Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

KRINGLOOP. BEËINDIGING VAN `N VERLOSSINGSPERIODE
B D 7997 - 3 Maart 1963
Die kring sluit homself. `n Verlossingsperiode wat `n lang tyd gelede begin is en wat `n baie belangrike verlossingsperiode genoem kan word, loop ten einde, want Ek self het in hierdie periode op die aarde neergedaal om vir al die geestelike die verlossingswerk te volbring. En na die verlossingswerk kon die eerste geestelike geeste terugkeer wat My nou erken en wat ewig by My bly, omdat hulle hulleself weer vrywillig omvorm het tot liefde.
Maar nou begin `n nuwe verlossingsperiode, en hiertoe is die oplossing van die materiële skeppings in-, op- en bo die aarde vooraf nodig plus `n totale omvorming van die aardoppervlakte. En al die geestelike sal daarom weer sy korrekte plek moet inneem na gelang van elkeen se graad van rypheid. Daar sal nuwe skeppings ontstaan wat die geestelike opneem volgens die graad van rypheid daarvan, en dit tot verdere ontwikkeling bring. En daar sal ook `n nuwe mensegeslag wees, voortkomend uit die wat My trou gebly het, mense wat die laaste geloofstryd op hierdie aarde sal deurstaan, en sodoende die laaste groot geloofsproef sal aflê.
Hierdie mense vorm die stam van die nuwe geslag wat die nuwe aarde sal bewoon, terwyl die wat nog volledig teen My weerspannig is, gekluister sal word in die vaste materie en sal hulle ontwikkeling omhoog opnuut moet begin.
Dan is `n aardse periode voltooi, dit wil sê dat daar weer `n kringloop haar hoogtepunt bereik het, sodat baie siele die uiterlike vorm kon verlaat en vir goed in die geestelike ryk terugkeer. Dat hulle dus die algehele verlossing bereik het deur Jesus Christus en hulle nou in die geestelike ryk hulle lewensdoel vervul. Dat hulle nou skep en werk volgens My wil wat ewenwel ook hulle s`n is, en dat hulle steeds verder omhoog styg omdat daar in die ligryk geen grense gestel is nie en al My kinders ewig na My sal streef. Want dit verhoog hulle saligheid steeds om die vervulling van hulle liefde te ondervind en tog nooit te verswak in die verlange na My liefde nie.
En netso gaan ook die proses van die terugvoer van die geestelike op die aarde verder. Want eindeloos lang tye en tallose ontwikkelingsperiodes moet nog verbygaan, voordat al die geestelike verlos is. Ek sê dit vir u, My dienare op aarde, omdat Ek maar weinig mense kan inwy in My Verlossingsplan, want weinige begryp My bestuur en werk om die gevalle geestelike na saligheid terug te lei.
En steeds meer seldsaam word die verbindinge vanaf die aarde tot My, steeds meer seldsaam is `n lewende geloof te vinde wat `n voorwaarde is dat Ek die mense die kennis kan laat toekom. Waar dit vir My egter moontlik is, daar werk Ek voortdurend op die mense in deur die spreek van hulle wat hulle vir My aanbied vir dienende werksaamhede. Hulle vind weliswaar weinig geloof by hulle medemens, maar desondanks openbaar Ek deur My bodes My Verlossingsplan aan alle mense wat My openbarings wil aanneem.
Ek laat hulle weet dat daar weer `n verlossingsperiode ten einde sal loop en `n nuwe sal begin. Dit sal `n buitengewone smartlike gebeurtenis wees vir hulle wat nie glo nie, wat hulle heeltemal aan My teenstander sal oorgee, wat in hierdie periode hulle verlossing nie vind nie en daarom nogeens die eindelose weg van ontwikkeling sal moet gaan. Ek sou hulle graag teen dit alles wil bewaar. Ek sou hulle wil terug voer en hulle binnelei in die hemelse geluksaligheid, maar Ek kan My liefde nie teen die wetlike ordening laat ingaan nie.
Die mense moet in die laaste stadium van hulle ontwikkeling weer binne gaan in die ewige ordening, anders kan Ek hulle nie opneem in My ryk wat hulle eens vrywillig verlaat het nie.
Hierdie ontwikkelingsperiode waarin Ek self in die mens Jesus oor die aarde gewandel het, was buitengewoon seënryk gewees. En sodoende kon alle mense hulle vrymaak van My teenstander, omdat hulle maar slegs die barmhartigheid van My Verlossingswerk moes benut, want My Verlossingswerk was volbring vir alle mense van die verlede, die hede en van die toekoms.
En die kennis daaroor sal ook weer op die nuwe aarde tot die mense gebring word deur My Gees, want My onmeetlike liefde wil al die gevallenes help om opwaarts te gaan. En sodra die mens hom deur My laat lei, sodra hy sy weerstand opgee en My self erken in Jesus Christus, sal hy ook die weg van die terugkeer na My opgaan wat die mens Jesus hom voorgegaan het. Dan sal hy ook in die wet van die ewige ordening binnegaan en ook vir hom sal eenmaal die weg oor die aarde ten einde wees, hy sal vry kom van sy uiterlike gedaante en ingaan in die ryk van lig en saligheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205