Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

KAN DIE GEESTELIKE PARTIKELS LY GEDURENDE DIE HERNIEUDE KLUISTERING?
B D 8511 - 28 Mei 1963
Elke wese verloor weer sy ‘ek bewussyn’ wanneer hy as mens volledig tekort geskiet het, en die lot van die hernieude kluistering nie meer kan misloop nie. En dit is die verskriklikste wat dit kan oorkom. Want ofskoon die wese dan, deurdat dit opgelos is in ontelbare deeltjies, nie meer as `n volledige wese gevoelens kan ervaar soos wat u mense dit waarneem nie, so is dit tog onvoorstelbare kwellings, omdat die wese eertyds in vryheid geskape was en ook as mens al `n deel van sy vryheid teruggewen het, terwyl dit nou `n geestelike is en hierdie kluistering as `n ontsettende kwelling ondergaan.
Want ‘ek’ bewuste wesens was eens deel van My uitgestraalde krag, hulle was in die hoogste graad lewensvatbaar, dus nie slegs dooie vorms nie. Maar dit het hulle toe geword toe hulle van My afvallig geraak het. Want toe die geestelike substansies verhard het, het die eintlike lewe daaruit ontvlug, anders gesê, My krag het hierdie vorms nie meer met straling, wat eers aan alles die lewe gegee het, vervul nie. En die opgeloste dele sal ook weer solank sonder lewe wees, solank hulle nie deur My liefdeskrag bestraal kan word nie.
Maar dat hierdie "dooie" deeltjies desondanks nog gevoelig kan wees, is vir u mense onbegryplik. Anders sou hulle egter nooit gereageer het wanneer die mag van My liefde hulle gesoek het om te vang en te omsluit nie, sodat die gevalle geestelike tot materie omvorm kan word. Want ook sy weerstand is `n reaksie wat bewys dat die geestelike bepaalde kwellings ondergaan en hom daarteen verset. En in hierdie toestand van kwelling bevind die hele skepping homself, want dit is onderworpe aan `n wet waarvan Ek self die Maker is. Hulle is gevange en moet hulle plaas onder My wet van Ewigheid, wat vir die eertydse in vryheid geskape geestelike besonder kwellend was. Maar as dit nie van hierdie kwelling kan gewaar word nie, dan sou daar ewiglik geen ommekeer meer vanuit die dooie toestand moontlik gewees het nie.
U mense sal dit weliswaar nooit kan begryp nie, maar u moet dit glo. Anders sou u nooit `n afdaling in die diepte hoef te vrees nie en u sou totaal onverskillig wees oor wat daar met u na die dood van u liggaam sal gebeur. Op aarde het u weer die ‘ek’ bewussyn en u is tot op `n sekere hoogte vry en tog is u nie heeltemal gelukkig nie, solank u nog nie deur `n volledige oorgawe die verbinding met My gevind het nie. Solank u leef, kan u hierdie verbinding nog bereik, verloor u egter weer u ‘ek’ bewussyn, dan is elke vryheid ook verlore. U werksaamheid word dan weer volgens My wil bepaal en u kan glad geen eie wil gebruik nie. U sal dan geestelik in die diepste duisternis wees, want u sal niks weet oor u bestaan nie, omdat u opgelos is, en moet altyd maar net die funksies uitoefen waarvoor u God en Skepper u bestem het.
En as u eenmaal in `n toestand van sielerypheid hierdie lang tyd in die "jy moet toestand" kan deurkyk, dan sal u ook oor die onmeetlike kwellings weet waardeur u siel in ontelbare, telkens ander vorms moes heengaan. En dan sal u ook begryp waarom My liefde u voortdurend aanspoor en waarsku om dié ontsettende lot te ontglip. Want u kan nie meer in die "niet" vergaan nie, omdat u onverganklik is, u kan slegs eenvoudig opgelos word en sal bly bestaan en sal ook nooit sonder gevoelens wees nie. Die mense moet altyd net aanvaar wat Ek hulle as waarheid laat toekom. Want Ek wil onware veronderstellings regstel, soos ook die dat die opgeloste geestelike geen vermoë tot gewaarwording het nie, dus dat haar toestand daar een is van "nie wees nie." Dan sou die ontwikkelingsgang tog geen rypwording wees tot by die staat waar sy weer as mens haar ‘ek’ bewussyn verkry nie. Want slegs deur lyding en diens word die wesenlike, sowel vir sy beliggaming as mens, asook gedurende die menswees verlos. Dit mag nie vergeet word welke verskriklike skuld die wese op hom gelaai het deur sy afval van weleer nie, en hoe hy hierdie skuld nou weer vergroot as hy die laaste barmhartigheidstyd as mens onbenut laat en weer in die diepte wegsink.
En ofskoon `n totale delging van sy skuld, deur die wese self, nie moontlik is nie, moet hy tog boet en ly solank hy nie van die skuld bevry is deur die Verlossingswerk van Jesus Christus nie. Deur die werk van barmhartigheid en ontferming van Jesus aan te neem in die aardse lewe, is die opdrag van die mens, want daardeur sou hy maklik opwaarts kan gaan. Maar as hy nou weer faal en geen hulp van Bo wil aanneem nie, as hy weer afgly na die diepte, dan is dit ook begryplik dat sy lydensweg opnuut begin wanneer sy siel weer opgelos word en weer die weg deur die skepping begin.
Ook aan die leed sal geen einde kom nie, totdat die groot skuld eenmaal gedelg word deur Jesus Christus, as die wil van die mens nie berei word om die weg te gaan tot die kruis en van Hom vergewing van sy skuld afsmeek nie. Hierdie groot barmhartigheid staan u mense op aarde ter beskikking. Maar as u dit nie benut nie en daarby verbygaan, sal u leed ook geen einde kry nie, want u bevind u dan op `n groot afstand van My, u God en Skepper, en dit beteken onvryheid, ligloosheid en kragteloosheid en sodoende sal u ook nie salig word nie. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205