Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

ALLES HET SIN EN NUT. SKADELIKE DIERE – ONKRUID
B.D.7098 - 20 April 1958
Sonder nut en doel is daar niks wat in die hele skepping bestaan nie, maar nie altyd kan u die werklike nut van `n skeppingswerk insien nie, en u vra u dikwels af met welke doel dit of dat geskape is, omdat dit volgens u begripsvermoë geen enkele nut skyn te hê nie. Maar die een verklaring sou al vir u voldoende moet wees, dat alles "krag is uit God" wat eens weer werksaam moet word, maar dat hierdie "krag" baie verskillend is in haar werksaamheid, omdat sy haarself ook op heel uiteenlopende afstand van God bevind. En afstand (verwydering) is te vereenselwig met weerspannigheid.
Daar bestaan dus geestelike substansies, eens deur God uitgestraalde krag, wat ondanks die al seer lange ontwikkelingsgang onder die dwingende wet van "te moet", die weerstand weinig verklein het, wat egter volgens die goddelike ordening die ontwikkelingsgang voortsit en dus so steeds nuwe uiterlike vorms betrek, wat `n langsaam tot werksaamheid kom toestaan, dog hierdie werksaamheid weer beantwoordend aan die weerstand van die geestelike substansies is. Hulle verrig dus geen duidelike diens aan die mense of ander skeppingswerke nie, maar is tog indirek diensbaar.
Dit sal vir u begryplik wees, wanneer u aan die skadelike soorte dink in die diere- en planteryk, aan al die ongediertes of giftige plante, selfs aan dit wat u vir nutteloos of skadelik is in die skepping van die natuur. Maar al hierdie vorme is draers van goddelike krag wat ook aan die daarin ingeslote geestelike substansies `n geringe moontlikheid bied om hulleself te louter. En tegelykertyd dien hierdie nietige skeppingswerke ook weer vir die instandhouding van ander skeppings, deels as voeding vir groter lewende wesens, deels as bemesting van die voedingsbodem van die plantewêreld, ofskoon u mense so 'n uitwisseling nie sal kan waarneem nie.
En wederom kan sy ook vir die mens self en sy geestelike ontwikkeling diensbaar wees, wat ook baie beproewinge vra, waarby die mens hulleself moet waar maak, hetsy deur proef van geduld van allerlei soorte, of ook deur `n verstandige houding teenoor alles wat die Wil van God laat ontstaan.
Daar is niks sonder sin of nut nie, maar of die mens die sin en die nut van elke werk insien, is nie deurslaggewend nie, veel eerder moet Sy geloof aan God se Wysheid, Liefde en Mag hom ook `n sekere respek teenoor al die geskapene inboesem, waar hy andersins twyfel aan God se Wysheid, Liefde en Almag.
Vir die kragstroom wat eens van God uitgegaan het, vir die uiteengevalle substansies van die oorspronklike geskape geeste, is elke materiële omhulsel `n groot barmhartigheid, want sy word deur die liefde van God vasgegryp en dus in `n uiterlike vorm geplaas. En of verskillende uiterlike vorme ook die weerspannigheid teenoor God verraai, maar dat God hierdie geestelike substansies tog vasgegryp het om hulle langsaam in die wet van "jy moet" omhoog te lei, dit alleen al moet u mense leer om elke skeppingswerk met geestelike oë te bekyk en u moet bedink dat God waarlik van baie dinge op hoogte is wat nog vir u mense verborge is en dat u daarom nie voortydig kan oordeel deurdat u kritiek uitoefen op God se skeppings, waartoe u waarlik nie geregtig is nie.
Want sodra u glo dat die skepping die werk van God is, moet u ook elke twyfel teenoor elke skeppingswerk opgee. En u sal dan ook leer om dit met liefdevolle oë te beskou, wat u tot nou toe afsku en afkeer ingeboesem het, waarmee egter nie gesê word dat u dit teen Sy natuurlike bestemming in sal moet ondersteun nie. Want sodra dit aantoonbaar skade aanrig, sal u ook daarteen mag optree en die ontwikkelingsgang daarvan beëindig, want ook dit is God se Wil, dat hierdie skeppings geen lange lewensduur sal hê nie en dat u ook geregtig is om hulle lewensduur te verkort, sodat die geestelike substansies hulleself in steeds nuwe uiterlike vorm tot `n bepaalde rypheid kan opwerk om dan ook tot dienende funksies toegelaat te word, sodra die vroeëre weerstand minder word, sodra die geestelike so ver versag is, dat dit bereidwillig diensbaar is en dus langsaam opwaarts sal klim.
En u mense sal moet weet dat ook u self, dit wil sê, u siel, sulke substansies bevat wat hierdie bogenoemde weg moet aflê. Want u het alles in u wat u oë in staat is om te sien. Maar God se Liefde, Wysheid en Almag weet om alles in die korrekte ordening te lei, want Hy streef maar een doel na, wat Hy ook eens sal bereik.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205