Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VEGETARIESE VOEDSEL - DIE DOOD VAN DIERE
B.D. 7475 - 3 Oktober 1949
U sal My as u Leraar oor alles kan vra en Ek sal u antwoord. Ek sal u die korrekte begrip gee vir dit wat vir u onduidelik is en dit sal vir u maklik verstaanbaar wees. Wie Ek die vermoë gegee het om binne te dring in geestelike kennis, dus wie se gees Ek sal verlig, sodat hy sy medemense kan onderrig met dieselfde geestelike goedere, moet deur My as bruikbaar bevind word, hy moet homself geestelik so ontwikkel het, dat Ek Self met hom in verbinding kan tree deur sy wil. Maar `n verbinding met My stel `n innerlike volledige toewyding aan My voorop, wat slegs vir sal My aantrek, omdat, wie na My verlang, ook deur My aangetrek sal word.
Nou het Ek die mens in die geheel geen beperkinge opgelê nie, net soos Ek ook nooit eise aan die mens gestel het om hulleself te kasty om die ryk van God te bereik nie. Ek het alles geskape en toe Ek u op die aarde geplaas het, het Ek u ook die reg gegee, dat u die aarde en alles wat daarop is, kon benut. Toe Ek u, in `n sekere sin as heersers van die skepping, die aarde toevertrou het, was dit aan u oorgelaat, welke betrekking u tussen uself en die geskape wesens wat u omgeef tot stand wou bring. Ek het u geen gebooie gegee nie, Ek het u die volledige vryheid gelaat, Ek het teruggetree, en tot op `n sekere vlak het Ek u alleen gelaat met My werk. Want u moes u wil beproef. U moes uit eie aandrang My goddelike ordening binnegaan, u moes daarin vertoef en moes derhalwe onbeïnvloed deur My dink en handel. En so moes u dus self die verhouding tot stand bring tot alles wat u omgeef.
Maar die geestelike leef in al My skeppingswerke, dit wat u kan sien, het u al self oorwin, dit wil sê, u siel het deur elke skeppingswerk gegaan, wat vir haar `n toestand van dwang beteken en vir so lank, totdat die materiële uiterlike vorm haar vrylaat. Die ontsnap van die geestelike uit die vorm was steeds `n daad van verlossing, want die volgende vorm was steeds sagter en meegewender, tot na eindeloos lange tyd wat die siel haar laaste vorm op hierdie aarde sal betrek. Die goeie mens doen nou onbewus wat die nog in die vorm gekettingde geestelike help om opwaarts te gaan, omdat sy siel die kwellende toestand ken en hom minder erg wil maak vanuit sy liefde. En so kan `n daad bedrewe word wat bevry (uit een bepaalde vorm), wat wreed lyk en tog nie as wreedheid beoordeel kan word nie.
(14 okt.) Daar moet `n onderskeid gemaak word tussen `n handeling wat maar net vernietiging vanuit `n kwade wil voor oë het en so een wat vir die mens `n goed lykende doel moet vervul. Verder moet daar onderskeid gemaak word tussen mens en dier in soverre dat die mens nooit die lewe van `n ander mens mag neem nie, omdat daar op die aarde geen verdere beliggaming vir hom meer bestaan nie, waar die aardse lewe die laaste haltplek vir die geestelike beteken om ryp te word, terwyl die geestelike in die dier die laaste omvorming nog nie bereik het nie, dus `n oorgang in `n nuwe vorm in gekluisterde toestand of tot mens, wat die gevolg van die dood is, en dus `n skrede voorwaarts genoem kan word.
Verder is die omstandighede maatgewend op welke manier die lewe van die dier geneem word. Dit moet `n daad van liefde wees, in soverre dat die dier pyn en kwelling bespaar moet word, want steeds moet die goddelike skepsel daarin gesien word wat My Liefde besit en dus, slegs al daarom, met sagtheid moet behandel word, sodat die geestelike daarin van die kant van die mense liefde bespeur en bereid is om sy lewe te offer vir die welsyn van die mense. Aangesien dit nou die mens in waarheid diensbaar is, vervul hy sy aardse taak en verkry `n hoër graad van rypheid, wat hom die beliggaming as mens verseker, of ook `n hoër trap van ontwikkeling in `n ander lewende wese. Die dood van een dier uit moedswil is `n sonde, want dit breek `n stadium van ontwikkeling voortydig af. Dog nooit kan dieselfde daad as sonde aangesien word, wanneer die motief daarvan hulpverlening vir die medemense is nie. In hoeverre nou hierdie hulp beantwoord aan My Wil, sal eweneens toegelig word.
(15 okt.) Alles wat u eet is deur My geseënd, wanneer u self gelowig van hart is en probeer om My te bereik. Een mens wat bewustelik op My afstuur of instinktief in liefde werk en daardeur naby aan My is, kan nie sondig nie. Wat hy doen, sal korrek wees vir My oog, omdat hy van voornemens is om te lewe volgens My welgevalle. Dus sal hy ook kan eet wat hy goeddunk sonder om homself liggaamlik of geestelike skade toe te bring. Hy moet slegs daaraan dink dat hy met elke voedsel geestelike substansies tot homself neem, dit sal vir hom duidelik wees dat die eet van vleis sy uitwerking (dit beantwoord aan die wese van die dier) het op die siel van die mens en dat daarom die goedaardige dier te verkies moet word, as die mens die keuse het. Wil die mens egter van die genot van die vlees afsien, dan sal hy ook voldoende vervanging vind in die planteryk, maar steeds moet dit hom vrystaan om sy liggaamlike voeding vir homself te kies, want Ek sal elke voeding vir hom seën as hy My om hierdie seën vra. `n Oormaat is egter geensins goed nie, omdat die "ek" van die mens dan verdring word, omdat daar `n vermeerdering van geestelike substansies plaasvind, wat die mens van vroeëre beliggaminge (in klip- plante- en diereryk) besit en wat `n belemmering in sy ontwikkeling kan beteken. In die korrekte mate hoef die mens egter geen ongunstige beïnvloeding te vrees nie. Maar die vis waarborg `n passende maat, dit bevat geen nadelige substansies vir die siel nie en is daarom, met die oog op die siel, die mees bevorderlike voedsel vir die liggaam.
Ek gebied u om geen bepaalde spyse (te eet) nie, net soos Ek u egter ook geen spyse verbied nie. U moet ook steeds op die bereiding daarvan let, sodat die liggaamlike voeding sigself sal aanpas by die wese van die mens, sodat in die besonder skadelike substansies afgesonder word en nie meer met die siel van die mens in aanraking kan kom nie. Die mens sal sulke voorbereidings self tref omdat hy van My die gevoel daarvoor verkry het en, sodra hy na My toe kom, hy deur My onderrig sal word oor wat korrek en vir My welgevallig is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205