Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WEETGIERIGHEID - ONBEGRENSDE KENNIS
B.D. 4705 - 5 Augustus 1949
Die gebied van die kennis is onbegrens. En ook wanneer u glo om kwistig deur My onderrig te wees, dan is dit tog `n minimale kennis, ofskoon dit voldoende is om u medemense weer te onderrig en hulle `n flikkering van insig te verskaf. Maar u sou voortdurend nuwe kennis in ontvangs kan neem, op alle gebiede sou u steeds weer iets nuuts gegee kan word, steeds weer sou u u kennis kan uitbrei en aan die vrae en antwoorde sou geen einde kom nie.
Maar dit lê by u self, hoe diep u wil boor in die bron van die wysheid. Die verlange van hom wat ('n bepaalde kennis) begeer, sal steeds vervul word en daarom sal u in dit opgelei word om onderrigtend werksaam te wees, steeds weer aangespoor word deur debatte van geestelike aard sodat u (u kennis) kan uitdeel en daarby leemtes in u kennis ontdek, om u weetgierigheid in u op te wek, wat nou bevredig kan word.
Ek wil dat u vra om u te kan beantwoord, Ek wil dat u met aktiewe betrokkenheid deelneem aan gesprekke van geestelike aard, dat u nie net met die ore opneem nie, maar hart en verstand onder die indruk laat kom, dan sal daar ook `n alles ophelderende kennis aan u toegestuur word, wat u sal bevredig, en dan sal u toeneem in wysheid, geloof en krag. Want hoe dieper u deurdring in geestelike kennis, hoe meer oortuig sal u kan glo en des te nader sal u aan My kom en van My krag in direkte vorm ontvang.
Onuitputlik is die bron van kennis en onbegrens is die gebied wat alleen Ek u vir kan ontsluit. En al sou daar ewige tye vergaan, u sou nooit by die einde kom nie, omdat My skepping oneindig is en omdat, wat volmaak is, ook ewig onbegrens moet wees. Daarom kan kennis rakende die geestelike gebied, nooit afgeslote wees nie, maar wat vir u mense nodig is om te weet, wat vir die ryp word van die siel beslis noodsaaklik is, kan u ook in beperkte mate gegee word, maar dit hang van u vrye wil af of u hierdie maat wil vergroot of tevrede is met wat Ek u gee.
Steeds weer sê Ek vir u, sodat u `n antwoord kan kry op elke vraag, steeds weer versoek Ek u dringend om vrae te stel om u dors om te weet aan die gang te kry en steeds weer gee Ek u geleentheid om aktief met u gedagtes werksaam te wees, om u steeds weer te kan onderrig volgens u wil. Maar hou u kennis nie vir afgeslote, glo nie dat u al in die besit is van alles wat daar te weet is nie. Want die gebied wat u siel nog kan deurkruis, is eindeloos, wanneer sy die wil daartoe het.
Maar wat u deur My gegee word, is ook heeltemal voldoende om weer die medemense te beweeg om aan `n God van Liefde, Wysheid en Almag te glo. En wie die kennis in ontvangs neem, kan homself al onuitspreeklik ryk noem, want dit is die waarheid, en `n korrel van die suiwerste waarheid weeg op teen `n enorme hoeveelheid kennis wat met dwaling deurspek is en die gees van die mens veel eerder verduister.
(6 Aug.) Slegs die suiwer waarheid is onskatbare geestelike goedere wat die naam "kennis" verdien. Slegs die suiwer waarheid is ophelderend, terwyl leringe wat met dwalinge vermeng is, steeds leemtes ooplaat, denkbeelde is wat vir die mens onbegryplik of ongeloofwaardig voorkom, as hy opreg begeer om wetend te word.
Maar die ware kennis gee oor alles uitsluitsel, omdat dit deur My, die Gewer van die waarheid, aangebied word. Die ware kennis laat egter ook steeds weer vrae ontstaan, dit wil sê, dit sal steeds opnuut aanspoor tot vrae, sodat dit vergroot sal word en die verlange om meer te weet, vanself in die mens moet ontwaak. Innerlike verlange stel die toename van die kennis voorop en daarom is elke nadenkende, vraende mens, wat deur My onderrig wil word, welkom by My. En ofskoon hy die vraag nie uitspreek nie, gee Ek hom tog antwoord deur My werktuig wat Ek as bemiddelaar tussen hom en My gebruik om My te uiter. So sal u mense `n omvangryke kennis in ontvangs kan neem, daar hoef vir u geen onverligte gebied te bestaan as u uself maar ernstig met die waarheid sal besighou en in gedagtes met My in verbinding tree nie.
Maar Ek verlang volledige opmerksaamheid, waar u andersins nie by magte is om My te hoor nie, waar Ek andersins ook weier om u te antwoord, hoewel u `n vraag gestel het, maar sonder ernstige verlange na die antwoord, wat u bewys deur die gedagtes, wat waarlik nie vir My verborge is nie.
Vra, so word u gegee, klop aan, so word vir u oopgemaak en soek, so sal u vind. Dog `n ernstige soeke, `n vraende gedagte en `n verwagting van My antwoord, `n luister binne-in u, of die aanhoor van `n bemiddelaar, stel Ek as voorwaarde, maar dan word u onderrig, u sal kennis kan ontvang wat onbegrens is en wat sal ooreenstem met die volkome waarheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205