Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE SWAARSTE STRAF
B D 4777 - 10 November 1949
Om gekluister te word in die hardste materie is die swaarste straf wat `n geestelike wese kan tref wat al as mens beliggaamd op die aarde was. Die ontelbare skeppings is al genoeg bewys dat tallose wesens weer hulle weg van ontwikkeling moet begin, want solank die geestelike dit nodig het om hulle te ontwikkel, sal daar ook aardse, stofliker, skeppings wees wat vir die geestelike as draers sal dien en wat die ontwikkeling moontlik maak deur die veelsydigheid en verskeidenheid van hulle vorm na gelang van die gedaante en die harder of sagter substansie. Solank as wat hierdie skeppings nie sal ophou om te bestaan nie, sal die geestelike ook nie verlos word nie.
Gedurende die tyd van `n verlossingsperiode kan die geestelike hulleself uit die hardste materie omhoog ontwikkel tot en met die mens, want hierdie moontlikheid bestaan. Maar daartoe is die opgee van die weerstand gedurende `n vasgestelde tyd nodig, wat netso moontlik is, maar wat egter meestal teen die hardnekkigheid van die geestelike skipbreuk ly, wat aanvanklik so weerspannig is teen God dat ewighede kan vergaan voordat hierdie weerstand gebreek of verswak is. Skeppings wat vir die menslike oog, dikwels vir `n eindeloos lang tyd, onveranderlik lyk, gee blyke van hierdie weerstand. Ook vir die skeppings wat in `n sekere sin die korste van die aarde vorm en `n gewelddadige oplossing deur die Goddelike wil ervaar, moet die moontlikheid tot ontwikkeling van die geestelike gegee word.
En vir die geestelike is een verlossingsperiode dus nie voldoende nie. Tog bespeur dit aan die einde van die tydperk die oproer in die heelal en het nou self belangstelling vir `n nuwe vorm, en die weerstand teen God word minder omdat dit Sy ontsagtelike krag en mag gaan bemerk. En God hou rekening met die verlange en los aan die einde van die periode alle skeppings op, wat dus nou `n keerpunt vir die geestelike beteken wat ewighede lank werklose geestelike was in die binneste van die aarde.
Die geestelike is nou voorberei om te dien en word in die uiterlike vorm ingelyf wat `n, al is dit aanvanklik maar `n minimale besigheid, toelaat. En die ontwikkelingsgang begin nou oor die aarde en lei ook verseker tot die beliggaming as mens, al is dit eers na `n baie lang tyd. Dit is `n verklaring vir die komende verwoesting van die aarde, wat in die ewige Verlossingsplan voorsien is en ofskoon baie menselewens daaraan ten offer sal val, beteken dit vir die geestelike verlossing, dat hulle hulle bestaan in ander nuwe vorms uiters verlangend sal tegemoet gaan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205