|
Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 2
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21. |
|
|
VERKLARING VAN DIE STIGMA B.D 4701 - 31 Julie 1949 In My lyding en sterwe aan die kruis is u `n voorbeeld gegee van diepste Liefde en grootste offervaardigheid, wat sy gelyke nie het nie. Daar is nou eenmaal sake tussen hemel en aarde wat vir u mense totaal onverklaarbaar sal wees, omdat u niks weet van die inwerking van geestelike kragte op `n mens wat so iets vir homself toelaat deur sy wil wat homself in die goddelike ordening ophou nie. En so staan u dikwels voor `n raaisel, waarvan die oplossing egter eenvoudig is vir hom wat in geestelike kennis binnegegaan het, voor diegene wat vir alles `n verklaring vind, wat hom deur sy gees gegee word. Maar net selde kan so 'n verklaring uit die geestelike ryk aan `n mens gegee word, omdat die direkte werksaamheid van die gees maar selde toegelaat word, respektiewelik aandag daaraan geskenk word. Want dikwels word `n saak as eie gedagtes aangesien, wat egter die werksaamheid van die gees is, en maar selde kan die gees in die mens homself so duidelik te kenne gee, dat hy dit herken en dat die resultaat daarom aanvaar word. My lyding en sterwe aan die kruis was uiters pynlik vir die menslike wat My liggaam vorm, wat die offer van die mens Jesus alles oortref wat ooit as werk van liefde op aarde kon geld. En tog neem die mensdom byna geen notisie meer daarvan nie, hulle wat dit vergeet, omdat hulle wil vergeet. Die begrip van `n Verlosser van die mensdom is uitgewis in die hart van die meeste mense, en maar weinige stel hulleself die lyding van die mens Jesus voor oog, sonder om dit egter in sy diepte te bevat en te voel. Maar die geestelike wêreld bevind haarself voortdurend onder die indruk van die verlossing deur Jesus Christus. Die geestelike wat vol van lig is, maak alles in die hede mee, dit ken geen tydsbesef, verlede, hede en toekoms nie en is vir die ligwesens een en so maak hulle telkens die kruisiging van Christus (Christus) mee, en loof en prys Hom, Wie deur Sy dood aan die kruis die hemel vir hulle ontsluit het; wat dit vir hulle moontlik gemaak het om God te aanskou; wat die groot sonde tot niet gemaak het wat My skepsels van My geskei het deur ewighede heen. Dit spoor die ligwesens aan om die mense op die grootste Liefdedaad opmerksaam te maak, wat ooit op aarde volbring was. Die diepe indruk wat die kruisdood van Christus (Christus) steeds weer op die ligwesens maak, sou hulle ook aan die mense wil oorbring, maar hulle stuit teen weerstand, want die mensdom bevind haarself so onder die indruk van die wêreld, dat die goddelike Verlosser Jesus Christus alleen nog `n fantasiebeeld vir haar is, dat die beskrywing van die werk van verlossing vir hulle alleen `n fabel beteken wat steeds meer en meer aan geloofwaardigheid verloor. Die geestelike wat vol van lig is, sien die toenemende verduistering op die aarde en probeer hier en daar `n lig te ontsteek, hulle probeer om die mense `n geringe straling uit die geestelike ryk oor te bring, gedrewe deur die liefde vir die onverloste geestelike, wat, as mens beliggaam, dreig om nie die proef van die aardse lewe te deurstaan nie. Dog die toegang tot die menslike hart is vir die ligwesens moeilik te verkry, want die siel moet haar goedkeuring uitspreek uit vrye wil, ofskoon die liggaam by hierdie wilsuiting van die siel nie betrokke kan wees nie. Die siel moet in die toestand van vryheid van die liggaam, in die slaap of in volledige sluimering van die liggaam, die verlange toon na buitengewone toevoer van krag in elke vorm. Dan maak die ligwesens hulleself Heer van die siel, wat hulle ook nie opgee, wanneer die liggaam weer in sy gewone sake in verbinding met die siel staan nie. Dan word vir die siel, van die kant van die ligwesens af, `n blik gegee in die geestelike ryk, wat so onder die indruk daarvan is, dat die indrukke van die siel ook na die liggaam oorgedra word. Die mens sien dus nie in die liggaamlike toestand geestelike gebeurtenisse met die verstand of met die oog van die liggaam nie, inteendeel, slegs die siel sien, wat haarself egter aan haar liggaam duidelik laat voel. Die siel beleef met groot innigheid die gebeure van die kruisiging van Christus (Christus), maar sy gee hierdie belewenis nie deur aan die liggaamlike verstand nie, sodat die denke van die mens dus heeltemal nie daarby betrokke is nie, maar dat die letsel aan die liggaam oorgedra word deur die opwinding van die siel, dat die liggaam dus in die ware sin van die woord saam ly met wat die siel innerlik waarneem. Die wêreld vol van lig probeer die gedagtes van die mense op die grootste misterie in die universum te rig, op die grootste Liefdewerk, waarsonder niemand verlos sou kon geword het uit die ban van die sonde nie. Die ligwesens neem elke geleentheid waar, waar hulle deur `n mens tot almal in sy omgewing kan spreek, hulle probeer die opmerksaamheid te wek, ook by diegene wat ongelowig is en vir hulleself `n natuurlike verklaring probeer gee. Hulle ontsteek klein liggies, wat egter tog `n helder skynsel versprei, as hulle nie verborge gehou of gedoof word deur die invloed van die teenstander, wat alles probeer verstik wat na die verlossing deur Jesus Christus wys nie. Want die stryd tussen lig en duisternis word steeds hewiger, hoe nader die einde kom, en daarom sal ook alle aanwysinge toeneem. Daar sal tekens en wonders geskied en salig is hy wat hieraan aandag skenk en sy gevolgtrekkings daaruit maak. Amen
|
|
|
|
|