Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

NET SOOS IN DIE TYD VAN DIE SONDVLOED
B D 4374 - 13 Julie 1948
Net soos tydens die sondvloed sal dit ook kort voor die einde wees. Die mense sal verslaaf wees aan alle wêreldse genietinge en hulle liggaamlike begeertes en verdorwenhede. Hulle sal `n sedelose en immorele lewenswandel lei en hulle gedagtes nie na Bo keer nie, na Hom Wie Heer is van Hemel en aarde, want hulle sal geen geloof meer hê nie.
Daar sal `n lae geestelike peil wees soos nog nooit bereik is sedert die begin van hierdie ontwikkelingsperiode nie. Want honend en lasterend sal hulle teenoor die weinige gelowiges staan, hulle vyandig behandel en vervolg en alles van hulle weerhou wat hulle vir hulle lewensonderhoud sal nodig hê. Hulle sal egter self swelg en bras, lewe en liefhê, maar hulle liefde sal `n verkeerde, hulle lewenswandel `n valse wees, want dit is duiwelsdienare wat in die laaste tyd die aarde sal bevolk. Maar die ontbinding van die aarde sal aan `n toestand `n einde maak wat geen opwaartse ontwikkeling van die mense meer sal toelaat nie. Dit sal `n tyd van sondigheid wees soos wat daar nie nog erger aan gedink kan word nie. God sal heeltemal verdring word en wie nog in Hom sal glo, sal die mens om die lewe wil bring. Maar hierdie tyd sal God Self beëindig en die laaste dag sal plotseling en onverwags kom, midde in die vreugderoes van die wêreld, waarin die mense van die laaste tyd sal lewe.
Daarom sal `n vroeëre en `n skynbare oplewing te siene wees. Al die wêreldse sal die mense aangebied word. Die verlange na aardse dinge sal oordrewe sterk wees en gewetenloos sal elkeen aan homself verskaf waarna sy sinne verlang. Dit sal `n stryd wees van die sterke teen die swakke, en oorwinnaar sal dié wees sonder enige liefde wat dit vir homself sal toe-eien, wat nie aan hom behoort nie. Want hy het Satan self as weldoener wat hom materieel begunstig en tot verhoogde lewensgenot aanpor.
Die sonde sal die oorhand kry en die oordeel sal losbreek soos niemand dit vermoed nie, want die mense moet van die aardbodem verdelg word as hulle op hierdie trap van ontwikkeling aangekom het, omdat hulle dan ware duiwelsdienare geword het en God totaal verloën. En dan kom die uur van verantwoording vir alle sondaars. Dan kom die dag van die geregtigheid van God. Dan kom die dag van die oordeel vir diegene wat aan God se teenstander behoort en die dag van beloning vir die weinige Godsgetroues wat standhou en aan die versoekings van die wêreld nie ten offer geval het nie. En `n verlossingsperiode sal ten einde geloop het, omdat die mensdom ryp was vir die ondergang, soos dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205