Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GOD DULD SLEGTE HANDELINGE, MAAR KEUR DIT NIE GOED NIE
B.D.4770 - 31 Oktober 1949
Wat Ek laat realiseer het, hoef nie altyd in ooreenstemming met My Wil te wees nie, inteendeel kan dit totaal teen My Wil gerig wees, maar Ek verhinder dit nie, omdat Ek enersyds die vrye wil van die mens respekteer en andersyds moet die verkeerd gerigte wil tot die besef kom om na 'n beter insig verander te word. Maar die insien daarvan vind meestal eers dan plaas, wanneer die uitwerking van die slegte handelinge, denke of spreke `n sekere skade of verlies beteken, wanneer hulle op die een of ander manier verstorend werk.
Eers dan is dit moontlik dat een mens homself besin om in te sien dat hy in stryd met My ewige ordening werksaam is. Vir die mense sou daar geen moontlikheid gegee wees om vooruit te kom, as Ek elke slegte handeling wou verhinder nie, dus dat Ek My Krag van hulle sou onttrek, as hulle van plan was om dit uit te voer. In vrye wil moet die mens ryper word. Hy is in die besit van lewenskrag solank hy op aarde in vlees en bloed leef, en hierdie krag moet hy vry kan gebruik na elke rigting, sy wil moet `n korrekte besluit neem.
Dit is die geloofsproef wat u almal moet deurstaan en u is dan eers goed, wanneer u die goeie kies uit vrye aandrang, hoewel die slegte u groot voordeel sou oplewer. En daarom sal Ek nooit `n daad verhinder nie, Ek wil en kan slegs die uitwerking daarvan voorkom, of keer teen die wil van die handelende mens in. En so kan iets wat deur die mens as sleg ingesien word, as deur My begunstig skyn te wees, en tog het Ek geen welgevalle daaraan nie, veel eerder duld Ek dit net, maar keur dit nooit goed nie.
Tog moet die mens homself verantwoord vir alles waarna sy wil strewe, selfs wanneer dit `n seënryke uitwerking deur My Wil het. Dit is dan `n moontlikheid om ryp te word vir die siele wat slagoffer is van dade wat deur `n slegte wil voortgebring word, wat Ek wel toelaat, maar nie goedkeur, sodra hulle teen die gebod van die liefde tot God en die naaste indruis nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205