Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE LEWENSWANDEL VAN LEIERS EN LERAARS IS DEURSLAGGEWEND VIR DIE WAARHEID
B.D. 4794 - 7 Desember 1949
Vir u mense is dit van die grootste belang dat u in die waarheid onderrig word en dat u uself daarom aansluit by die geestesrigting wat die waarheid verteenwoordig, wie se leiers en leraars deur God onderrig is, dus die werksaamheid van die Goddelike Gees in hulleself moontlik maak. En u sal steeds aan die lewenswandel van hulle wat voorgee om voorvegters van die waarheid te wees, die graad van waarheid herken en so sal u steeds weet welke waarde aan hulle leerstellinge toegeken kan word. Let eers daarop, hoe die ingesteldheid van die leiers en leraars van `n geestesrigting self is teenoor die goddelike gebooie, teenoor die gebooie van liefde tot God en die naaste.
Deur die praat alleen moet u uself nie om die bos laat lei nie, inteendeel gee die realisering van dit wat hulle leer eers die deurslag wanneer daar deelname aan die diens van God is. Want so 'n lewenswandel volgens die Wil van God maak die mens tot kandidaat vir die geestelike ryk en dus sal hulle denke ook korrek wees, want `n mens wat God se gebooie vervul, sien die waarheid in en die krag van sy oordeel word aansienlik versterk deur die (8 Des.) verligting van sy gees, wat werksaam word as gevolg van die aktief wees in die liefde. `n Mens wie se lewenswandel ooreenstem met God se Wil, kan steeds geglo word en as hy nou `n bepaalde geestesrigting voorstaan, sal hy ook vir God en Sy ryk werksaam wees, omdat God nooit `n mens wat op Hom gerig is en die waarheid wil uitdra, aan `n leuen skuldig sal laat wees nie.
Steeds staan die wil van die mens op die voorgrond en na gelang hiervan, neem God hom aan of Hy wend Homself van hom af. Die korrekte wil is egter om heeltemal deemoedig en gehoorsaam te wees teenoor God; hy sal dus nooit probeer om opvallend te wees nie, dus aardse voordele of eer en roem wil behaal nie, geen aansien of `n hoƫ posisie wil bereik nie, hy sal alleen stil en beskeie vir God dien, ter wille van die waarheid self die waarheid behartig, omdat hy voel dat slegs die waarheid na God lei en hy uit liefde tot die medemense ook dit tot God sou wil bring.
Hulle wat onderrig, moet self deur God onderrig wees. Maar slegs die liefde lewer aan hulle die buitengewone voorreg, en daarom moet die mens in liefde lewe wie se geestelike leringe aanvaar moet word as waarheid, as regstreeks van God ontvangde kennis. Waar u mense dus die liefde vermis by `n dienaar van God, wys daar ook sy geestelike leringe af, want dit is nie van bo nie, dit is misleiding van die Satan, wat onder die dekmantel van vroomheid dwaling probeer rondstrooi en steeds daar `n goeie bodem vind waar die liefde ontbreek.
Ondersoek en vra God om bystand, sodat u oordeel korrek sal wees, maar neem nie klakkeloos aan as u nie die sekerheid het dat dit die woord van God is wat regstreeks oorgebring is en ontvang is uit die hoogte nie. Ondersoek alles wat u aangebied word onder die aanroep van God, en behou die beste. So wil God dat Sy Gees in u werksaam sal word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205