Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WAT IS ONDER "ERFSONDE" TE VERSTAAN?
B.D. 5967 - 27 tot 29 Mei 1954
Daar moet in u steeds weer vrae opkom wat u beantwoord sou wil hê, dan kan Ek u opheldering verskaf, sodra u uself met My in verbinding plaas, sodra u deur innig te bid, hoor wat Ek aan u sê, deurdat u nou die gedagtes wat in u opkom, as My antwoord beskou, wanneer u nie regstreeks deur My aangespreek word deur die stem van die Gees nie.
U verlange en u roepe na My verseker u ook van die korrekte denke, maar sonder My sal u nie die waarheid hê nie. Sonder My is u strewe na opheldering tevergeefs, omdat slegs verkeerde gedagtes u sonder My vervul, wat die kragte van benede u kan oorbring, juis omdat u My uitskakel, Wie die Gewer van die waarheid is.
En so moet die volgende aan u gesê word: Daar kan slegs opheldering vir u deur middel van beelde toegestuur word, solank u nie volmaak is nie. Nooit sou u die eindelose diepte van die goddelike Wysheid kan begryp nie, nooit sou u die beweegrede kan begryp vir My bestuur en werksaamheid nie, omdat u onvolmaaktheid, ook gebrekkige krag om te weet beteken, en u dus op grond van u verstand geen opheldering sou kan vind nie, wat egter bliksemsnel toegestuur kan word, sodra die lig van My Liefde u in die geestelike ryk deurstroom.
Op aarde sal u dus deur beelde opheldering moet verkry, en kan die gebeurtenisse wat hulleself in My skepping afspeel, maar net uitgebeeld word, aangepas by u bevattingsvermoë. En dus kan die geestelike prosesse in die harte van die eerste mense net ook vir u deur aardse gebeurtenisse begryplik gemaak word, wat op sigself tog net `n swak vergelyking is, juis omdat u self nog swak van gees is. U mense is gebonde deur natuurwette, want die volledige vryheid wat u deur u vroeëre afval verspeel het, sal u eers weer vir uself moet verwerf deur u lewe op aarde.
Ek het daarom aan die eerste mense `n beperking van hulle wil opgelê, omdat Ek wou dat hulle eers moes insien dat hulle aan een Mag onderdanig was en hulle hulleself dus vrywillig aan hierdie Mag sou moet onderwerp om nou hulle uiteindelik vryheid geskenk te kan kry.
Eertyds wou hulle My nie erken het nie en dit was die eerste sonde, die opstand teen My uit Wie hulle voortgekom het. Slegs die erken in vrye wil kon hierdie eerste sonde weer ophef. En hierdie erkenning van My self wou Ek bereik toe Ek die totale skepping laat ontstaan het. Daarom was die eerste mense dus so begaaf dat hulle My wel kon herken het, maar was nie daartoe gedwonge nie. En daarom moes dus die vrye wil beslis, wat weer op die proef gestel moes word in `n "versoeking".
(28 Mei) Die oog van die mense moes op iets gerig word wat hulle begeer en `n verbod en `n verleiding tegelykertyd moes hulle tot die beslissing van hulle wil bring, Begryplikerwys egter moes die verleiding verbonde wees met `n belofte waarvoor hulle dan nie moes ingee nie. Die verbod en die verleiding komende van twee kante, omdat dit gaan oor die terugkeer van die gevallene na My toe en oor die bly by My teenstander, oor die bereiking van die doel van die deur My geskapene of oor die hernude terugval in die diepte.
En bygevolg moes die begeerte ook in die mens gelê word en die moontlikheid ook aan hom gebied word om hierdie begeerte te stil, of haar egter te oorwin terwille van `n veel hoër doel: Die ewige geluksaligheid by My wat elke aardse vervulling van die begeerte meer as duisendvoudig oortref. Waar die terugwen van die afvallig geworde geestelike wesens `n stryd was tussen My en My teenstander, moes ook hy die moontlikheid hê om op die wil van die wesens in te werk, alhoewel hy slegs skyngoedere en skyngeluk voorspel, sodat die mense die ware geluk, `n salige lewe in die ewigheid, vir hulleself sou verspeel.
Ek was op hoogte van hierdie verleiding en het daarom aan die eerste mense `n gebod gegee met `n gelyktydige waarskuwing teen die ewige dood. En hierdie waarskuwing sou voldoende moes gewees het om elke begeerte in die mens te verstik om nie die lewe te verloor nie. En My teenstander het hulle van die teendeel van My waarskuwing oortuig en het hulle die lewe beloof. Maar hulle het My as hoogste Mag gesien en het tog die leuen gevolg en daardeur het hulle die dood in die wêreld gebring.
Maar wat was dit wat hulle begeerte so magtig laat word het dat hulle aan hierdie begeerte ten prooi geval het? Hulle het `n salige lewe in die paradys geleef, hulle was Heer oor alle geskape dinge, alles was aan hulle wil onderworpe en hulle het self gelukkig gevoel in die volle besit van krag en mag.
Innige liefde het ook die eersgeskape mense verbind en al ingevolge hierdie liefde sou hulle hulleself kon verlos uit die boeie van My teenstander. En solank hierdie liefde op My en op die vennoot gerig was, het daar ook geen gevaar bestaan om te faal in die wilsproef nie. Maar My teenstander het geweet hoe om hierdie liefde verkeerd te stuur, hy verander haar in eieliefde, deurdat hy valse beloftes aan hulle maak en dus nou die begeerte in hulle opwek om aan hulleself genot te verskaf. Hulle liefde word `n liefde wat wil hê, `n egoïstiese en lae liefde en daarmee voeg hulle hulleself weer in die mag van hom van wie hulle hulleself moes bevry en ook kon, as hulle My gebooie bo hulle verlange gestel het.
Begryp dit, u mense, die tyd het nog nie gekom dat Ek die eerste mensepaar wou seën nie, daarom het hulle sondig geword, want niks is sondig wat hulleself aan My skeppingsplan aanpas nie, niks kan sonde wees wat in wetlike ordening geskied en nooit kan die gebeurtenis van die verwekking teen die ordening wat deur God gewil is, wees nie. Maar die bevrediging van die sinne, om sonder die wil om lewe voort te bring, is geen daad van liefde wat goddelik is nie, inteendeel is dit `n eieliefde wat deur My teenstander ontbrand is, wat die mens na benede trek en heeltemal in Sy mag dryf.
Aan hierdie verkeerde liefde het die eerste mense ten offer geval en hierdie verkeerde liefde was die sonde wat weer laat dink het aan die oersonde van selfverheffing, wat haarself nie wou wegskenk nie, veel eerder alles besit en hierdie erfgoed was van hom (Lucifer), wat haar veroorsaak het, maar wat met die goddelike liefde niks in gemeen het nie.
(29 Mei) Die goddelike liefde rus as vonk in u harte en kan ontvlam tot die hoogste gloed. Maar die doel van My teenstander was en is om hierdie liefde te verdraai en hy het daarin geslaag. Die suiwere, goddelike word verontreinig en verander in eieliefde, wat die begrip "liefde" nie meer verdien nie en slegs begeerte, selfsug en eieliefde genoem kan word, en wat ook tot alles in staat is wat My teenstander van u verlang.
En so word die daad van die voortplanting ook vir My teenstander tot `n middel wat ontelbare siele na hom toe bring, wat nooit moontlik sou gewees het as dit onder My seëning sou plaasgevind het nie, waar die goddelike liefde van die skenk en gelukkig maak haar bekroning moes kry in die ontstaan van `n nuwe lewe.
Die sondeval bestaan dus in die prysgee van die suiwere goddelike liefde, terwille van `n onsuiwer selfsugtige liefde. Die vonk van God in die mens was deur sataniese inwerking uitgedoof en in die plek daarvan `n vuur ontbrand waaraan al die edele en suiwere ten offer geval het. Die sinne word geprikkel en tot die hoogste begeerte opgesweep, wat nooit kon strook met My skeppingsdaad (die skep van `n nuwe mens) nie, maar vanweë die wilsvryheid van My teenstander, en ook van My skepsels, nie verhinder word nie, waar dit steeds nog afsonderlik binne die wil van elke mens lê om hierdie versoeking deur Satan te weerstaan.
Die sondeval was dus nie die voortplantingsdaad nie, maar die deur Satan aangespoorde en in vrye wil ontsteekte verkeerde en sondige liefde. Die skeppingsdaad wat in `n goddelike sin gelukkig gemaak het, was omlaag getrek tot `n spel van onsuiwer geeste.
My teenstander word toegang verleen by `n daad waar Ek self met My seën by die mense wou gewees het, om die suiwer goddelike liefde in hulle te versterk, sodat hierdie ook in die nou verwekte wesens sou oorvloei en daar dus so `n menslike geslag sou ontstaan, wat in die steeds helderder lig van die liefde, die weg na My sou terugvind, sonder lyding en kwelling, wat binne `n kort tyd hulleself sou bevry deur die liefde, omdat hulle My Self moes herken waar die liefde straal.
Die eerste mense kon hierdie wilsproef deurstaan het, dog waar Ek met My teenstander worstel oor die siele van mense, kon Ek hom nie verhinder om middele aan te wend om homself te verseker van die oorwinning nie. Want dit gaan oor die terugkeer van My skepsels in volledig vrye wil, wat egter gefaal het en die hele menslike geslag `n lot opgelewer het waarvan hulle self nie meer kon vryword nie, totdat een Mens Jesus in suiwere goddelike Liefde, die werk volbring het wat die totale mensdom van skuld bevry het en vir haar weer die weg na bo vrygemaak het. Want die liefde het die oorwinning behaal en die liefde sal nooit rus alvorens ook die laaste van My afvallig geworde wesens die weg sal terugvind na My toe nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205