Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

BEANTWOORDING VAN VRAE OOR ONBEVLEKTE ONTVANGENIS
B.D. 6673 - 18 t/m 20 Oktober 1956
In elke aardse en geestelike nood wil Ek u bystaan sodat u sal glo in My Liefde, in My Wysheid en Mag. Want u, My skepsels, het Ek oneindig lief en Ek wil ook u liefde wen. Ek ken u nood en weet ook hoe om dit op te los en Ek besit die mag om haar op te hef.
En hoe graag betoon Ek My Liefde, Wysheid en Mag aan die kinders wat hulleself tot hulle VADER wend en Hom vertroulik vra om aan hulle te dink en hulle te help. Aardse en geestelike nood wil Ek van u afneem, maar in aardse nood verlang Ek soms u geduld, omdat Ek alleen weet waarom sy oor u moes kom. Maar Ek neem haar van u af.
Wie homself egter in geestelike nood bevind, sal nie lank hoef te wag nie, want as hy My maar aanroep om aan hom te dink, is Ek ook al bereid om te help. En geestelike nood is: Sielswakte, dus verswakte wil, geestelike duisternis en steeds terugkerende twyfel. Geestelike nood is die werksaamheid en die invloed van My teenstander, wat homself heel dikwels juis by die mense in die buurt waag wat al Myne is en wat hy graag weer sou wil terugwen in sy mag. En solank as wat die mens op aarde leef, sal hy probeer op sy invloed uit te oefen en hom steeds weer te wil verswak. Dog, sodra die mens homself tot My wend, verdryf hy hom en Ek laat My krag oorstroom en bring vir die mens lig en insig, Ek vervul sy versoek om die geestelike nood af te wend.
U sal moet weet dat dit daarom My teenstander se manier is, om die lig van die waarheid te doof, sodat hyself, met sy helder skynlig, sy weg deur alle plekke kan baan en die duisternis, die gebied waarin My teenstander alleen maar kan werk, verjaag. Dus sal hy probeer om die lig te doof. Hy sal `n skaduwee daaroor wil uitsprei, deurdat hy dus die mens vrae influister wat twyfel oproep en daardeur poog om die lig van sy insig te vertroebel. Maar die laaste laat Ek nie toe nie, inteendeel sal My lig van die waarheid des te helderder omlaag straal en die lig wat hy probeer om te verduister, sal des te helderder lig bring in die nag. En waar daar nog êrens `n skaduwee aanwesig is, word dit deur die lig uit My, wat alles deurstraal, verteer, want in die lig kan niks bestaan wat donker is nie. En so sal die "ewige Lig" u Self verkondig:
U wat op aarde leef, asook al die geestelike wat al een keer deur die aardse lewe heengegaan het as mens, is die geestelike wat eens geval het, op enkele uitsonderings na, want ligwesens beliggaam hulleself ook op hierdie aarde. Dus kom daar uit die ryk van die lig wesens na benede tot u mense om u te help in diepe geestelike nood.
U sal dus `n onderskeid moet maak tussen: Van God afgevalle geeste en hulle wat Hom trou gebly het. Die eersgenoemde bevind hulleself as aanhang van My teenstander in die diepte, die laasgenoemde vertoef in alle volmaaktheid by My. U sal dus ook 'n onderskeid moet maak tussen: Diegene wat die wil van die teenstander nog in hulleself het en hulle wat al in My Wil binnegegaan het, maar nog geen volmaakte wesens is nie, en wat daarom nog aan sy invloed blootgestel is. En dan sal u dit ook kan begryp dat die laastes gehelp moet word, omdat hulle nog te swak teenoor sy invloed is Dus sal die missie van die ligwesens, wat hulleself vrywillig op aarde beliggaam het om hulle te help, ook vir u verklaarbaar wees. En dan sal u ook die missie van die mens Jesus begryp, Wie as net so 'n ligwese `n reddingswerk volbring het wat die mag van My teenstander gebreek het.
(19 okt.) Almal was kinders van My Liefde, sowel die gevalle, asook die wesens wat by My gebly het, maar hierdie wesens het nie gelyk gebly nie, hulle het nou verskillend geword, daar was stralende wesens en wesens sonder lig, wat ook nie in dieselfde sfere kon vertoef nie. En met gevolg het die "ryk van die lig" en die "ryk van die duisternis" verblyfplek geword van hierdie wesens wat van aard verskil. En daar het geen brug bestaan tussen hierdie twee ryke nie, tot by die menswording van Jesus, `n Engelgees Wie by My gebly het, Wie hierdie brug wou slaan en geslaag het deur `n werk van erbarming van `n eenmalige aard.
Die wesens wat eertyds hulle volmaaktheid ingeboet het deur hulle opstand teen My, het `n Helper nodig gehad waar hulle alleen te swak was, ook wanneer daar `n brug geslaan was, omdat My teenstander ook oor groot krag beskik, wat hy teenoor Sy vroeëre aanhangers kon aanwend.
Maar ook die wesens wat by My gebly het, was vol krag, omdat hulle hulleself onophoudelik deur die krag van My liefde laat deurstraal het. Dus sou die krag van een nie-gevalle engelgees oorvloedig volstaan het om `n sege oor My teenstander te behaal en hom sy aanhang te ontruk. Dog dit was in stryd met My wet van ewige ordening, omdat die vrye wil van al die wesens, wat My teenstander eens vrywillig gevolg het, dan nie eerbiedig sou gewees het nie en `n sege wat sodanig verwerf is, `n vervolmaking van die wesens sou uitskakel.
Dus daarom moes daar `n ander weg gesoek word. Die Liefde moes `n offer bring en dit moes ieder gevalle wese vrystaan om van die offer gebruik te maak, dus te wil dat dit ook vir hom gebring was. Slegs `n mens kan egter `n offer bring; `n ligwese kan wel die wil hê om homself op te offer, maar hy moet dan as mens die offer volbring, omdat hy as ligwese nie kan ly nie en ook oor soveel krag beskik dat alles vir hom moontlik is. Maar `n mens is `n swak, gebrekkige wese, wat gevoelig is vir leed en pyn, wat nou `n oorgrote sterkte van wil moet voortbring, wanneer hy vrywillig ly en kwellinge op homself neem, om nie vir homself nie, maar vir sy medemense iets te bereik wat sy liefde graag sou wil skenk aan die ongelukkige mense. Hy moet as " maar net as mens" `n offer bring vir sy medemense. Hy moes in staat gewees het om te ly en te sterwe.
En so sal u begryp, dat die mens Jesus glad geen voortreflike eienskappe kon weergegee het wat Hom as `n mens met `n buitengewone aard gekenmerk het nie, selfs wanneer Sy Siel `n liggees was.
Sy het weliswaar nie deur die skepping gegaan soos die siele van die mense, die gevalle broeders nie; tog was hierdie siel, toe sy die vleeslike liggaam betrek het, wat net soos die liggaam van ander mense, `n opeenhoping van onryp geestelike substansies was, dus ook met dieselfde gevoelens, begeertes en hartstogte vervul, wat die mens Jesus in Sy aardse lewe moes leer om te oorwin.
Want Sy missie was, behalwe die verlossing, die delging van die swaarste sondeskuld, om die mense `n lewe voor te lewe wat vir hulle alleen `n terugkeer na My sou verseker. As daar dus van geheel ontoereikende, swak en deur hartstogte gebonde mense iets verlang word, dan moes dit ook moontlik gewees het om die verlangde uit te voer. En as die mens Jesus as voorbeeld wou dien, dan moes Hy net so geaard gewees het soos Sy medemense.
Uit Sy ongewone afkoms, net soos ook die ligwesens wat op die aarde beliggaam is, wat die mense wil help, mag mens geensins aflei dat daar sprake sou wees van ongewone kapasiteite of buitengewone eienskappe, wat `n minder harde stryd met homself sou geverg het, om op aarde die vereniging met My te vind nie, wat die doel en opgawe is van elke mens op aarde en waarvoor die mens Jesus die voorbeeld gegee het dat dit bereik kon word.
Wat Jesus ook voorheen as liggees gehad het, het Hy opgeoffer vir Sy beliggaming as mens, waar Sy werk andersins nie dit sou kon gewees het wat dit was nie: `n Deur die Liefde gebringde offer, waarvan die seën aan alle mense moes toekom.
Maar dit kan ook nooit ontken word dat "God Self die offer gebring het nie, omdat die Liefde bepalend was, Wie die mens Jesus so vervul het, dat Ek dus Self in Hom kon wees, nadat Hy as mens Homself so in vrye wil gevormd het, dat Ek My intrek by Hom kon neem, dat Hy tot opnamehouer geword het vir My en Hy nou dus krag en lig in volheid besit het, weer `n proses wat nie alleen in die mens Jesus kon plaasvind nie, maar dat alle mense by hulleself moet realiseer en ook in staat is, omdat Hy nou `n Helper het in die goddelike Verlosser Jesus Christus, omdat Hy as mens deur Sy verlossingswerk `n mate van barmhartigheid verwerf het, wat nou vir elke mens toeganklik is. En wie hiervan sal gebruik maak, sal ook by sy doel uitkom. Hy sal op aarde ook die vereniging met My vind, hy sal onbegrens lig en krag kan ontvang.
(20 Okt.) Maar daar moet nog verdere opheldering vir u gegee word, want solank daar nog vrae by u opkom, is daar ook die noodsaak om u die korrekte antwoord te laat toekom. En hoe inniger u die antwoord begeer, des te vinniger sal dit ook tot u kom:
Die siele wat hulleself vanuit die diepte ontwikkel het, het as laaste stadium van hulle ontwikkeling op aarde die beliggaming as mens te verwag, dan word die ontwikkelingsgang op die aarde beëindig en betree die siel dus die geestelike ryk, hoe sy ookal gevormd is, by die aflegging van haar liggaamlike omhulsel. Hierdie siele gaan dus hulle weg volgens goddelike ordening, sy bevry haarself uit die harde materie, deur diensbaar te wees en styg immers langsaam omhoog.
Maar die ligsiele wat op die aarde beliggaam is, daal alleen met die doel van `n missie af na die aarde, hulle betrek dus die menslike liggaam dadelik om dan, wel net soos elke ander mens, ook die gang oor die aarde af te lê en is hulle dus ook aan alle natuurwette onderworpe om net so op aarde te moet worstel. Dus sal hulle uiterlike omhulsel dieselfde eise aan hulle stel, omdat dit saamgevoeg is uit nog heeltemal onontwikkelde geestelike substansies, sielepartikels van `n eens gevalle oergees, wat haar nou makliker kan beïnvloed en gees en siel nou ook haar uiterlik omhulsel probeer beïnvloed, en dit met sukses.
Die siel is self nie van haar vorige toestand van lig bewus nie, die aardse liggaam veroorsaak vir haar dieselfde verduistering, slegs sal die liefde in so 'n mens sneller en sterker ontvlam en dus ook vinniger die duisternis verjaag. `n Siel van bo sal ook steeds haar oog na bo rig tot God, Wie sy buitengewoon vinnig leer herken. So 'n siel het meestal nie so 'n lang tyd nodig om haarself te verenig met die goddelike geestesvonk in haarself nie, wat haar nou makliker kan beïnvloed en, gees en siel nou ook haar uiterlike omhulsel probeer beïnvloed, en dit met sukses.
Die feit dat die siel nou die weg oor die aarde moet aflê, is steeds met die vanselfsprekendheid verbonde, dat die siel sal moet stry, omdat sy in hierdie aardsmateriële wêreld voortdurend hindernisse moet oorwin om die geestelike doel te bereik. Dus kan geen enkele siel sonder kwelling opwaarts gaan nie, ook nie `n siel van die lig nie, omdat sy haarself, by die begin van haar beliggaming, in die diepte begewe het, in `n toestand van geen insig, van gebondenheid en van swakheid.
Dit moet mens dus steeds in oorweging neem, wanneer die weg oor die aarde van `n beliggaamde ligwese, daarmee in ooreenstemming, as makliker aangesien word. Die aardse liggaam is en bly `n ketting vir die siel totdat sy dit verlaat. En tog kan die liggaam ook nog verskillend wees. Die vlees kan nog diep in die sonde steek, dus nog veel van die duiwelse in haarself hê, wanneer dit gebore word uit die sonde, wanneer alleen maar sataniese eienskappe die mense beheers wat `n nuwe lewe verwek. En wederom kan `n nuwe tot lewe verwekte wese sy lewe te danke hê aan die drang om lief te hê van twee mense, daarom kan oorwegend goeie aandrifte ook in die wese binne gestroom het en dus sal ook die uiterlike omhulsel daarmee in ooreenstemming geaard wees. Sy sal baie van die "erfgoed" in haarself dra en dus min of meer hard moet stry in die aardse lewe en daarom ook moeiliker of makliker die doel bereik.
Maar sonder stryd bly die bestaan van geen mens op aarde nie. En dikwels is die lewe van `n ligwese op aarde selfs buitengewoon swaar, omdat die siel onbewus van die rede daarvan, die verblyf in die aardse wêreld as kwelling ondervind en ook terwille van haar missie, dikwels `n baie swaar lot op aarde op haarself neem.
Deur Adam se val is die proses van die verwekking `n ongesëende gebeurtenis, want dit stem nie ooreen met die Wil van God, WIE Sy seën op die korrekte oomblik aan die eerste mensepaar wou gee nie. Lucifer was betrokke by die verwekking van die mense, en hy sal sy reg, aan hom deur Adam se wil verleen, ook nooit opgee nie. Steeds sal hy betrokke wees by die ontstaan van nuwe lewe, ofskoon die graad van liefde van die mense hom tot `n sekere grens kan afweer en God se beskerming teen hom afgebid kan word.
En nou sal dit ook vir u begryplik wees, dat God Self egter Sy teenstander afweer, wanneer Hy vir Homself `n liggaamlike omhulsel skep wat Hy eenmaal in besit wil neem en wat Hom al by die geboorte tot woonplek moes dien. Want God Self sal nooit as te nimmer verbind met Sy teenstander in Sy werksaamheid nie. En netso sal Hy ook die natuurlike Draagster van die omhulsel van Hom nie deur Sy teenstander in beslag laat neem nie. Hy, die God en Skepper van ewigheid, WIE alles laat ontstaan het, Wie aan alles doel en bestemming toewys, het waarlik die mag om alles wat Hy wil, buite Homself te plaas, dus sal dit tog ook vir Hom moontlik wees om `n mens te laat ontstaan sonder die wettige verwekkingsdaad (by die onbevlekte ontvangenis van Maria = opm. v/d uitg.) en dit sal waarlik ook vir Hom moontlik wees, om Sy teenstander verwyderd te hou totdat Sy Wil geskied het.
Want God verskaf alleen onderdak vir Homself in `n suiwer omhulsel, Hy verbind Homself nie met iets onrein nie, wat egter nie uitsluit, dat die mens in die ryk van onvolmaaktheid, in die ryk wat aan Sy teenstander toebehoort, nou tog nog aan alle benouenisse blootgestel is en dat Sy weg oor die aarde daarom nie minder smartlik en, ook vol van stryd is, net soos die van Sy medemense nie. Want sonder stryd sou daar ook geen oorwinning wees nie. Maar die teenstander van God moes oorwin word en Jesus het waarlik standgehou in die swaarste stryd, wat ooit op aarde geveg was, en Hy het hom as mens deurstaan, nie as God nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205