Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WAARSKUWING OM NIE ONDEURDAG TE HANDEL EN TE PRAAT NIE
B.D.6425 - 4 Desember 1955
My barmhartigheid laat u aanmaninge en waarskuwinge toekom, omdat u My Liefde besit en omdat u opmerksaam gemaak moet word op gevare wat u regstreeks te wagte staan, wanneer u nie oplettend is nie.
Daar staan wel steeds wakers om u, bereid om af te weer, tog sal u dit ook self moet weet, dat u sonder hierdie beskerming aan die elemente van blinde wraaksug oorgelewer sou wees wat in My opdrag verleen word. En daarom sal u steeds maar net met My in verbinding moet bly, want dan is Ek ook by u, omdat u gedagtes My aantrek en dan is alle kragte magteloos wat u sleggesind was.
Die hel woed en haar kragte wen ook die mense vir haar planne, daarom sal u hulle geen aanleiding mag gee nie, wat maklik kan gebeur deur ondeurdagte woorde wat deur u in geregverdigde toorn gespreek word. Wees steeds sagmoedig soos die duiwe, maar listig soos die slange. Wie vir My ryk, wie vir die waarheid stry, sal ook aangeval word deur die vyande van die waarheid en hulle staan in diens van My teenstander, wat hulle aansit tot valse beskuldigings, sodat u uself teen leuen en onwaarheid sal moet verweer.
Maar dink dan aan My aanmaning, dink dat u omgeef is deur My stryders en wend u dan tot hulle, dat hulle u beskerm, en rig u gedagtes ook op My, dat die lig van My liefde tussen u en u vyande sal inval en hulle sal terug dryf. Oral sal My teenstander probeer om u skade toe te bring, omdat hy besef dat hy deur u krag verloor, omdat hy u arbeid vir My en My ryk probeer teëgaan en omdat hy vir geen middel terugskrik om die doel te bereik, naamlik om My lig uit te doof nie. En die mense wat afhanklik is van hom, hulle haat die waarheid net so erg, omdat hulle self beter voel in die duisternis. Om die rede verleen hulle hom bereidwillig hulp, wanneer dit daaroor gaan om teen u op te tree.
En daarom sal daar teen u opgetree word van die kant van die mense af en dan sal u op u hoede moet wees en niks ondeurdag onderneem nie. U sal u dan volledig gelowig slegs aan My beskerming moet toevertrou, u sal die band met die ligwêreld steeds net vaster moet aanknoop, want dan neem hulle ook die wapens in My opdrag teen die kragte van die onderwêreld op, wat hulle egter maar net kan, wanneer u uself nie van hulle losmaak nie en eiemagtig teen u vyande te velde wil trek nie, want uself is nie sterk genoeg nie en u sal dit sonder die bystand van My stryders, sonder My hulp, ter syde moet stel.
Maar u sal niks hoef te vrees nie, solank u uself met My verbind in die gees en in gebed. En Ek waarsku u maar net daaroor, sodat u oplettend sal wees en dadelik die gevaar herken, wanneer dit in aantog is. Want die teenstander versin met `n sluwe lis, wat u egter sal herken wanneer u aan My waarskuwing sal dink. Want steeds moet Ek rekening hou met u vrye wil, daarom kan Ek nie ingryp en u deur My stryders in beskerming laat neem, voordat u My nie om hulp vra nie, of u aan alle goeie kragte toevertrou, sodat hulle u mag beskerm. Dog teenoor hulle geplaas, sal My teenstander moet wyk en elke aanval wat op u uitgevoer word, sal hulle afslaan, omdat u vir My en My ryk werksaam is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205