Boek 12 - Die hernieude kluistering
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

SALIGHEID OF HERNIEUDE KLUISTERING. DIE VRYE WIL
B D 6598 - 18 Julie 1956
Wat ookal u strewe op aarde mag wees, dit sal aan u vervul word. Want volgens u begeertes, sal u gegee word wanneer u aardse lewe ten einde is. Is u verlange na geestelike goedere dan sal die geestelike ryk u dit volop bied, maar was slegs aardse rykdomme u begeerte, dan sal die aarde u ook weer opneem. Die materie wat u nastreef sal dan weer u omhulling word soos dit gewees het vir ondenkbare tye. U het egter altyd vir uself daardie lot geskape wat u na u sterwe ten dele val.
Wanneer u egter die barmhartigheid ten dele val om nog voor die einde van hierdie aarde opgeroep te word, dan word u nog `n kort tydjie toegestaan waarin u nog die aardse begeertes kan aflê, waarin geestelike goedere u nog `n keer aangebied word, wat u dan slegs hoef aan te neem om dit ook in besit te kan neem tot u heil. Maar weer is dit u vrye wil of u hierdie laaste barmhartigheid nog wil benut of by u laat verbygaan, en daarom onherroeplik weer in aardse skeppings ingelyf word omdat u dit nie anders wil nie. U kan slegs salig wees in die besit van geestelike goedere, dit is My voortdurende vermanende en waarskuwende geroep wat vir alle mense geld, solank hulle nog op die aarde vertoef. U almal sal die gevolge van u aardse lewe moet dra, want dit is die wet van die ewige ordening wat ook nie My liefde ongedaan kan maak nie. Ek kan nie die saligheid uit barmhartigheid berei aan hulle wat teen My wil en teen My orde in op die aarde lewe nie, wat dienare van die wêreld is en daarom die aanspraak op `n salige, geestelike ryk verspeel.
Solank hierdie aarde nog bestaan, is die bron van My barmhartigheid ook nog geopen, sowel op aarde asook in die geestelike ryk. En alle verkeerd denkende en verkeerd lewende siele kan die barmhartigheid verkry, maar almal behou ook die vrye wil.
Maar nog bestaan die moontlikheid om die wil te verander. Nog word aan die dwalendes, hulle wat op aarde of ook in die hiernamaals, liefdevolle aanwysings gegee om oor hulle eintlike opgawe te besin. Nog is die geestelike wêreld ywerig besig om aan hulle toegang te verskaf tot die gedagtes van die mense op aarde, soos ook die ligwesens in die hiernamaals die siele benader. Hulle almal probeer die gedagtes van die siele korrek te lei, hulle oë na My toe te wend en `n verlange na “lig” in hulle op te wek, sodat hulle nie daar verbygaan waar die bron van barmhartigheid dit vir hulle open en waaruit hulle nou kan put tot heil van hulle siel nie.
Maar ook hierdie barmhartigheidstyd sal verbygaan en dan kom die dag onherroeplik waarop elke siel gegee word wat sy begeer. En wie nooit aandag bestee aan geestelike goedere nie sal met leë hande vertrek en `n ontsettende lot op hulle moet neem. Want dan het `n verlossingsperiode ten einde geloop en daarom breek `n eindelose lang nag aan vir die wesens, van wie die wil in `n verkeerde oordeel was.
Maar `n saligheid wat hulle nie vermoed nie word aan hulle toebedeel wat na My streef en daarom aardse goedere verag het.
Die ryk hierna sal egter netso min nog `n ryk van saligheid wees, want al die onsaliges moet weer die ontwikkelingsgang gaan in onuitspreeklike kwelling, om eens weer tot die vryheid te raak. Eenmaal kom vir alle wesens weer die vrye keuse, en dit lê by hulleself of hulle die tyd van kwellings verleng of in `n kort tydjie al ingaan tot die saligheid. Almal word gehelp om die doel te bereik, want My barmhartigheid stort Ek onbeperk uit, en wie die barmhartigheid gebruik is van alle nood en kwelling bevry.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205