Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

OOR "DIE HEL". DIE HERNIEUDE KLUISTERING. DIE EINDELOSE LIEFDE VAN GOD
B D 6638 - 7 September 1956
Ook die verwerplikste skepsel is `n kind van My liefde. Daarom geld My sorg vir hom ook onverminderd, sodat hy eenmaal na My sal terugkeer, ofskoon hy `n baie langer weg sal moet gaan om hom by My en My Oerwese aan te pas.
Ek laat hom nie val nie, en wat van My kant uit kan geskied, dit doen Ek om die skepsel by te staan, omdat hy homself deursien en verander. Maar die afstand na My toe is dikwels so groot dat die teenkrag `n baie groter invloed uitoefen, en My liefdestraling daarom onwerksaam bly. En daarom kan dit ook ewighede duur voordat die siel tot My nader kom, maar nooit gee Ek haar op nie.
As daar nou van `n "hel" gepraat word, dan is dit die konsentrasie van sulke afkeurenswaardige skepsele in die ryk hierna, wat reeds die aardse lewe met negatiewe gevolge afgelê het en ook in die hiernamaals steeds dieper gesink het, omdat hulle hulleself opnuut aan My teenstander oorgegee het.
Voordat `n hernieude kluistering in die aardse skeppings nou sal plaasvind, wat altyd die begin van `n nuwe verlossingsperiode beteken, bevind hierdie wesens hulle as aanhangers van Satan in sfere waarin hulle hulleself deur hulle slegte hartstogte laat beheers, waar hulle mekaar allerlei kwaad aandoen en daar daarom steeds rusie en stryd is. Hulle probeer steeds om weer die swakkere wesens binne hulle bereik te trek en doen in opdrag van My teenstander alles, wat hulle steeds dieper laat wegsink. Dit is dus geen "begrensde oorde" nie, die hel is oral waar sulke diep gesonke wesens versamel, waar hulle teen mekaar woed. Om welke rede ook op die aarde van "hel" en "helse toestande" gespreek kan word, waar mense met duiwelse gesindheid mekaar haat oordra en op elke manier onheil stig.
En tog is al hierdie wesens My skepsele waaroor Ek My ontferm, en wat Ek van hulle sonde en gebondenheid aan My teenstander sou wil bevry. Hulle staan nog geheel en al onder die invloed van hom wat hom bo My verhef het, en wat ook alle wesens wat deur hom geskape is, teen My aanhits sodat hulle ook afvallig en onsalig sal word. Maar dit was ook My kinders wat My krag laat ontstaan het wat onbelemmerd deur My teenstander gestroom het, en hom daarom in staan gestel het tot die skep van die wesens.
Daarom is My liefde ook vir hierdie skepsele bestem, al het hulle so diep gesink. Dit is vir u mense nou ook weer `n verklaring waarom daar weer `n nuwe skepping van die aarde tot stand moet kom. Ek dink netso aan die ongeluksalige skepsele in die diepste diepte as aan die mense op die aarde. Ook hulle wat al eindeloos lank smag in die mag van My teenstander wil Ek weer die weg aanwys. Ek wil hulle van hom ontneem en opnuut kluister in die vaste vorm, sodat hulle ook weer die weg opwaarts kan gaan en sodat hulle teenstand wat hulle My nog in die sterkste mate bied, langsaam sal afneem. Die liefde tot die gesonke wesens is onveranderd en sal nooit minder word nie. Anders as deur `n hernieude kluistering in die skeppings, is My liefde nie aantoonbaar nie, en op `n ander wyse is daar ook geen resultaat of terugkeer moontlik nie, en daaruit voortkomend ook die noodsaaklikheid van `n omvorming van die aardoppervlak - soos wat Ek dit steeds weer aan u verkondig.
Dit is slegs liefde wat My tot My werk en bestuur in die heelal beheers, ook as u mense geen liefde daarin kan herken nie. Eendag sal u My Verlossingsplan verstaan en Hom lof en dank toesing Wie ook u weggevoer het uit die nag en dood. - Wie alle wesens wil salig maak, wat uit Hom voortgekom het en hulle ook met onveranderlike liefde gedenk wat Sy hulp die dringendste nodig het, omdat Sy teenstander hulle geketting hou.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205