Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

KLOOF EN BRUG. HERNIEUDE KLUISTERING. KRING VAN STROMENDE LIEFDE
B D 4807 - 30 Desember 1949
Die kloof tussen My en die mensdom word steeds groter, want voortdurend word die aantal van hulle wat oortuigend in My glo, minder. Voortdurend word die krag van My "verteenwoordigers" op aarde swakker, wat wel in My Naam spreek, maar geen verbreiders van die suiwer waarheid is nie.
Steeds meer mense raak afvallig van die geloof en keer hulle na hom wat My teenstander is. Hulle wend hulle tot die wêreld, wat sy ryk is, en vergroot so die afstand tot My wat hulle moet verklein tydens hulle aardse lewe. Hulle verwyder hulle van My en verbreed die kloof wat hulle van My skei. Maar dit gaan alleen tot by `n sekere grens, want as die grens oorskry word waar die krag van My liefde hulle nie meer bereik nie, verhard die geestelikheid in die mense weer tot vaste substansie. Maar solank die aarde nog bestaan, word die afvallige mense ook nog deur die band van My stromende liefde omvat; terwyl hulle daarbuite tree, ook die uiteenval van die vorms beteken wat hulle geestelike in hulle berg. Dit beteken die dood van die mense asook van die diere, dit beteken `n ontbinding van die skepping en `n opnuut vormgewing daarvan.
En geen wese kan hom ongestraf van My verwyder nie, want hy verloor sy lewe as hy My verloor. Dus moet, wie in die lewe wil bly ook na My streef en soek. Hy moet probeer om na My toe te kom en om sodoende die kloof tussen My en homself kleiner te maak.
Maar waar geen geloof is aan My as Vader en Skepper van die ewigheid nie, daar is ook geen weg oor die kloof nie, want die brug wat tot My voer is onsigbaar. Slegs die geloof maak ook die brug sigbaar, want die geloof in My is ook die aanleiding om na My te roep. Die geloof in My voer ook tot die gebed (in gees en waarheid / opmerking van die uitgewer) en dit is die sekerste brug na My toe.
Tallose mense loop by die brug verby. Ook hulle wat "leier" wil wees vind dikwels self nie hierdie brug nie, omdat hulle woorde sonder lewe is. Omdat hulle op weë gaan wat nie as brug kan dien nie, weë, wat altyd weer na die uitgang terugvoer, omdat dit woorde is wat nie tydens die gebed uit die hart kom nie, en daarom ook nie My Oor bereik nie. Die brug wat die enigste weg is wat oor die kloof na My toe voer word dus nie betree nie.
Eendag sal hierdie brug egter ook nie meer daar wees nie, want as Myne daar sal oorgaan is dit vir die ander te laat. Dan is elke weg afgesny en dan is daar geen redding meer vir hulle wat agtergebly het nie. Dan sal die afgrond hulle verswelg, dan sal die aarde hulle opneem, dan sal alles wat nie die weg omhoog gegaan het nie, maar self die diepte soek, en weer tot harde materie verander.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205