Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

KERKHERVORMERS
B.D. 4773 - 5 November 1949
Gedurende alle tye was daar mense gewees wat verlang om die waarheid te weet en wat My in diepe liefde toegedaan was, en aan hulle het dit baie vinnig duidelik geword dat die suiwer leer wat van My uitgegaan het, misvormd geword het, want wie die waarheid begeer, sien ook die dwaling in en die afwyking van die suiwer waarheid. Wie My bemin, herken My woord as goddelik, net soos hy egter ook elke dwaalleer as die werk van mense herken, want die liefde vir My en die verlange na die waarheid verskerp sy krag om in te sien en die vermoë om te oordeel.
En daarom is daar ook voortdurend teen die dwaling gestry, dit wil sê, steeds weer is daar mense gevind wat probeer het om reg te stel wat verkeerd was en wat daarom as hervormers opgetree het, bestry deur diegene wat hulleself nie wil losmaak van die dwaling nie en dit verdedig as God se woord.
En Ek was steeds met hulle vir sover Ek met hulle ten stryde getrek het teen die dwaling, dat Ek dus Self deur hierdie mense gespreek het tot almal wat hulle aangehoor het. En steeds was daar mense wat gretig opgeneem het wat die eerstes hulle gebring het, wat dit aanvaar en self ywerig verdedig het. En dus het iedere hervormer sy aanhangers gekry en so het daar "kerkskeurings" ontstaan - dit wil sê, die kerk wat haarself as deur My gegrondves uitgegee het, het steeds weer `n verandering ondergaan, omdat sy volhard het in wat as dwaalleerstellinge ingesien word, en die lede wat hulleself hierteen uitgegee het en `n eie geestesrigting nagestreef het, vorm dus weer `n kerk wat haarself uitgee as My kerk. Die stigters van hierdie kerk was wel deur My Gees verlig, waar hulle die waarheid uit liefde vir My nagestreef het. Maar hulle volgelinge soek `n tweede weg. En nou gebeur weer dieselfde: Die mens wat in die waarheid vasstaan, verlang nie altyd net na die waarheid nie, veel eerder laat sy teensin teen die eerste kerk hom ernstig daarna soek en verlang, want aan hom openbaar Ek My en hy sal altyd op hoogte wees van My leer wat Ek aan die mense gepredik het ten tye van My lewe op aarde. My Gees sal die mense steeds verlig wat in die verlange na die suiwer waarheid, om verligting van hulle gees vra.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205