|
Boek 12 - Die hernieude kluistering BERTHA DUDDE
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24. |
|
|
DIE KWELLINGS VAN `N HERNIEUDE KLUISTERING IN DIE MATERIE B D 4631 - 8 Mei 1949 Met woorde kan die kwellings nie beskryf word wat `n hernieude kluistering in die harde materie vir die geestelike beteken nie, want dit is `n toestand wat vir die menslike verstand onbegryplik is. Die geestelike ervaar homself as werklik, en tog kan hy sy wil nie gebruik om hom bewus te maak, as bewys van sy werklike bestaan nie. Die geestelike is gekluister en was oorspronklik geskape as iets wat vry kon werk. Daarom beteken sy onmag, sy kragteloosheid en sy gekluisterde toestand nou onuitspreeklike kwellings vir die geestelike, wat dit veeleer wederstrewig in plaas van gewillig maak om hom onder God se wil te buig. En die mensdom is in die besit van `n vrye wil en gaan hierdie kwellende toestand tegemoet. Hulle sou nog voldoende tyd hê om die noodlot van hulle af te wend, maar hierdie toestand kan deur geen enkele voorstelling van mense wat weet, aanvaarbaar of duidelik gemaak word (vir hulle) nie. Die geloof in `n vergelding en die voortlewe van die siel ontbreek hulle heeltemal, waardeur ook niks met onderrig bereik kan word nie. En daarom is die nood waarin die siele van die meeste mense hulle bevind, onuitspreeklik groot. Die mens is nog "Heer" oor die skepping. Hy staan in `n sekere mate bo en kan die skepping vir homself tot nut maak volgens sy wil. Maar eendag sal hy self weer `n stukkie skepping wees, aanvanklik `n dooie, onbeweeglike ding wat benut kan word maar ook onbenut kan bly vir `n ondenkbare lang tyd. Eendag sal hy ver agter staan teen wat hy nou is. Daar sal `n eindelose lang tyd verbygaan totdat hy homself weer opwaarts ontwikkel het tot `n mens, tot die wese wat met `n vrye wil begaafd is en die krag besit om hierdie wil te gebruik. Deur hoeveel periodes die geestelike egter moet heengaan, hoeveel kwale dit moet duld en welke dinge hy in `n geestelike toestand moet uitvoer, kan `n mens nie begryp nie en daarom is dit vir hulle ongelooflik. En tog dra hy self die verantwoording vir die lot van sy siel na die dood. Nog het hy die moontlikheid om werke van liefde te verrig wat dié bittere lot van hom sal afwend, nog het hy die geleentheid om kennis te neem van God se wil deur die aanhoor van die Goddelike woord. En as hy hierdie wil nakom, verander sy wese heeltemal en maak hy aanspraak op `n toestand van lig en op die vryheid na sy liggaamlike dood. Nog kan die mens sy verstand gebruik en nadink oor homself, Sy Skepper van die ewigheid en sy aardse lewensdoel. En as hy maar net wil, sal hy ook kan glo. God wend Hom met Sy barmhartigheid tot alle mense en gee hulle `n aanduiding om die korrekte rigting in te gaan en die korrekte weg te kies. Bied die mens geen teenstand daarteen nie, laat hy hom op die korrekte weg stel, en die ware doel word is aan hom verseker. Maar God respekteer ook die weerstand, dit wil sê Hy dwing die mens nie teen sy wil nie. Maar daarteenoor dra die mens ook die verantwoordelikheid vir sy siel, en hy berei vir haar die lot wat uitermate kwellend is. Sy moet tot haar onuitspreeklike verdriet die weg van die hernieude kluistering gaan, want die barmhartigheid van God mag nie afgewys word nie, omdat dit ook `n afwysing van Sy liefde sal beteken. Dit is derhalwe `n verwydering van die geestelike van God af, in plaas van nadering tot Hom, wat die bedoeling en einddoel van die aardse lewe is. Aan die eindtyd bewandel maar weinig mense die korrekte weg. En daarom is die nood reusagtig groot en vereis dringend hulp. Daarom moet van die kant van die dienare van God op aarde van die verskriklike lot gewag gemaak word wat die menslike siel te wagte staan, as hy homself nie verander in die laaste tyd voor die einde nie. Die einde moet vir hulle steeds weer voorgestel word as naby, want die tyd gaan snel heen en die grootste inspanning is gebiedend noodsaaklik voor die ondergang om nog siele te red wat sulke vermanings en waarskuwings sal aanneem, en hulle wil na die goeie keer. Want die dag sal onverwags kom en ontelbaar baie mense in die verderf stort, in die dood, dit wil sê in `n geestelike toestand waaruit hulle hulleself eers na `n eindeloos lang tyd sal kan vrymaak. Mense, laat u tog waarsku, want dit gaan om die Ewigheid. Dit gaan om uself, om u siele wat in die grootste gevaar is en tog nog gered kan word, as u van goeie wil is. AMEN
|
|
|
|
|