Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

"DOOD, WAAR IS JOU PRIKKEL?"
B.D. 7480 - 17 Desember 1959
En u einde sal salig wees, wanneer u in My sterf, in u Heiland en Verlosser Jesus Christus, Wie u beloof het, dat u die dood nie sal smaak, as u `n lewende geloof in My het nie. Dan sal Ek u by My neem in die geestelike ryk en die uur van u dood sal slegs `n wisseling van verblyfplek wees, u siel sal die aarde met die geestelike ryk verruil en onuitspreeklik geluksalig wees, want al die gewig val nou van haar af en sy volg My in vurige liefde en vertroue, omdat sy My herken as haar Verlosser, Wie haar op die drempel van die geestelike ryk inwag. Waarom vrees u die dood? Ek het hom deur My dood aan die kruis en My opstanding, die prikkel ontneem. Ek het vir u die lewe gekoop met My Bloed, en die lewe sal u in besit neem en ewig nie meer verloor nie. Solank u op aarde vertoef, is u bang vir die uur van die dood, en hoe dit u medemense ook mag voorkom, die geloof in My in Jesus Christus gee u `n salige einde, al mag dit vir u medemense anders lyk, want Ek alleen het die heerskappy, ook oor die dood en Ek weet wie Ek die ewige lewe kan skenk. En hulle hoef geen vrees meer te hê vir die dood en sy verskrikkinge nie, want Ek het vir hom die dood vol martelinge gesterf, sodat hulle wat myne is, wat My navolg, gespaar mag bly en wat dus ware belyers wil wees en was van Jesus Christus op aarde.
Neem my woorde ernstig en glo dat Ek die Heer is, ook oor die dood en dat Ek alle verskrikkinge van `n mens kan afwend wat myne geword het deur sy geloof en sy liefde. En of dit ookal lyk asof sy liggaam moet ly, Ek bepaal die graad van pyn en waarlik, My liefde spreek `n woord saam en gee die mens nie meer om te dra as wat hy in staat is en wat nodig is vir sy siel nie. Daarom kon Ek vol oortuiging sê: "Dood, waar is jou prikkel, hel waar is jou oorwinning?". Want Ek het oorwinnaar gebly oor hom wat die dood in die wêreld gebring het en Ek sal myne waarlik laat deel hê aan die oorwinning wat Ek beveg het teen die vors van die duisternis. Ek sal diegene `n salige afskeidsuur skenk wat My aanhang en trou gebly het, ook in tye van stryd en nood, want Ek gee hulle ook die krag om vol te hou en hulle trou aan My te bewys.
En dit is op aarde die grootste sege: Om My in die vaste geloof aan te hang tot aan die einde en hierdie geloof sal u liefde u skenk, waaruit slegs `n lewende geloof sal voorkom. Vrees daarom nie die uur van die dood nie, u wat u bes doen om in die liefde te lewe, want dit sal vir u slegs die binnegaan in `n ander wêreld beteken en u sal die aarde graag verlaat en haar domein graag inruil vir die ryk van lig en geluksaligheid. U sal heengaan in vrede en harmonie van die siel, u sal nie deur duisternis hoef te gaan nie, maar in 'n liggewaad mag binnegaan in die ryk wat Myne is en alle heerlikheid beloof, wat u nooit tevore aanskou en beleef het nie. Want as u Jesus Christus gevind het, sal Hy u Self binnelei in Sy ryk in, in die ryk wat nie van hierdie wêreld is nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205