Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

GOD VOER SY VERLOSSINGSPLAN DEUR
B D 8656 - 26 Oktober 1963
U sal nooit in staat wees om My teen te hou by die uitvoering van My Verlossingsplan van die ewigheid nie. Ek het wel gesê dat u deur innige gebed baie van u sal kan afwend, maar My Verlossingsplan is gebaseer op die wil van die mense, wat Ek van ewigheid deursien. Dus kon Ek ook dienooreenkomstig die tye bepaal waarin daar groot omwentelinge afspeel, en Ek sal My ook aan hierdie tye hou. Ek kan vir elkeen op grond van sy innige gebed voorvalle afwend. Ek kan elkeen so lei dat hy nie getref word deur gebeurtenisse wat Ek oor die mense laat kom en waarmee Ek My doel wil bereik nie, naamlik om die tot stilstand gekome terugvoeringsproses voort te sit. Maar ongewone gebeurtenisse het Ek u steeds vooraf verkondig, en hierdie voorspellings sal ook vervul word omdat hulle vervul moet word, as die Goddelike ordening weer herstel moet word.
Ek weet waarlik sedert die ewigheid wanneer daar nie meer volgens die Goddelike orde geleef sal word nie en kon daarom ook op hierdie tyd wys en die groot omwentelinge vermeld, wat onherroeplik sal plaasvind volgens My aankondigings. Die mense sal egter nooit sonder om te twyfel hierdie aankondigings glo nie, want dit wat voorspel is, wat hulle binnekort te wagte sal wees, gaan die menslike begrip te bowe. Hulle sal weliswaar aan die verloop van die wêreldgebeure kan sien dat `n verandering moet intree, omdat die mense op `n lae geestelike vlak beland het, wat duidelik te herken is aan die genotsug en die groot verlange na aardse welsyn, aardse goedere, eer en mag. Hulle sou dus deur die tekens van die tye kon insien, dat sulke aankondigings ten volste geregverdig was, sodat dit ernstig opgeneem moet word en hulle hulle eie lewenswandel nou in ooreenstemming daarmee moet lei. Maar die ongelowigheid is heeltemal te groot, dat van die mense aan sulke aanwysings gehoor sal skenk. Hulle lewe ongeremd `n suiwer aardse lewe en wys alle gedagtes aan `n ingrypende verandering, van hulle af weg. En daarom sal die mensdom oorrompel word deur `n natuurgebeurtenis van katastrofiese aard, wat van so `n omvang sal wees soos wat die aarde nog nooit beleef het nie. Die sal ook vir baie mense die einde van hulle lewens bring en sal lei tot chaos van die grootste omvang, wat `n groot ellende vir die mense sal inhou.
En dit is `n laaste teken van vermaning en sal ook steeds weer aan die mense verkondig word. My bodes moet die mense daarop wys, sodat hulle die waarheid herken wanneer hierdie gebeurtenis plaasvind en hulle die laaste tyd tot aan die kort daaropvolgende einde nog goed kan benut vir die voltooiing van hulle siele.
My bodes sal egter maar weinig of geen geloof vind nie, maar tog gee Ek hulle die opdrag om altyd te spreek waar die geleentheid daar is. Die mense wil nie gesteur word in hulle genotslewe nie, maar hulle sal plotseling wakker skrik en die komende gebeurtenis kan vir elke afsonderlike mens die einde beteken en hy sal niks van al sy aardse goedere kan saamneem na die hiernamaals nie. En daaraan moet hy altyd dink, want of hy verder ook nie gewillig is om te glo nie, weet hy tog dat hy sy aardse lewe nie met `n dag kan verleng nie, omdat die uur van sy dood vasstaan. Hy weet dat die einde ook eenmaal vir hom sal kom en dat dit enige dag kan wees, dat hy daarom alles moet agterlaat wat sy lewensinhoud uitmaak. Daarom mag hy die aardse goedere nie so hoog aanslaan nie, maar moet vir hom geestelike goedere verwerf vir die ewigheid. Dan sou hy eers wys handel, terwyl `n suiwer aardse lewe geen teken van wysheid is nie, maar `n verwarde denke.
My Verlossingsplan van die ewigheid word uitgevoer en aan hierdie dag wat Ek My gestel het, sal ook vasgehou word, omdat die mensegeslag nie meer sy aardse roeping vervul nie en daarom deur die aarde verswelg sal word; met uitsondering van hulle wat My herken het, wat in My glo en My trou sal bly tot aan die einde, want die aarde moet verder haar doel vervul as skolingsplek vir die geestelike wat hulle op die weg van hulle terugkeer na My toe bevind.
Daarom kan die groot omvormingswerk ook nie agterweë bly nie, en dit sal alles so gebeur soos wat Ek dit altyd weer voorspel het, omdat Ek die mense nie ongewaarsku laat nie. Ek bied vir elkeen nog genoeg geleentheid om die weg na My toe te vind, om in geloof en liefde tot My, die verbinding te soek.
En waarlik, hulle sal nog gered word voor die einde, want Ek sal hulle al vroeër laat sterf, sodat hulle nie in gevaar kom om heeltemal af te sink nie, maar in die hiernamaals nog tot volle ontwikkeling kan kom. Of, Ek sal hulle aan die einde van die aarde wegneem en bring na `n oord van vrede, omdat hulle weer die nuwe aarde moet bewoon as stam van die nuwe mensegeslag (menseras). Glo dit tog, mense, - dit wat Ek u altyd weer aankondig, want daar is nie meer baie tyd nie en elkeen wat van goeie wil is kan nog gered word, sodat daardie verskriklike lot van die hernieude kluistering hulle nie tref nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205