|
Boek 12 - Die hernieude kluistering BERTHA DUDDE
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24. |
|
|
DIE LOT VAN DIE GODLOËNAARS B D 8603 - 1 September 1963 Dit is die grootste triomf van die teenstander wanneer hy `n mens van die geloof in een God afgebring het, Wie die wêreld laat ontstaan het en homself ook geskape het. Dan het hy bereik wat hy wil bereik, naamlik om God volledig te verdring uit die gedagtes van die mens. Dan hoef hy nie meer bang te wees om hom te verloor nie. Maar die mens wat `n God heeltemal verloën is in sy lewe ook `n liefdelose mens. Daarom het die teenstander invloed op hom, terwyl `n mens wat nog `n vonkie liefde in hom het, tog nog tot insigte kan kom dat daar `n werklike Mag bestaan, Wie sy lewenslot bepaal en van Wie hy self afhanklik is. Die eersgenoemde egter is met al sy sintuie aan die wêreld geheg. Vir hom bestaan daar buite hierdie wêreld niks, hy dink dat alles verby is en hy na die "niks" sal terugkeer na sy liggaamlike dood, en daarom geniet hy soveel as moontlik van wat die aardse lewe hom bied. So `n mens kan ook oor `n skerp verstand beskik, hy word egter deur God se teenstander mislei en sal hom selfs aanmatig om "bewyse" te kan aanvoer wat die geloof in God tot niet sou moet maak. Alle skeppings trag hy om te verklaar as dat dit uit `n natuurkrag ontstaan het, dat hierdie natuurkrag egter `n Wese moet wees wat moet kan dink en `n Wil het, wil hy nie toegee nie. En sy denke sal ook net solank foutief en verward wees totdat hy `n klein liggie in hom ontsteek deur dade van liefde, waaroor alle kennis hom egter (deur eie skuld = opmerking van die uitgewer) ontbreek. Hy is dus nog heel en al in die boeie van die teenstander. En daarom gaan so `n Godloënaar met groot sekerheid `n hernieude kluistering tegemoet, want hy faal volkome met sy laaste beslissing op aarde. Hy is nog net so weerspannig teen God soos wat hy vroeër was met sy afvalligheid van God; hy behoort by die teenstander en moet uiteindelik ook sy lot met hom deel. So `n mens kan deur verstandelike redenering ook geen opheldering gegee word nie, hy wil nie glo nie en hy sal daarom ook alle geestelike kennis verwerp as inbeelding en fantasie. Om nou aan so `n mens geestelike kennis te wil bybring, sal volkome tevergeefs wees, want God se teenstander is sy heer en die sal nooit duld dat iets vir hom duidelik word nie. Hy sal hom in steeds dieper duisternis dompel en die verblindende lig van die wêreld des te feller vir hom laat voorkom, sodat hierdie mens totaal onbekwaam sal word om geestelike dinge te glo. Die teenstander het hom heeltemal in besit geneem en laat hom ook nie meer los nie. Dit gaan in die aardse lewe egter slegs daaroor dat die eertyds geestelike oergees nou in die stadium as mens vir God erken, sodat sy oerskuld van hom afgeneem kan word, wat slegs deur Jesus Christus kan gebeur. Hom moet hy erken en Sy Verlossingswerk aanneem, want daarmee neem hy ook God Self aan wat in Jesus die werk van versoening vir sy oerskuld volbring het. Maar solank die mens volkome ongelowig deur die aardse lewe gaan, bly hy belas met sy skuld en kan hy die geestelike ryk nooit binnegaan nie, maar hy moet opnuut die ontwikkelingsgang deur die skeppings van die aarde aflê in ontsettende kwelling en weer eindelose lang tye. Want ook in die ryk hierna sal dit nie slaag om `n Godloënaar van mening te laat verander en hom te beweeg om sy weerstand teen God op te gee nie, want hy sluit hom net soos op die aarde af van alle leringe, en teen sy wil kan geen lig in hom aangesteek word nie. Maar as `n mens op aarde, wat dink dat hy nie kan glo nie, iets ernstig doen om die waarheid te wete te kom of daar werklik `n God en Skepper bestaan, dan sou die moeite waarlik nie sonder sukses wees nie. Dan sal hy altyd weer daaroor nadink en ook verstandelik tot `n ander gevolgtrekking kom, want daar is genoeg bewyse in die skepping wat hom tot ander gedagtes sou kan bring. Die wil om die suiwer waarheid te wete te kom moet slegs aanwesig wees. Maar hierdie wil ontbreek by die mense wat hulle in die mag van die teenstander bevind,en hulle gaan daarom in volledige geestelike duisternis deur die aardse lewe. Maar ook sulke mense word steeds weer gekonfronteer met barmhartigheid, altyd word hulle weer onopvallend gehelp, want God se Liefde agtervolg ook sulke mense en soek om hulle vir Hom te wen. Hy reik hulle altyd weer Sy Hand, wat hulle alleen maar hoef te gryp om hulle daarom ook uit die mag van die teenstander te kan bevry. Maar nooit word hulle wil gedwing nie. En daarom bepaal die mens self sy lot en moet hy weer in `n gekluisterde toestand sy weg oor die aarde gaan, ooreenkomstig die wet van die ewige ordening. AMEN
|
|
|
|
|