Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

SKEIDING VAN DIE GEESTE. DIE EINDE VAN `N AARDSE TYDPERK
B D 7611 - 30 Mei 1960
Die gang as mens deur die aardse lewe is die laaste ontwikkelingsfase op die ontwikkelingsgang van die eens geestelike oergees op hierdie aarde. Die gang is die afsluiting van `n tyd wat aan die geestelike toegestaan word vir sy opwaartse ontwikkeling. Dit is die afsluiting van `n periode waarin die oergees weer sy volmaaktheid kan bereik, as hy die laaste fase, dit wil sê die stadium as mens, nuttig gebruik en sy wil korrek rig. Hy kan dus sy doel bereik en volledig vergeestelik weer in daardie ryk binnegaan waarvandaan hy eens uitgegaan het. Hy kan tot die “lig” terugkeer, tot die Oerbron van die ewigheid, tot die Vader uit Wie hy eens as `n skepsel voortgekom het.
Maar hoe kort hierdie aardse lewenstyd ook is, in vergelyking met die eindelose lang tyd van voorontwikkeling, tog bestaan die groot gevaar dat die mens weer opnuut sy wil misbruik, dat hy nie na die voleinding streef nie, maar weer afgly na die diepte. En omdat dit sy vrye wil is, word dit ook nie vir hom belet nie, soos hy omgekeerd ook nie gedwing kan word om sy wil korrek te rig nie.
Dit gaan daar dus om sy wil `n tweede keer te beproef, en hy moet hierdie proef as mens aflê. Anders sou sy gang deur die aardse lewe vergeefs wees, wat ook `n hernieude kluistering in die materie tot gevolg kan hê as aan hom nie nog die laaste barmhartigheid toegestaan word om in die hiernamaals langsaam hoër te styg nie, egter onder baie moeiliker omstandighede as op die aarde.
Solank `n aardse tydperk nog nie afgesluit is nie, bestaan hierdie moontlikheid ook, omdat die ryk nog altyd hierna oopstaan vir die siele wat onvoltooid van hierdie aarde skei. Maar die poorte tot dié ryk hierna sal hulle sluit sodra hierdie verlossingsperiode afloop en dit weer nuut begin. Want die beëindiging van `n ou tydperk beteken ook `n volledige skeiding van die geeste, dit beteken `n opnuwe ordening van al die geestelike in die uiterlike vorms of skeppings wat beantwoord aan sy ontwikkelingsgraad. En ook in die laaste tyd sal die hel alles uitspu ten behoewe van die hernieude kluistering, dan sal ook elke moontlikheid in die ryk hierna verby wees om hulle trapsgewys te ontwikkel. Daarom word daar vooraf nog baie verlossingsarbeid verrig om ook uit die diepte nog baie siele te red van `n tweede kluistering in die materie. Daar sal `n groot sifting wees in die hiernamaals en op aarde. En as die mense op aarde sou bedink hoever hulle al gevorderd is en hoe kort hulle voor hulle voleinding staan, dan sou hulle waarlik al hulle krag aanwend om die kort tyd nog te benut wat vir hulle nog oorbly voor die einde.
Maar hulle neem ook niks ernstig op wat daaroor aan hulle ter oorweging gegee word nie. Hulle benut die tyd nie om hulle doel te bereik nie en die laaste barmhartigheid, van beliggaming as mens, gaan sonder resultaat by hulle verby. Want ook alle barmhartigheidsmiddele wat My liefde hulle laat toekom, word of nie aangeneem of nie gebruik nie. En `n eindelose lang ontwikkelingsproses loop ten einde sonder resultaat vir die menslike siel, vir die eens geestelike oergees wat tot God moet terugkeer.
Die mense kan egter maar net vermaan en gewaarsku word, en dit geskied in `n hoë mate deur die Goddelike Woord wat van Bo vir die mense deurgegee word as ongewone barmhartigheidsmiddel van die oorgrote liefde van God. En alle mense word aangespreek en hoef maar net hart en ore te open om die krag van die Goddelike woord ook te bemerk, en in sekerheid opwaarts te gaan. Elke mens het dus die moontlikheid om "krag" te gaan haal, maar hy moet van goeie wil wees en poog om die doel van sy aardse lewe te vervul. Hy moet in die kort tydjie tot aan die einde van sy lewe bewustelik lewe, hy moet die wil van Hom vervul wat hom die lewe gee en homself aan Hom oorgee en tot Hom bid om barmhartigheid en krag. En dan sal hy ook sy doel bereik, want hierdie bede sal altyd vervul word en God sal elkeen seën wat Hom om krag en barmhartigheid vra en sy aardse weg sal nie vergeefs wees nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205