Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE "REGSTELLING" VAN DIE GEESTELIKE AAN DIE EINDE
B D 8219 - 21 Julie 1962
Die uur van afrekening waarin elke mens hom sal moet verantwoord voor Sy Regter kom verseker, want eenmaal moet die orde weer herstel word en elkeen wat teen hierdie ewige ordening ingegaan het, sal vir homself moet verantwoording doen. Die geregtelike vonnis sal daarom gevel word volgens regverdigheid en elke siel sal daardie lot ondergaan wat sy vir haarself berei het. Die geestelike wat haar weg deur die vorm gegaan het, sal daarheen verplaas word, waar sy volgens haar graad van rypheid tuishoort.
Die ou skepping word opgelos, dit wil sê al haar vorms word verander in skeppingswerke van `n ander aard, en die onverloste geestelike sal in hierdie vorms geplaas word om weer die weg van verlossing te begin, of voort te sit, waar hulle volgens hulle graad van rypheid tuishoort.
U mense kan nog na u verlustiging en vreugde u gang gaan en u word nie daarin gehinder nie, al is u doen en late nog so teen God in. Maar daar sal spoedig `n einde daaraan kom en u mense sal nie meer volgens u eie wil kan werk nie, omdat die tyd verstreke is waarin u vir u sieleheil werksaam sou kan wees. U het die tyd nie benut volgens God se wil nie maar die omhulsel om die siel nog meer verhard, en daarom vir uself daardie lot berei deurdat u steeds meer in die materie afgegly het en daarom nou ook weer tot materie word wat u al lankal oorwin het. Maar eenmaal moet die wet van die ewige ordening weer nagekom word. Al die geestelike wat as mens oor die aarde gegaan het, moet `n nuwe vorm kry, want die ontwikkeling omhoog moet verder gaan van waar dit onderbreek was. En ook die geestelike wat as mens gefaal het, moet weer opnuut die moontlikheid gegee word om homself in die terugvoeringsproses in te voeg. Dit kan weliswaar `n uiters harde vonnis genoem word, maar dit beantwoord alleen aan die vrye wil van die mens wat hy op aarde opnuut misbruik het en wat sy siel nou ook die hernieude kluistering in die materie besorg. Die siel sal weer opgelos word en moet opnuut `n eindelose lange weg deur die skepping aflê, totdat sy weer die stadium as mens binnegaan.
Eenmaal sal sy die laaste doel bereik en elke uiterlike vorm kan verlaat, maar sy verleng of verkort self die tyd waarin sy eindelik as verloste die ligryk kan ingaan. En al is God ook onbepaalbaar lankmoedig en geduldig en probeer Hy in Sy liefde altyd weer om die mense daartoe te bring om die korrekte wilsbeslissing te neem, eendag sal die termyn verstreke wees. Dan tree Sy regverdigheid na vore en Hy herstel die ou orde weer, wat egter ook weer die "regstelling" van die geestelike beteken; `n verplasing in die uiterlike vorm wat aan sy graad van rypheid beantwoord.
Dié regspraak is gelyktydig die einde van `n aarde of verlossingsperiode. Dit vereis die vernietiging van die skeppingswerke op aarde, wat al die onverloste geestelike in haar berg wat in die "jy moet toestand" die weg van ontwikkeling afgelê het; ewe-eens die vernietiging van die mense wat hulle bestaan op aarde op geen enkele manier benut het om tot ontwikkeling te kom nie. Hulle word dus ook op die korrekte plek gesit, dit wil sê volgens die mate van hulle geestelike rypheid weer opnuut gekluister in die harde materie. En u mense staan nou voor daardie einde van die ou aarde, of u dit geloofwaardig wil vind of nie. U sal steeds weer daarop gewys word om uself nog voortydig te verander en in die wette van die ewige ordening binne te gaan, wat slegs `n lewe in die liefde vereis. Want die liefde is die Goddelike Beginsel wat ook u as Sy skepsele u eie moet maak, as u in die Goddelike orde wil lewe.
U sal voortdurend vermaan word deur sieners en profete wat die nabye einde vir u sal aankondig. U sal gemaan word om aan u eintlike lewensdoel op aarde te dink, sodat die einde u nie verras en u nog belaai met skuld voor die "Regterstoel" van God moet verskyn nie; as u niks gedoen het om in die laaste vorm, as mens, uself te voltooi en as u ook nie van u oerskuld verlos is deur hierdie skuld tot onder die kruis te dra en Jesus Christus om vergewing gebid het nie.
Hy alleen kan alle skuld van u afneem, en daarom tree u vry van skuld voor God se regterstoel en u hoef die vonnis nie te vrees nie.
U sal dan die verblyf op aarde kan verwissel met dit in die geestelike ryk wat u ware Vaderland is. U sal in die ryk van die salige geeste kan ingaan en nóg die einde van die ou aarde, nóg die hernieude kluistering hoef te vrees. Want die Ewige God is geen strenge nie, maar `n regverdige Regter, wat u alles sal gee volgens u eie wil. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205