moeder in hierdie bedeling vir ons uitgestort, naamlik die Gees van Waarheid, die Trooster-Moeder, maar helaas het die volk haar vanaf die begin verag en het die leuengees van Satana gekies (“ander Trooster” sien Johannes 14:16). Weereens is dit `n toestand van geestelike weduweeskap. Ons gaan verder.

2:15 Moeder, omhels U kinders, en maak hulle groot met Blydskap, soos ‘n Duif, vestig hulle voete stewig soos ‘n pilaar; want Ek het U verkies, spreek JaHWeH. [Hooglied 5:2]

16 En die dooies sal Ek weer opwek uit hulle plekke en hulle uit hulle grafte bring; want Ek het My Naam aan JisraEl bekend gemaak.

17 Moenie bevrees wees nie, Moeder van die kinders, want Ek het U uitverkies, spreek JaHWeH.

Nou eers kan ons die sin in hierdie verse verstaan, veral as ons dit vergelyk met al die voorafgaande voorbeelde wat ons tot nou in hierdie boek deurgewerk het. Sy is die Duif in die rotsklowe, Sy is die Duif wat op die hoof van ons Meester neergedaal het, Sy is die Duif wat nou weer aan die eindtyd op ons sal neerdaal, as die kragtige uitstorting van die Heilige Gees, die laat reëns van Joël 2.

19 En net soveel Fonteine wat vloei met melk en heuning, en sewe magtige berge waarop daar rose en lelies groei, waarmee Ek U kinders met Blydskap sal vervul.

20 Spreek regverdig vir die Weduwee, doen Reg aan die wese, gee aan die armes, beskerm die wat verlate is, klee die wat naak is.

25 Voed U kinders op, o goeie Oppasster; versterk hulle voete.

Die simboliek verklaar duidelik dat `n fontein vroulik is, dus `n suiwer gees wat vir ons melk/Wysheid en heuning/liefde bring, die rose en lelies is ons as volk, gesuiwer deur hierdie fontein, terwyl die sewe magtige berge die sewe Aartsengelgeeste voorstel wat ons sal bedien. Sien meer hieroor in die vorige hoofstuk oor die engelgeeste. Vers 20 gee vir ons duidelik aan waaraan ons moet voldoen vir redding, naamlik die diens aan die behoeftiges, maar sien ook dat ons regverdig moet spreek vir die Moedergees, dus moet hierdie inligting versprei word, as ons Weduwee/Moeder behae in ons gaan hê!

30 Wees vrolik, jy, o Moeder met U kinders; want Ek sal julle verlos, sê JaHWeH.

31 Onthou U kinders wat slaap, want Ek sal hulle uit die geheime plekke van die Aarde bring en Barmhartigheid aan hulle betoon: want Ek is barmhartig, sê JaHWeH die Almagtige. [Hebreërs 2:10]

32 Omhels U kinders totdat Ek kom en betoon Barmhartigheid aan hulle: want My Fonteine loop oor, en My Barmhartigheid sal nie ontbreek nie.

Wat meer kan ons sê as die wonderlike beloftes wat reeds hier geskrywe staan! Sien u dat die Moeder ook verlos moet word. Dit bevestig weereens alles wat ons voorheen ontdek het! Ons is nou in die sorg van ons Moeder en Sy sal ons beskerm soos wat `n hen haar kuikens beskerm.

Die volgende verse handel oor die bevestiging van die Hemelse Koninkryk hier op aarde en ek wil dit graag by hierdie gedeelte insluit, want as ons hierdie boek van 2Esra in ons Bybels gehad het, was daar nooit `n gestryery oor die Messias wat sou kom nie en dat Hy geopenbaar sal word aan die kinders wat getrou aan die Moedergees gebly het. Esra spreek:

34 En daarom sê ek aan julle, o julle nasies, wat hoor en verstaan, soek na julle Herder, Hy sal aan julle ewige rus gee; want Hy is naby wat aan die einde van die wêreld sal kom.

35 Wees gereed vir die beloning van die Koninkryk, (die Wedergeboorte) want die ewige Lig sal vir altyd op julle skyn. [JeHôWganan 1:9]

36 Vlug uit die skaduwee van hierdie wêreld, ontvang die Vreugde van jou Glansrykheid: ek betuig openlik my Verlosser.

37 Ontvang die gawe wat aan julle gegee word en verheug julle, gee dank aan Hom wat julle na die hemelse Koninkryk geroep het.

38 Staan op, en kyk die getal van hulle wat verseël is vir die feesmaal van JaHWeH; [Openbaring 7:4-8 en 14:1]

39 Die wat oorgegaan het uit die skaduwee van die wêreld, wat sierlike klere van JaHWeH ontvang het.

40 Neem U getal, o Sion, en maak die getal op uit U wat in wit geklee is, die wat die Wet van JaHWeH onderhou het. [Openbaring 3:18; 7:4]

41 Die getal van U kinders na wie U verlang het, is vol: smeek dat die Koninkryk van JaHWeH sal kom, sodat U volk, wat van die begin af geroep is, apartgestel mag word. [Boekrol van Henog 47:4]

Sien u die voorspelling van presies dit wat in Openbaring 7, 14, 19 en 20 gebeur, waar die 144 000 verseëldes as eerstelinge gekies word vir JaHshua? Hulle word geklee deur JaHWeH-Ruag, deur die Gees, die voorafgaande Moeder om gereed te wees vir die bruilof. Of het u al gehoor van `n pa of `n bruidegom wat Sy bruid aantrek!? Net so is dit ook in die hemele, want alles op aarde is `n afbeelding van wat bo in die hemele is! Lees verder wat Esra sien van die eindtyd rakende die tweede koms van JaHshua aan die einde van tyd.

Ezra sien die Seun van Elohim

42 EK, Ezra, het op die Berg van Sion ‘n groot volk gesien, wat ek nie kon tel nie, en hulle het almal Elohim geloof met liedere. [Openbaring 14:3]

43 En in hulle midde was daar ‘n Jong Man van hoë gestalte, groter as al die ander, en op elkeen se hoof het Hy krone geplaas, en Hy was meer verglans; sodat ek my grootliks verwonder het. [Wysheid 6:21; Boekrol van Henog 45:4; Openbaring 22:4 - 5]

44 Daarom het ek aan die Boodskapper gevra en gesê: meester, wat is hierdie?

45 Hy het my geantwoord en gesê: Hierdie is hulle wat die sterflike klere uitgetrek het en die onsterflike aangetrek het (die Weder­geboorte) en die Naam van JaHWeH bely het: nou word hulle gekroon en ontvang palmtakke. [Openbaring 6:11]

46 En ek het aan die Boodskapper gesê: Wie is die Jong Man wat hulle kroon en palmtakke in die hand gee?

47 Toe antwoord hy my en sê: Hy is die Seun van die Elohim, vir wie hulle op die Aarde bely het. Toe het ek hulle grootliks begin prys, diegene wat so dapper gestaan het vir JaHWeH se Naam. [Openbaring 6:9]

Kan daar na hierdie verse enige twyfel wees oor die koms van JaHshua, sowel as Sy verwagte tweede koms? Kan daar nog twyfel wees dat ons Hom moet bely, en Hom alleen om oor te kan oorgaan na die onsterflike toestand, of anders gestel, om verlos te word van hierdie materiële tronke waarin ons is? Maar nee, die priesterorde besluit in hulle wysheid, wat maar net wêreldse dwaasheid is, dat hierdie boek uitgeban moet word uit hulle Bybel, dit terwyl Vader deur `n engel die volgende vir Esra sê:

48 Toe sê die Boodskapper aan my: Gaan en verkondig aan My volk hoedanige en watter groot wonderwerke jy van JaHWeH jou Elohey gesien het.

Gaan en verkondig aan My volk wat jy gesien het! Dis die boodskap, nie net vir Esra nie, maar dit was ook vir julle, julle priesterorde, julle lyn van adders, julle wat ons vervreem het van ons Moeder en van ons Broer! Wie het julle gedien toe julle daardie besluit gemaak het en ons vertel dat die Bybel die onveranderlike volledige Woord van Elohim is? Mag die Hemelse Vader geregtigheid op aarde bring deur hierdie openbaringe, sodat hierdie leuenaars ontmasker kan word! Maar die volgende belofte in Hoofstuk 7 sê net dit, naamlik dat hulle die leë dinge sal erf, dit is niks, maar u en ek kan deel word van die wonderlike belofte, naamlik om deel te word van Sy Bruid aan die eindtyd!

25 En daarom, Ezra, is die leë dinge vir die wat leeg is, en die vol dinge vir die wat vol is.

26 Kyk, die tyd sal kom dat die tekens waarvan Ek jou vertel het sal gebeur; die Bruid sal verskyn, en Sy sal openlik vertoon word, Sy wat nou vir die wêreld verborge is. [Psalm 98:2; Odes van Salomo 23:18; 30:6; 41:8; Hooglied van Salomo 3:11; Job 28:20; Boekrol van Henog 46:3; JôWEl 2:16; JeshaJaH 40:5; 52:10; 66:14; DaniEl 13:32; 1 Petrus 1:5; Judit 10:7; Openbaring 11:19]

27 En elkeen wat van hierdie besoedeling gered word, sal My wonders sien.

Ons sal Haar in verwondering sien en ons sal deel word van Haar, sodat ons ook soos Sy, wat 2000 jaar gelede Sy Hemelse Bruid geword het, nou Sy verheerlikte aardse Bruid word. En die armsalige manlike priesterorde? Hulle kry `n leë houer, `n beker niks, want hulle het leuens verkondig, hulle het die Moeder ontken, misken en afgebreek tot in die grond.

123 alle gruweldade vernietig en ongeloof uitgedelg, waarin Geregtigheid tot volle wasdom sal kom en die Waarheid sal verskyn soos die son. [JeshaJaH 60:17]

124 Daarom kan daar op die oordeelsdag geen Barmhartigheid wees vir hulle wat hulle saak verloor het nie, en geen terugkeer vir hulle wat oorwin het nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205