Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VERSKILLENDE GEESTESRIGTINGE. WAAR IS WAARHEID ?
B.D.6627 - 21 Augustus 1956
Elke strydvraag in geestelike opsig sou opgelos kan word, wanneer elke verdediger van eie opvatting dit aan My Self sou voorlê en My verklaringe afwag. Dan sou daar waarlik geen konflikte wees nie, dan sou alle vennote hulleself weer moet verenig, want hulle sou almal net dieselfde antwoord van My ontvang.
Dat daar nou soveel afsplitsings ontstaan het, dat daar soveel geestesrigtings self gevorm het, is `n sekere bewys dat hierdie weg na My nie gegaan is nie, dat die mense maar net die denke met hulle verstand inskakel en hierdie verstandelike denke nooit dieselfde resultate kan oplewer nie, omdat My teenstander al te maklik tussenbeide kan kom en die verstand in die war bring, waar Ek nie self aangeroep word om dit te verlig nie.
Weliswaar kan enkele persone wat hulle sienswyse verdedig, dit gedoen het en hulle opvatting sal daarom ook eerder ooreenstem met die waarheid, maar hulle vind geen ingang by hulle wat My geïgnoreer het nie. En daarom sal die korrekte, ware, steeds weer na buite straal, maar op sy lig sal te weinig ag geslaan word en die konflikte sal nie opgelos word nie, hulle sal steeds tevoorskyn kom, omdat die verstand hoër gewaardeer word en die verstand die ergste verdraaiinge so kan omklee dat sy as wys aangesien word en ook weer verdedig word.
Wanneer u mense dan nadink oor die vele verskillende geloofslerings en geloofsrigtings, moet u al daarom aan die waarheid twyfel van diegene wat daarvoor opkom, want daar kan maar net één waarheid wees. Dus sou, wanneer die waarheid werklik (êrens) onder die verskillende rigtinge aanwesig sou wees, alle andere vals moet wees. Maar watter een is die ware?
Elke geestesrigting eis vir haarself die reg op, om die waarheid te besit en tog is sy dus nie te herken, aangesien daar andersins nie daaraan getwyfel sou word nie en die toevlug tot `n ander geneem sou word nie. Oorweeg dit; bedink dat die waarheid My eiendom is, dink daaraan dat u My kinders is wat Ek liefhet. Dus sal Ek die waarheid nie van u weerhou nie, dus moet sy ook herkenbaar wees. Solank u mense dus nie weet nie, veel eerder alleen aanneem, dat u die waarheid het, besit u haar nie.
Maar dit (bostaande) geld nie vir hulle wat blindelings glo nie, wat nog nooit self `n standpunt ingeneem het oor dit wat daar van hulle verlang word om te glo nie; maar Ek wend My hiermee tot die leiers, die verteenwoordigers van aparte geloofsgemeenskappe of geestesrigtings, wat weer probeer om hulle aanhangers te oortuig van die waarheid van dit wat hulle uitdra.
Ek wend My tot diegene wat hulle verstand gebruik en op die voorgrond tree, sodat die medemense wat nog besluiteloos is, hulleself weer by hulle aansluit. Ek wend My tot diegene wat wel met hulle verstand in staat sou wees om die suiwere waarheid te herken, wanneer sy die hart tegelykertyd laat spreek. Wanneer sy die gees in haarself die moontlikheid sou gee om haarself te uiter, maar dit tot nou toe agterweë gelaat het en daarom dwaal, ofskoon sy oor `n hoogs ontwikkelde verstand beskik.
Al hierdie (mense) sou hulleself verwonder het om tot dieselfde resultate te kom as hulle die goeie weg sou wou ingeslaan het na Hom, Wie in Homself die Waarheid is en altyd en alleen die waarheid kan en sal uitdeel. Die vele sektes en verskillende geestesrigtings gee `n skrikwekkende bewys daarvan dat die "werksaamheid van die Gees" by almal vreemd is, naamlik die wat aan die hoof staan, en wat geen gemeenskap vorm nie, omdat hulle teenoorgestelde opvattinge verdedig.
En as hulle die werksaamheid van die Gees sou toelaat, dan sou hulle ook spoedig ingesien het dat daar geen uiterlike organisasie nodig is nie, dat die mens die waarheid in haarself moet soek en dat elkeen ook die waarheid dan sal insien, wat homself deur sy gees laat onderrig, wat die weg gaan na My, My Wil doen en dan na My luister.
Maar hulle kan dan ook met reg sê, dat hulle geloof tot sekerheid geword het hulle sal dan ook die geloofslering oortuig verdedig en almal wat gelyk van gees is, sal ook dieselfde onderrig word deur hulle gees en dus weet dat die suiwere waarheid slegs by My Self te vinde is, dat sy elkeen wat haar gevind het, onbeskryflik gelukkig maak en dat elke strydvraag opgelos is wanneer die Ene Wie alleen daartoe in staat is, haar duidelik maak.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205